Drome het nie ‘n vervaldatum nie.

Hierdie blog dra ek vandag op aan iemand wat baie na aan my hart is. Tans, hier waar ek nou sit en skryf woel daar baie emosies in my. Emosies wat haar raak. My hart is gebreek vir haar en terselfdertyd is ek woedend omdat daar ‘n mens rondloop wat haar bitter seergemaak het, maar wat eintlik ook maar optree uit ‘n plek van eina uit waarmee nooit gedeel is nie.

Ek ontmoet Baaskind in 2008. Ons werk vir dieselfde firma, sy is ‘n oudioloog en ek is die eerste ontvangsdame wat in die praktyke aangestel word. Ons kry min met mekaar te doen, maar hou van mekaar. Sy bedank eerste uit die strafkamp uit en ek ‘n hele paar jaar later. In 2017 sien ek op FB sy het haar eie praktyk oopgemaak. My kommentaar is dat sy moet onthou ek is “werkloos” (eintlik afgetree). ‘n Paar maande later kontak sy my, bied my die pos aan en as dit die goeie Vader se wil is, sal ek op 13 Junie my vyfde jaar saam met haar begin.

Sy is dinamies en gedrewe sonder om ander af te kraak of om enige ander persoon minderwaardig te laat voel. Sy en haar twee broers erf almal hulle pa se besigheidsbrein. Al drie is suksesvol. Sy is passievol oor dinge wat vir haar saak maak. Sy maak maklik vriende en die wat regtig deel van haar kring word, is al daar vir jare. Sy gee nie sommer moed op nie. En sy is baie goed vir my. Soms wonder ek nog oor ‘n ding, dan het sy al klaar planne in plek. Ons het mos ‘n sateliet praktyk in Heilbron begin en dis nou jaar drie wat ons elke 6 weke soontoe ry en pasiënte sien. So kondig sy aan dat sy nou in Malelane ‘n praktyk gaan oopmaak want dis haar man se langtermynplan. Hy wil daar gaan bly. Sy ondersteun hom in sy besigheid wat hy begin het en is daar om te help met die uitbrei planne Nelspruit toe. Sy is ‘n goeie ma vir haar twee seuns, en ‘n baie goeie dogter vir haar ma.

In die laaste twee jaar het daar situasies ontvou waarin daar seer wegesteek was. Sy het deur dit gesukkel maar ek kon sien dat daar stadig maar seker ‘n heelword proses plaasvind. Van die situasies is nog nie heeltemal uitgesorteer nie, en gaan dalk nog tyd vat. Die emosionele roller coaster gaan sy waentjie nog ‘n rukkkie op haar spoor hê.

So twee maande gelede praat ons oor wat nog op haar To-Do-List is vir haar lewe. Sy het as jong meisie modelwerk gedoen, maar is darem nou nie meer 18 nie. Sy sou nog graag modelwerk wou doen, maar dink dis effens te laat. Ek moedig haar aan, sy begin voelers uitsteek en registreer by ‘n modelagentskap. Dadelik is daar fotograwe wat haar kontak. Fotos is die belangrikste deel van hierdie game, want sy moet mos ‘n portfolio saamstel. Haar oë begin weer blink. Fotograwe bespreek sessies. Plekke waar fotosessies gedoen sal word, word in plek gesit. Sy begin die jassie van opgewondenheid aantrek.

En soos een van die bloggers altyd gesê het….ToeValLig op haar. En sy word deel van ‘n produksie wat asemrowend is. ‘n Droom word waar. En ek bid dat hierdie droom die finale stap sal wees om alle einas in ‘n kissie te sit en die boksie in die Krokodilrivier te gooi.

My liewe Baaskind……drome het nie ‘n vervaldatum nie. Gaan vir goud. Want jy is goud werd. Vir my, en vir al die ander in jou lewe wat weet wat goud werd is.

This image has an empty alt attribute; its file name is marna-2.jpeg

16 comments

  1. Woordnoot, ek het nogal oor haar gewonder met julle berguitstappie. Die foto’s van haar het my aan ‘n model laat dink, slank en pragtig en pragtige lyfie aan haar. Sy is asemrowend mooi, sy gaan harte steel as die tydskrifte haar eers raaksien.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s