Amper amper….

Hierdie is net vir lesers wat werklik my vriende is en vir my sal uitbail en nie die storie te verkoop vir geld aan die Huisdemoon nie.

Want amper (wat ‘n snaakse woord!) was ek in groot moeilikheid. Koerant of Huisdemoon of Netwerk 24 moeilikheid. Een waaruit nie eens my vriende of Goue Vroue my uit sou kon kry nie. Julle…..!!!!

Eergister koop ek van die Kettle and Iron Descaler. Ek het nog nooit sulke goed gebruik nie. Moenie vra hoekom nie. Dalk net pure domgeit of bietjie banggeit. Ek volg die aanwysings. WAIT UNTIL THE FIZZ SOUNDS DISSAPEAR AND RINSE KETTLE. Voila! Die ketel lyk weer nuut. Maar die plastiekvenstertjie wat aandui hoeveel water mens gewoonlik ingooi, is heel bo aan nog bietjie gekalk. Ek gaan net nog een pakkie koop en dit gou fieks. Maar ek kry nie dieselfde pakkie nie. Die een wat ek wel kry, se instruksies is bietjie anders. Maak die ketel vol water en los die poeier op. Laat staan vir een uur en spoel dan uit. Maklik. Ek voeg daad by die woord MAAR omdat die tenkie tot amper heelbo nog kalk in het, maak ek die ketel voller as wat hy moet wees. Gooi die sakkie by en wag vir die wonderwerk.

Vanoggend bring die Oom oudergewoonte my koffie.

“Jy kan bly wees jou man lewe nog”

“Hoekom?” Ek is nog baie deur die slaap. Hy staan mos vieruur op, en gaan stap net na vyf. Dis nou al donker daai tyd. Enige iets kan met hom gebeur. As hy dan tuis kom, maak hy koffie en eet twee beskuite. Twee. Hy sit nie die kombuislig aan nie want die lig van die stoepe af skyn helder genoeg in dat mens nie nodig lig het nie, veral nie vir koffie maak nie.

“Toe ek die ketel vanoggend aansit is dit net een helse plofgeluid en daar is die krag uit. Toe ek die lig aansit sien ek die hele kas en als rondom die ketel is vol water.! Gelukkig het die krag uitgeskop en is ek nie doodgeskok nie!”

O wee…..die memory begin terugspeel in my slaapdeurmekaar kop. Ek vat ‘n slukkie koffie en wag, want ek voel aan daar is meer. Wyslik sê ek niks.

“En die eerste sluk van daai koffie was so sleg! My vrou het nie die ketel behoorlik uitgespoel nie!”

Ek vat ‘n tweede, derde en vierde sluk maar bly doodstil.

“Is jy oukei? Jy is nie naar of het pyn op jou maag nie?” Ek is regtig bekommerd.

Want sien…..ek het totaal en al vergeet van die ketel en sy inhoud. Ek het NOOIT eers die goed uitgegooi nie, wat nog van uitgespoel. En hy het ‘n hele mondvol ingekry.

Ek moet darem sê dat ek baie sleg voel daaroor en hom elke uur vra hoe dit gaan, wat doen hy, is hy oukei? Maar not te dêm gaan ek erken ek het VERGEET van die ketel! Ek gaan soek die boksie in die asblik om te sien wat moet mens doen indien jy dit per ongeluk sluk? Maar op daai boksie staan nie CAUTION nie.

Ek sien myself in ‘n oranje katpakkie met boeie om my polse en kettings om my voete in die getuiebank.

“U Edele, in my eie verdediging wil ek net sê dat daar ‘n wet behoort te wees sodat ALLE descalers dieselfde moet werk. Want dit gaan oor die fizz…… as die pakkie ook maar net gefizz het en nie ‘n uur nodig gehad het nie, was ek nie nou aangekla vir moord nie. Eintlik is ek onskludig!”

Ek het gelukkig geen vonnis gekry nie….die Oom is nog springlewendig en gesond en het geen krampe/spoele/of braking nie. Die krag is nog aan, die kragbord het NIE ontplof nie. Die ketel is silwerskoon gespoel (sewe keer met my eie hande) en droog.

En hy weet gelukkig nie dat ek vergeet het nie…….en ek hoop dit bly net hier op die blog!

26 comments

  1. Klink nogal soos een van my kraterstories. Ek het nou so lekker gelag- en lag is gesond! So kry asb jou man aan d lag en alle newe-effekte sal hopelik verdwyn. Dis dalk net n goeie roep om seker te maak dat die testament ook in orde is…

    Liked by 1 person

  2. Dis n lekkerlag storie. Maar net vaniggend oor die nuus praat hulle van n vrou wat haar huis gefumigate het. Nou is sy en ek dink van haar kinders dood en n besoeker aan die huis ook in hospitaal. Scary

    Like

  3. Ek het ook gelag. aangesien ek gewoond is aan Steve se stories, hete k onthou dat jy niks van ketel was vertel het nie, ook nie of die metertjie deel nou mooi skoon is nie. Sjoe, jou man is vriendelik, myne sou baie kwaai gewees het. Dink ekke.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s