Pennie vir jou gedagtes

Wie onthou hierdie spreuk, veral as jy met iemand gesels en die praat droog op en dit lyk of die ander persoon ver weg is. Meestal is die antwoord ‘n kopskud en aangaan asof niks gebeur het nie.

Vir my het hierdie spreuk nuwe betekenis gekry. Ek krap mos nou rowe af en doen dit hier waar ek veilig voel, want die wat saam my die pad wil stap, lees saam. Ander rol verby, en dis die regte ding om te doen. Veral as jyself dalk nie baie praterig is nie.

Iewers in die Bybel staan dit dat alles wat in donker plekkies gebeur, van dakke afgeskree sal word. Daarom is die koerante en nuus vol van korrupsie, leuens en duister dinge wat so soetjies gbeur het. Daai outjies het net nie geweet dat skinder en blaam verskuiwing ook deel van die onderwêreld is nie. Daarom is geen ‘GEHEIM” ooit regtig veilig nie.

My dogter is Vrydag opgeneem in Denmar met “severe anxiety disorder with phsycotic behaviour” Oemf…daai hou slaan hard. Die kinderdae dinge wat haar daar laat beland het, sluit ‘n hele paar aardskuddende aantygings in. Dis die rede waarom ek na Michelle Strydom en Caroline Leaf luister. Ek as ma wil weet waar het wat verkeerd geloop. En waarvoor ek myself moet staal. So begin die lesings mos met jou gedagtes. Hoe dit jou hele menswees affekteer.

Ek besluit Saterdagoggend om iets fisies te doen om tred te hou met my gedagtes. Want mens is mos nou al jare so gemaak, en mos so gelaat staan. Volgens die medici is daar in jou brein ‘n regte egte plek waar jou vrye wil in lê. Dis nie “pie in the sky” nie. Dis regtig deel van jou brein. En as ‘n gedagte by jou opkom gaan dit dadelik na daai deel toe. Dis hier waar die pawpaw die fên tref, want as die gedagte kom en jou vrye wil verwerp dit, word dit soos warm lug en waai net weg. Besluit jou vrye wil dis iets wat hy aanvaar, bly hy daar en groei. As die gedagte negatief is en aanvaar word, groei die senu punte soos ‘n doringbos wat als doodmaak. Is dit ‘n positiewe gedagte, groei dit soos ‘n pragtige groen woud.

So maak ek dan al die kopergeld wat die hele huis vol lê in botteltjies en boksies bymekaar. Ek besluit om vir elke negatiewe gedagte dan ‘n koper geldjie in ‘n bottel te gooi. Dan tel ek dit so elke tweede of derde dag, net om te sien of ek werklik so biae negatiewe gedagtes toelaat. Nou neem asseblief in ag dat dit naweek was. Mens dink mos nie baie oor naweke nie, jy ontspan en braai vleis of werk in die tuin en drink wyn en kuier. So die botteltjie gaan maar min munte inkry.

Die foto hierbo is van die munte van Saterdagoggend so negeuur af tot gisteraand tienuur. Ek gooi dit uit en begin tel…….47 tien sente. In totaal R4.70. Sewe en veertig negatiewe gedagtes oor ‘n naweek. Dit was ‘n eye-opener. Aan die een kant kon dit seker 100 tien sente gewees het, maar dit was net 47. Dit was nog steeds 47!!! Enige patroon kan in 21 dae verander. Ek is ywerig besig om my negatiewe gedagtes hok te slaan.

Maar daar is alweer sente in die bottel….ek ruil nog steeds pennies vir gedagtes. Kom ons kyk hoeveel is daar teen Vrydag. Maar ek gaan nie net die sente in die bottel hou nie. Verlede week het ‘n vrou wat nou motors oppas by winkelsentrums met Martin Bester gepraat oor wat dit is en hoe dit mens raak. Op sy vraag van hoeveel gee mens, het sy geantwoord dat hulle enige iets vat. Maar dit is ook so dat daar wagte is wat nie koper geld vat nie. Ek gaan nou R5.00 se tien sente in banksakkies sit en in my kar bêre. As ek dan by ‘n winkel wil ry waar daar iemand na my kar gekyk het, kan hy/sy die keuse uitoefen om twee blink een rande te vat, of ‘n sakkie met vyf rand se koper.

Maar ander die ander kant, as ek nou regtig my gedagtes so in toom hou, gaan ek dalk nie eers genoeg koper hê om een sakkie vol te maak nie. Maar Sussa het vandag eers in erns begin met haar behandeling. Daar mag dan dalk genoeg sakkies wees om ‘n nasie te voed.

Wie weet hoeveel pennies my gedagtes gaan inbring.

9 comments

  1. WoordNoot, sê mens nou jy tree pro-aktief op? Dis tog ń positiewe gedagte, so klaar ń stappie vorentoe. Interessant hoe ons altwee baie besig gehou word met volwasse kinders wat hulp kry/vra/vat. Jy is braaf, ek weer probeer net deur hierdie tye kom deur diep asem te haal.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s