Veels geluk liewe Sussie

Vandag is die 21e Maart. En my sus verjaar. Sy is in die laaste pylvak van die vyftigs. Met haar volgende verjaarsdag is sy ‘n pensionaris, ‘n senior burger!

Ek maak ‘n spesiale video vir haar want sien, ek kan nie net vandag in my kar klim en haar gaan kry vir koffie nie. Sy is net 13 382 kilometers van my af. Ons sal dit maklik met die Panda ry. Dalk in tyd daar wees vir haar 60e verjaarsdag. Want ons kan nie soontoe vlieg nie. SuidAfrikaners is mos op geen vliegtuig meer welkom nie. Ek moet dus maar ‘n ander metode gebruik.

Baaskind is vir twee dae besig met buitemuurse aktiwiteite en ek sleep maar die geduldgie rekenaar nader. Ek weet eintlik nie hoe om videos van scratch af te maak nie maar ek maak Canva oop en begin. Eerstens moet ek fotos kry. Ek is ‘n ou hand met Facebook stalking en begin my speurwerk.Maar ek sien sommer dadelik hierdie foto soekery gaan nie ‘n maklike taak wees nie. Dis eintlik onmoontlik om fotos te kies. Daar is soveel.

Met die aanrol en kyk besef ek een ding. Skottie se lewe is ‘n fantatiese voorbeeld van Carpe Diem…gryp die dag aan! Leef ten volle. Maak vriende. En al daardie mense op die fotos vertel die verhaal van die oomblik toe sy in hulle lewe stil gaan staan het by hulle en hulle leer ken het. Dis onmoontlik om ‘n kort video saam te stel van iemand se lewe, veral as jy fotos moet gebruik.

Met die dat ek die fotos so bymekaar sit en die video uiteindelik met baie skel, sukkel en ongeduld kry om te werk, besef ek net dat familie kosbaarder is as enige iets anders. As jy meer as een sibbe het, is jy so geseënd. Ons tweetjie het net mekaar, en daar is ‘n baie sterk band tussen ons. Ongelukkig het ons dit net nie altyd ten volle benut nie. Nooit gedink dar daar ‘n dag sal kom dat afstand ons so sal skei nie.

Maar dankie Liewe Vader dat ‘n hartsband ons saamheg. Ek wil vandag vir die Here dankie sê dat Hy my geseën het met ‘n sussie wat die glas nie half leeg of half vol sien nie, maar altyd vol. Haar energie trek mense nader, selfs dar in die vreemde land, is sy besig om alweer nog virende by te kry.

Toe die 21e Maart as vakansiedag geproklameer is, het sy lekker gelag. Spottend gesê dat sy nou haar eie dag het. Ongelukkig in die die land waar sy nou is, is dit net ‘n gewone dag. Maar hier sal dit altyd Queen Bea se dag bly.

Ek kan maar net sê: Veels geluk sussa! Die meetsnoere het vir jou in lieflike plekke geval!

15 comments

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s