Hier’s ek weer….

Hallo alle geliefdes en getroues. Ek is terug. Eerstens wil ek net dankie sê aan elke liewe blogvriendin wat my gebel het, met my gepraat het op Whatsapp, alle voostelle, elke bemoediging. Julle is werklik my blogmaats.

Ek gaan baie hard lieg as ek sê dat alles nou weer voor die wind gaan, want tegnies gesproke gaan dit rowwer. Dis die feite. Dat daar elke week nuwe en erger dinge uitkruip en my voete onder my uitklap. Ek moet ook erken dat ek baie dae net ingegee het en net toegelaat het dat die misery my oorheers. En daarmee sê ek nie dat dit my dalk later vandag of more gaan tref nie. Want ek weet nie. Ek het so tydjie gelede vir iemand gesê dat ek maar net leef soos daai ou Country song sê: One day at a time. Maar huidiglik is dit One hour at a time.

Die wonderlike nuus is dat mens ‘n ongelooflike wese is. Dat jy so geskape is dat jy kan oorleef, as jy wil. Glo my, na Maandag het ek weer gevoel ek moet kies….die boom met n tou of die kar met ‘n hosepipe. Gelukkig het ek ook in dieselfde tyd ‘n gevoel van afgestomptheid ervaar. Net die idee aan al die werk om een van die twee te doen, was te veel. Toe gaan kleur ek maar in op Happy Color. Gelukkig bring daardie speletjie nog salfies as my gemoed so erg raak. En dan gebeur daar iets wat jou so tref, dat jy besef…..alles, maar alles is in jou eie hande. Net jy (dis noue ekke) kan iets doen. So kleur ek weer in, en skielik irriteeer dit my. Nou om die prentjie mooi te skets moet ek julle vertel van my verhoudingslewe. Ek is nie een van die mammas wat elke dag haar kinders bel nie. Ek is ook nie een van die vrouens wat elke dag aan haar man hang nie. Ek is oook nie een van die wonderlikste vriendinne nie want al kyk ek na al jou whatsapps, reageer ek nie noodwendig dadelik of ooit nie. Ek is ook nie iemand wat elke dag op dieselfde tyd vir dieselfde uur op dieselfde manier stiltetyd hou nie. Soms gaan daar dae verby dat ek nie eers my Bybel oopmaak nie. En ek voel dis oukei. Dis hoe my Vader my gemaak het, en dis hoe Hy my verstaan. Maar as ek daai keer voel ek moet nou stiltetyd hou, dan hou dit soms vir 4 ure lank aan. En dit gaan oor ‘n breë spektrum. En as ek daar klaar is, kan ek vir ‘n week op daardie ervaring leef. Soos ‘n kar wat ry vir n week omdat hy R100 se petrol in het. Dis ook die tye waarin my Vader hard met my praat, of my bemoedig of my net vertel hoe lief Hy vir my is.

Negeuur gisteraand was sulke tyd. Eers het ons gesels oor my kinders. My eie twee kinders en wat die rede mag wees dat hulle albei so moeilik leef en dat dinge net sleg gaan met hulle. Terwyl ek die skrif in Nehemia lees waarin hy die “nobles” opdrag gee om te veg vir hulle broers, kinders EN huise…speel musiek. Retief Burger en Riana Nel se weergawe van Die Seën. Dit was die eerste twee ure se tyd met Hom. Ek los die skakel vir die video van daardie lied onderaan. En dis wat ek vandag in my hart uitbid oor elkeen wat hier lees. Oor die sessie van 11uur tot 1 uur sal ek later praat.

Maar dit was genoeg om vandag te sê…hier is ek weer.

15 comments

  1. Weet jy, ek het eendag vir mense gesê, as nog iemand vir my gaan sê “môre sal dit beter gaan”, gaan ek gil en skree. Ek voel nou sleg. Dinge is nou moeilik. En ek weet nie waar ek môre ‘n salaris gaan kry nie, want vir die derde keer in 2 jaar weet ek ek gaan nie more ‘n salaris kry nie. Toe het ek net dag vir dag in geloof geleef. Al wat nodig is, is om te weet, ek dink aan jou. Dis al. En dis ook al wat ek altyd vir enigiemand in pyn sê. Ek dink aan jou. En dit werk vir my.
    Ek dink aan jou.

    Like

    • Dankie Trommeltjies….ek moet hom oor en oor luister om net aan te hou asem haal. Maar met so support soos julle gaan dit beter.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s