Vat jou goed en trek: Deel 3

Jip. And so the fun started. Die koop is gefinaliseer en die trek beplanning begin. Eerstens moet ons darem seker ‘n gaatjie kry om te bly. Ek registreer op elke agentskap se blad en skielik is my Gmail oorvloei met plekke om te huur.

Probleem een. Daar is die allerlieflikste eenhede met die mooiste teëls en nuutste kaste vir baie bekostigbaar. Maar….kom ons noem dit laekostebehuising. Ummm….soos een jong agentjie reken: Tannie moet eerder maar n aftreeoord nader voor julle dit oorweeg om hier te kom bly.. Ek gee die Oom een kyk en sien hoe die motors wat in en uit,in en uit,in en uit ry sy wenkbroue laat regop staan. Nuut,modern en goedkoop is uit. Lae kostebehuising met die nuutste en grootste en blinkste motors. Uit.

Probleem twee. Hier is 6 aftreeoorde in ons omgewing. Huurgeld is billik maar dan sit hulle die krag by. En dan die kombuisheffing van R1500 vir 15 etes in n maand wat jy moet vat. Hoe eet twee mense net 15 etes wat R1500 kos? Daai som kan ek nie uitgewerk kry nie. Wie eet en wie kyk? Twee maal sewe is veertien. Dan moet jy seker n munstuk opskiet om te sien wie eet die vyftiende ete??? Dan n heffing vir dit en nog een vir dat. Daar kos die “bekostigbare woon met gemoedsrus” sommer tjop tjop tussen R9000 en R11000.

Probleem drie. My werk is my prioriteit. Want dis ons inkomste. Bly ek te ver en kom daar vervoer probleme,het ek probleme. Die antwoord is dus om terug te gaan Noord toe. Jare gelede was die Noord redelik gesog. Maar die lewe het die Noord ook bygekom en alhoewel daar groot dele is waar dit nog mooi is, is die omtrek rondom die sakekern nie te bright nie. Maar dis in daai area wat ons n juweeltjie ontdek wat ons sak pas en wat ons albei van hou. Die kinders praat van Zef valley. Maar dis nou waarheen ek gaan. Nogal n fall from grace as mens nou n snob wil wees. Maar ek weet ek kan ten minste maklik sonder probleme by die werk kom. En dis al wat tel.

Probleem vier. Glimlagkind is baie behulpsaam en sy is hiper versigtig met geld. Kom maar van haar kinderdae en ek verstaan. Ek kan nie begin om al die emosies wat ek vandag beleef het te verwoord nie. Seerkry,woede,bitterheid,in die bek geskop….you name it…I felt it. Die storm is nou afgeweer maar die rou emosies wil niks weet van eff off (Sorry)nie…hulle bly hier in my oë sit en loop net uit.

Probleem vyf. Ek sien hoe die seer en verraad verder gaan. Hoe n Pa wat foute gemaak het en wat deeglik daarvoor geboet het, weer en weer en weer gekruisig word vir sy slegte keuses maar hy moet genadig wees as dit nodig is. En my oë bly water. Strome aanmekaar. So erg dat ons nie eers hul wil vra om te help trek nie. Sal eerder beg/steal/borrow as om hulle te vra. Ons is mos nou oud….en ou mense het mos nie dis reg om te lewe nie.

Probleem ses…..die Oom sukkel om weg te gooi/gee en in sy kop gaan ons ALLES wat al 20jaar saamkom in daardie klein plekkie kry. Die hare waai in rigtings. Ons het meesal kwaad gaan slaap die afgelope tyd as ooit in 20 jaar. En ek weet daar kom nog sulke aande. En sewe uur mag ek niks verder pak nie. Bid jou aan. Op die 30 Mei gaan alles nog net so in kaste wees en dan gaan hy fits vang omdat niks gedoen is nie.

Algehele probleem….ek is al deur groot nagmerries. Maar hierdie een? Die hel het neergedaal.

24 comments

  1. Ek ken daardie garage stoor storie – my motor staan nog buite na dertig jaar! Ek is nou stilletjies besig om van goed ontslae te raak. Geluk met julle trek. Ek is bly julle het ‘n plek gekry.

    Liked by 1 person

  2. Ek weet trek is sleg en harde werk, maar daar gaan weer lekker tye kom eens hierdie verby is. Dan gaan jy soos ń nuwe sikspens voel in die mooie plekkie.💗💗💗

    Liked by 1 person

  3. So bly julle het n plekkie gekry. En daai ander persoonlike dele – dankie dat jy dit deel, ons luister en gee morele ondersteuning. Nie antwoorde of raad nie. Soms is dit net wat dit is. Sad but true

    Liked by 1 person

    • Ai Scrapy….ek gaar mos nie op nie en die Oom laat weer niks gaan nie…..soos die vyf glasrame waarin sertifikate geraam word. Wat de ongeluk doen mens met dit??? Maar nee,dit gaan glo saam😣

      Like

  4. Mater…Stuur net groot druk en se nog, jy weet jy stuur daai voice note en jy baklei en huil en skel soos jy wil, ek luister. Kry dit uit jou sisteem uit. Jy het mos nou mooi plekkie gekry, dit is amazing nuus. Jong, oor die weggee/gooi…jy moet maar so saggies soos skemer naderkom dit net so stil stil laat verdwyn. Begin met dinge wat jy sommer kan sien al bietjie vergeet is en jy weet van niks. Intussen hou Trommetjies daai Nefies vir ons yskoud,xx

    Like

  5. Ligpunt in jou hele chaos is dat die swaard wat so lank bo jou kop gehang het is weg. Die huis is verkoop en julle het ñ bekostigbare plekkie gekry. Knyp oë toe en laat goed stil stil verdwyn, moet nie vra of redeneer nie, doen net. Sterkte

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s