Grande finale…of is dit?

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebusbestaan. Vir ons, en dalk vir jou.

Volg hierdie skakel om by die Inlinks te kom waar al die stories in die regte volgorde verskyn: https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af

Dis die maand Desember en ek is die laaste Goue Vrou wat deel van die Kos kalender is. Sedert hierdie kalender begin het, het ek elke blog gelees en hoe meer ek die wonderlike disse met my oë verslind het, hoe stadiger het my hart begin klop. Maar ek is ‘n Boogskutter. Ons trek mos pyle af op enige iets en iemand en dan sit ons terug en wag om te sien wat gebeur. Dis nou presies waarmee Una en Aalsie my gelos het. Hulle het net gezap….en hier moet ek nou sorg dat hierdie koskalender op ‘n hoë noot afsluit…of dalk weer iets begin?

Ek praat kopstukke met Liefkat in my huisie in Rebusfontein. Sy staar my net met daai groen Bengal kat oë aan.

“Jinne Liefkat, so lief as wat ek vir skryf en die Goue Vroue is, so min kan ek nou gee. Ek dink nie eers in die laaste ruk aan kos nie, wat nog van iets wat ‘n kos Kalender kan haal Het jy al daai wonderlike goed gesien?” Ek wil-wil toegee aan die histerie. Sy begin haarself lek en dan kyk sy verby my, by die deur uit.

“Basics, my dear, basics” En woeps, weg is sy want al die ander Rebus katte wag in die son. Wat is basies, maar wat ook smaaklik kan wees en boonop ‘n klomp mense kan voed? Rys, vleis en aartappels. Met ander goed by. ‘n Resep met min bestanddele, baie smaak en iets wat ver kan gaan. En my motto is mos: 5 bestanddele en vyf minute. So gooi ek alles bymekaar. Ek hoor hoe die ander kwetter oor Una se kasteel storie en terwyl ek skil, pak ‘n idee my beet. Ek verjaar mos ‘n week voor Kersfees! Blink plan! Ek sit eers al die geskilde groente eenkant en drafstap na die plein toe waar almal sit en wonder of hulle wil deel wees of wil bly of wat ook al.

“Julle moet asseblief help. Ek gaan self die kos maak vir ons feestafel maar julle moet die tafel dek en versier. Onthou, dis ‘n Amper-Krismis-Tafel. En nee, ek gee nie om hoe dit lyk nie. Ek het volle vertroue daarin dat dit fantasmagories gaan wees. Sien julle sewe uur, opgedress en reg om te eet.” Ek swaai om want gonna piet, nou het ek myslef darem in ‘n fieks. Gelukkig is die kos vinnig.

Ria se Vinnige Rescue gereg: (Vir 4 mense)

4 hoenderborsies, gesout en gegeur met jou gunsteling speserye

2 groot aartappels, 2 groot patats en 2 groot uie – almal in kwarte gesny

4 dik skywe butternut in helftes gesny

oyfolie

Pak hoenderstukke in gesmeerde bak, strooi al die groente bo-oor en gooi genoeg olie oor. Sit foelie oor en bak vir 45 min teen 150 grade. Haal foelie af, roer alles deurmekaar en bak teen 180 grade vir nog 20 minute. Bedien met gegeurde rys of varsgebakte suurdeegbrood of wat ook al jy by wil sit.

Terwyl die hoender bak bestel ek oor Superquick delivery gou die geskenkies wat ek vir die Goues wil gee. Dis mos immers Amper-Krismis. Toe die kos klaar is, is die geskenkies toegedraai. Una en Aalsie kom help aandra. Hulle het vroeg al gesorg dat Isabella WIE OOK AL dubbel kyk want hierdie kalender moet nou klaarkom. Ek is nie teleurgestel nie. Die tafel is feestelik verby. Ek begin sommer tjank want dis wat ek nogal die laaste ruk baie en goed doen. Ek sit die die geskenkies by elkeen se plekkie neer. Die fees begin en almal is dit eens dat hierdie sommer ‘n blink plan was. (Nie baie het iets oor die kos te sê gehad nie, maar ek dink hulle is al moeg geproe en gekook)

Toorts is die eerste een wat haar geskenkie oplig. “Woorgdnoot…êk kani nou meer my nuuskierigheid bedwing nie. Wanneer maak ons die oop?”

“Nou goed dames….hier is die plan. Bring jou geskenk en kom saam.” Almal gryp hulle pakkies en hier en daar sien ek een of twee wat hul glasies ook saamdra. Mens weet mos nooit met hierdie spul nie. Buite die plein staan ‘n Lear jet. Maar soos alles met Rebus, het hierdie een so sag geland dat niemand iets gehoor het nie.

“Kom, kom!, Daar is nie baie tyd nie” Almal bondel in en sak terug in die diep stoele, voete uitgeskop. Baie oë, te veel, kyk na my.

“Una het dit begin…ons gaan dit nou volvoer. Dames, maak vas julle sitplek gordels”. En WOEPS….weg is ons. Wat soos minute later voel, land die Learjet. Almal klim uit en dis stil. Tjoep stil. Dood stil. Bangword stil.

“Ek moes dt geweet het.” Frannie se. stem breek die stilte. Voor ons is ‘n kasteel

“Umm…….In julle pakkies is ‘n sleutel. Julle moet elkeen julle eie kamer vind. Julle gaan vir ‘n rukkie in die kamer bly….ummm….so 8 ure, en dan vir die res van ons vertel hoe jou kamer gelyk het, wat met jou daar gebeur het . Ons wil al die detail hê. Die plek is te groot om op ‘n toer te gaan, toe dink ek maar ons laat elkeen op haar eie toer gaan….en o ja… die deur mag dalk agter jou sluit en eers weer oopgaan as jy alles neergeskryf het. En iewers in een van die torings is …..umm, ‘n spook.”

Die doodse stilte wat my begroet laat my moed in my skoene sak. Dalk was dit nou weer die die regte ding nie, Dis mos al wat deesdae met my gebeur. Ek doen nooit meer die “regte” ding nie. Ek begin so stadig enkeldiepte in die aarde wegsink!

“WHOOPEE!!!!!” Ek skrik my skoon terug op my voete. Toortsie het klaar haar sleutel in haar hand, en daar trek sy! Die ander kyk vir mekaar en voor jy kon sê “sleutel”, sprint hulle almal vir die groot kasteel deur.

Ja, Woordnoot, sê Una hier langs my…..daar skiet jy alweer ‘n boog af. Wie weet wat gaan hier tref….”

21 comments

  1. Daai resep klink na koningskos! Yes! My huis kry ‘n nuwe menue met al d resepte van julle almal af. Baie dankie! Ek is ook vreeslik bang ek verdwaal in die kasteel. As ek by ‘n winkel se deur uitstap verdwaal ek. Belowe julle sal kom soek na my!

    Like

    • San….daar is n noodplan hoor….jy sal nie sommer wegraak nie. Jy is nuut in hierdie uitdagings…die ander sal jou oppas en uitkyk vir jou. Laat waai maar!!!

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s