Die blêddie cheek!!

Ek lê lekker op my bed en kyk sommer so ligte storie. Die deur bars oop en sy storm in. Sy gooi ‘n lêer op my skoot neer en tree terug,leun teen die muur en vou haar arms oormekaar.

“Waar de ongeluk was jy oral?” Ek staar ongelowig na die plakboek vol foto’s.

“Ek was oor die hele wêreld. As jy my nie glo nie, vra die bloggers. Ek het ‘n hele paar van die plekke waar ek was op jou blog geplaas. En hulle het kommentaar gelewer.”

“Wat??? Op my blog? Hoekom weet ek niks nie?”

Sy kyk my met simpatieke oë aan. “Jy was so besig om te stoei met als wat in die laaste paar weke gebeur het. Ek kon die blog nie net so los nie. Ek het gaan toer en so die blog aan die gang gehou.”

My muse het my blog gered. Ek kon nie meer skryf nie. Sy het min gesê maar het darem fotos gepost. En my aan die lewe gehou.

Ek omhels haar. Sy druk my weg.

“Jy is oukei….ek gaan nou weer terug na die agtergrond toe waar ek net die idee gaan plant maar jy gaan die skryfwerk doen.”

En net so vinnig as wat sy ingekom het, so vinnig is sy weg. Ek staar na die fotos. Vrekkit….ek wens ek was sy!!!

Die blêddie cheek om sonder my te gaan!

8 comments

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s