Verlief, lief of gewoond

Hoe ouer ek word, hoe meer wonder ek oor liefde. Hierdie foto verteenwoordig nogal vir my verlief, gewoond en lief. Drie aparte dele in een. Maar ek dink die liefde kan eintlik opgebreek word in duisende stukkies. As medici kon, en hulle kon ‘n hart ontleed en ‘n stukkie uitsny vir elke mens vir wie ek lief is of was, sal daar baie stukkies wees. Regtig baie.

Verliefdheid is so opwindend. Dis daardie heerlike adrenalien gevulde wolk wat jou hele wese inneem. Die kontak, hetsy kuiers of oproepe, die warm gevoel wat jou wese vul as jy aan die ander een dink. Die opwinding om hom/haar weer te sien. Die chemistry as julle mekaar sien. Die elektriese gevoel as julle aan mekaar raak. O, en dan die ongelooflike seer as die ding nie werk tussen julle nie, of as mense julle uitmekaar hou. Of as die omstandigehede veroorsaak dat julle nie forever and ever saam kan wees nie. As verliefdes opbreek, waai die emosionele orkaan alles los en los net ‘n hopie puin. Maar mens kan vinnig darem weer herstel. Dis die liefhê omdat…..

Dan is die fase waar mens so gewoond raak aan jou lewensmaat. Niks opwindends nie. Nie adrenalien nie. Nie vlinders nie. Net die elke dag se selfde gevoel. Party voel tevrede. Hulle is die paartjies wat mekaar aanvul en in vrede leef. Saam die regte besluite neem. Saam reg optree. Dinge saam doen. Nie altyd noodwendig van dieselfde goed hou nie, maar mekaar die ruimte bied om hulle passies uit te leef en hulle maats selfs aanpor. Dan is daar die gelukkiges wat albei hou van dieselfde dinge. Kampeer, stap, fotografie, kos, flieks, lees. Noem maar op. En alhoewel daar nie meer elektrisiteit is nie, is daar ‘n warm gevoel van tevredenheid.

Ander wat so gewoond aan mekaar raak is nie heeltemal gelukkig nie. Daar is altyd iewers iets wat haper. Dis twee mense wat dalk net een word sekere tye. Afgespreekte tye. Nie spontane tye nie. Waar die een permanent wipperig is as die ander een iets doen. Waar die kortaf antwoorde soms ‘n tikkie gif in het. Waar die bed aan die eenkant swaar word as een nie kan slaap nie en lê en wonder,beplan,bekommer. Waar niks saam gedoen word nie, want die uiteenlopenheid het deur die jare so diep sloot geword dat hulle glad nie meer bymekaaruitkom nie. Maar daar is geen rede tot kommer nie. Hulle is gewoond aan mekaar. Hulle verstaan mekaar op hulle manier. Maar daar is nie vervuldheid nie. Gewoond. Net pure gewoond.

Ek het liefde vir laaste gehou. Want is al die bogenoemde nie maar ‘n vorm van liefde nie? Hier praat ek van daardie ongelooflike wete dat die ander een van die eerste dag af tot met die finale dag, jou hart nog sal laat klop. Wat nog jou wange laat rooi word as hy/sy aandag gee. Wat sy/haar hele wese om jou bou. Wat jou laat voel dat jy die enigste mens op aarde is. Dis anders as verlief of gewoond. Dis magic. Dis die een wat sê dat ek jou liefhet ten spyte van. ….

Soms word mens se lewe deurmekaar gegooi met so iemand. En dis against all odds. Ek hoef nie in te gaan oor wat daai “odds” is nie. Party mense kry dit reg om alles oorboord te gooi en te gaan daarvoor. Ander weer nie. Vir ander is daar meer aan as net om te los en oor te begin. Soms moet daardie een vir die res van hulle lewens met ‘n verlange loop. ‘n Wat as.” Of dalk “as ek maar net” En net soms, omdat dit so onbereikbaar is, gooi dit jou binne in verlange. En spyt. En kwaad omdat jy nie guts gehad het nie.

Maar jou lewe gaan aan. Of jy nou verlief is, of gewoond is en of jy liefhet, dit bly alles deel van die groter prentjie. Dis liefde. En as jy kan voel, is jy deel van die liefde.

En nou bly hierdie dinge oor: geloof, hoop en LIEFDE. Maar die grootste hiervan is die liefde

4 comments

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s