Motivering

Ek is so lief om stories uit die praktyk te deel. Want dis ware verhale, verhale wat tot my hart spreek en goed wat my lewe verryk. Uit die aard van ons werk, is die meerderheid van ons pasiënte al gevorderd in jare. Ons oudste omie, Oom Henry is 97 en hy whatssapp ons nog gereeld as hy batterye nodig het, of sommer net geselskap soek. Dan besoek Baaskind hom, stel bietjie aan sy apparaatjie en dan is hy tevrede. Ons jongste pasiënt is 8. Ja, sy dra ook ‘n gehoortoestel. Ons het beneukte ou omies soos oom SB op Heilbron waarvan ek vertel het. En net sulke beduiwelde tannies.

So 50 persent dra net hulle apparate omdat hulle mans/vrouens/kinders hulle met die ouetehuis dreig. Of dalk egskeiding. Maar as hulle dit eers gewoond is, besef hulle dat dit werklik help. Dan is daar die besigheidsmense wat nie meer in vergaderings hulle kollegas hoor nie. Hulle aanvaar dit maar soos dit kom. Dan is daar die wat weet dat gehoorverlies nou ‘n probleem raak en nie kan dink dat hulle dalk nooit weer hulle geliefdes se stemme kan hoor nie, of dat musiekluister se plesier nou n straf word, of die wat aan depressie begin ly, onttrek uit gesleskap uit. Wil nie meer gaan kuier as daar baie mense is nie want hulle weet al sit hulle ‘n glimlag op hulle monde, almal om hulle weet dat hy/sy nie kan hoor nie. Gehoorverlies bring hulle in ‘n stilte wat ander kan opneem as beneuk, oud, vol draadwerk, afsydig en sommer net mislik. Maar stop jou ore toe met prestik vir n dag, en dan sal jy weet hoe erg dit raak. Hulle moet ‘n pilletjie drink vir angstigheid. Later een om te slaap. En intussen kan hulle net nie hoor nie.

Gister stap hier ‘n tannie in. Tannie Drina. Alleen. Met die mooiste “slingbag” in drie kleure en ‘n boek in haar hand. Na sy die vorm ingevul het, maak sy die boek oop. My oë rek want die skrif is klein. Ek hou haar dop, sien dat sy vinnig lees. Daai vingertjies blaai die blaaie baie gou om. Sy is later by Baaskind in, en die deur gaan toe. Die volgende oomblik vlieg die deur oop en roep Baaskind my. Ek dog die tannie het dalk siek geword, want glo my vry, hier is al ‘n paar mense oorlede in die dokters se spreekkamers. My eerste gedagte is dat dit hier ook gebeur het. Ek storm die spreekkamer in, net om tannie Drina met ‘n glimlag te sien. Ek weet die toets is onmoontlik nog nie gedoen nie en kan nie weet waarom Baaskind so opgewonde is nie.

“Kyk hierdie pragtige handsak! Die tannie maak dit self!” Die goue woorde om enge een te motiveer. MAAK DIT SELF. Ek het die sakkie gesien en gedink dis wat ek al jare lank soek. Tannie Drina maak dit in enige kleur. Perfekte stiksels. Leer sakkies met die kleure wat jy kies. Sy maak dit ne net nie, sy stal twee keer ‘n week by twee verskillende markte haar handsakkies uit. EN……sy wys ons die fotos van al haar pasteie wat sy weekliks bak….EN!!! Beskuit!! Baaskind het dadelik twee sakkies by haar bestel en sodra dit land, sal ek julle wys.

“Ek het geen probleme nie, my kind. Ek kan net nie meer mooi hoor nie”

Wat ‘n motivering vir my wat 20 jaar jonger as sy is….

Toe sy uitskuifel saam met haar dogter kon ek nie anders as om skaamkwaad vir myself te voel nie. Ek gaan sit op die maan en tob, terwyl daar tannies Drina is wat elke dag iets doen. Sy vertel dat sy ‘n hele aantal jare van Australië afgekom het nadat hulle vir die kinders gaan kuier het. Sy het in ‘n ongelooflike diep depressie verval. Sy het die Here gesoebat om haar daar uit te haal en Hy het haar die idee van die slingbags gegee….

Nou, jare later, krom gebuig en met bewende hande, maak sy nog steeds wat sy die beste kan. Slingbags, beskuit en pasteie.

Ek is besig om stadig af te gly aarde toe. Wat ek gaan doen, weet ek nie, maar tannie Drina se God is ook my God. Hy sal my ook ‘n “tool” gee om mee te oorwin. En met sulke voorbeelde en met Hom aan my sy, sal ek die storm wat nou dreig ook oorwin.

13 comments

  1. Dankie dat jy hierdie motivering met ons almal deel. Ek weet jy gaan weer binnekort aarde toe kom en dan gaan jy wonder waarom jy ooit maan toe verkas het, want dis hier op die aarde waar God se liefde waarlik gesien en beleef kan word. Baie sterkte.

    Like

  2. Amen dis my sussie daai en GOD sal die tool gee!! Wat weet ons nie en waar weet ons nie,,,MAAR God is not dead HE is alive and HE is a GOD of WOnDERS!!! Hou die bladsy dop. GOD IS GOOD ALL THE TIME, ALL THE TIME GOD IS GOOD!!!!!!!!!!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s