ZOOM!!!!

Nee hoor!! Zoom is dan die buzz woord in vandag se lewe, my liewe Una!

Ek giggel lekker vir haar “skryf ‘n blog of verduidelik” opdrag. Vir ons ouer garde is Zoom so half iets wat jy dink jy moet drink as jou maag nie gaan nie. Ek het ook net daarvan gehoor, maar toe Skottie nou haar alie verskuif Skotland toe, het ek vir die eerste keer met Zoom kennis gemaak.

Dis hoe al die mense wat van huise afwerk, deesdae hulle vergaderings hou. Jy bespreek ‘n dag en datum op Zoom. Dan nooi jy almal uit wat jy deel wil maak van die vergadering. Op die gegewe tyd, nes met n vergadering, log almal in en die gesprek begin. Almal is “live” met ander woorde,dis asof almal bymekaar sit.Die ou wat praat se profiel is met ‘n dik geel streep omkring sodat al die ander wat insit, kan sien wie praat….so much for intjip!!!

Ons hou in Junie ‘n babatee op Zoom. Soos die nuwe mamma my geskenkie oopmaak, kan ek en sy gesels. Sy sien wat ek gegee het…ensovoorts. Baie tegniese slimgeit!

Ons kan ‘n Zoom Goue vroue tee hou. Elkeen dek haar teetafel en sit by dit terwyl sy kan sien hoe lyk die ander se tafels en almal gaan lekker gesels…..weet net nie van die intjip nie!!!

Wel Una…..wat sal ons op Zoom hou? Koek en tee of Naughty Forties of …….

10 comments

  1. Ek laat die res in jou bekwame hande oor, asb WoordNoot. Reël vir ons ń zoom-kuier, maar nie met onthaal tafels nie! Net ń lekker kuier vir ń afskop. Dalk met elk wat ń gedig moet skryf en voordra sodat ons kan lag? Iets laf??

    Liked by 1 person

    • Die lekker ding is dat dit n vaste afspraak is. Maar glo my ek en Skottie het dit ook maar nog net een keer gedoen! Vir ons 2 is whatsapp video call vinniger

      Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s