Op die maan

“Woordnoot….hoe lank gaan jy nog hier op die maan sit?” Una vra nie omdat sy moeg op en af geklim is met mandjies vol snoepies nie. Sy worry regtig. Dis nie normaal om daar te sit vir weke aanmekaar nie.

“Tot die 30e April….dalk nog langer.” Ek moet gryp want amper neuk sy af van skok.

“Teen daai tyd gaan jy n miswolk wees. Hoekom nog so lank.”

“Dis die dag van die veiling. Dan word die huis waarin ek die meeste jare aaneen in een plek gebly het, op n veiling verkoop. Ons het die 16e Des 2003, n dag voor my verjaarsdag hier ingetrek. Ek was klaar met trek en het vir almal daar daai dag gesê ek trek nooit weer nie. My volgende trek is langbome toe. Nou sit ek hier en wag die tyd uit. Ek kan nie nou net aan die woord trek dink nie.

Die trek self is seker nie die ergste nie. Ek dink ek het gypsy bloed in my are want ek kon altyd maklik oppak en trek. Dalk het die chemogif my gypsy bloed al klaar verander soos die inentings blykbaar gaan. Want ek wil nie trek nie. Maar ons kan nie meer nie. Die bank was lank geduldig en ons het lank probeer maar nou is dit Ikabod.

Nou wil die Oom n nuwe grassnyer en weedeater koop. Dis geld mors. Hy hou vol ons gaan bly. Hoe meer ek praat van kamers en kaste uitsorteer en wegmaak met onnodige goed, hoe meer klou hy. Speel lotto want ons gaan geld wen om die huis te hou.

So jy sien liewe Una….ek gaan net hier bly sit tot die veiling verby is. Dan sal ek afklim en begin pak. Weggee, weggooi, wegpak. Want hier is baie jare se goed wat in n maand ingepak moet word. Ek rus nou want ek gaan weereens die meeste werk doen.

En terwyl ek hier sit hoop ek n engel kom verby wat vir my n idee kan gee om n ekstra inkomste van ongeveer R5000 n maand te genereer. Want sien, sodra ons huur moet betaal, hou ons op lewe want daar is nie genoeg nie.

Ek is jammer ek sit hier…en sit julle op n slegte plek. Moet ons jammer voel? Moet ons help idees uitdink? Moet ons bid? Moet ons maar net hoop?

Ek sit nog. Ek hou die geskarrel onder my dop. Dalk word ek nog n miswolk en poef!!!…..dan blaas die maanwind my weg in die hemelruim in…daar waar ek net met die sterre sak speel en nooit ooit weer sal worry oor veiling huise, stukkende karre, een inkomste, kinders wat drama beleef nie…..net n miswolkie wat draai en swaai en soms my sterretjies na jou toe laat waai.

Goue maangroete….

25 comments

  1. Woordnoot ek verstaan so goed, ons sit ook met ń huis wat sal moet verkoop word. Ook ons kan nie meer die pyp rook nie. Die vraag wat my knel, is waarheen dan?????? Sien dis hoekom ek saam sit, ek het nie antwoorde nie.

    Like

  2. Ek is jammer jy moet hierdeur gaan. Daar is nie woorde om te sê nie, wel ek het nie. Ek kan net sê ek dink aan jou en stuur groot drukke saam op na die maan. Ek kan nie dink hoe dit moet voel nie, ek dink is die een ding in my lewe waaroor ek bly is dat ek so lank weg is, ek het nie meer daai gevoel nie. Daai “plek” is letterlik waar ek my kop neersit inni aand. Dalk is dit waar my karavaan ding vandaan kom, hoe kleiner hoe beter. Daar is altyd vir jou plek in my karavaan,xx

    Like

  3. Woordnoot, ek weet nie hoekom nie, maar jou goed wys nie in my reader nie. En dan mis ek soveel van jou skrywes. Ek voel so jammer vir jou, ek weet dit is nie wat jy vra nie. Ek voel steeds baie jammer. Hoe kan een mens soveel swaar moet dra. Kry net jy ‘n inkomste? Ek weet so min van my vriendinne. Sterkte, ek bid saam met jou.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s