Emmerskoplysies

Liewe leser, hierdie hoofstuk vorm deel van ‘n bloguitdaging waarin die Goue Vroue van Rebusfontein uitgedaag word om ‘n vervolgverhaal te skryf waarin ons items op mekaar se emmerskoplysies uitleef. Soos gewoonlik, is een of meer van die res van ons karakters in die vervolgverhaal. Elke hoofstuk word afgesluit met ‘n emmerskoplysie en ‘n spesifieke vrou word uitgedaag om die verhaal verder te vertel …

Jy kan dus ten minste 13 hoofstukke verwag. Die res van die verhale kan hier gelees word, onthou om gereeld terug te kom om nuwes te lees. Dit is ‘n werk in wording …

https://fresh.inlinkz.com/p/901334e664234152a8107aad817a73bb.

***********************************************************************************************

Christa het nou haar lysie uitgespreek terwyl ons so daar op die meent se bankie in die son sit. En sy tiek op so op haar vingers af. So vra sy my om haar te help om een van die ‘to do’ goed op haar lysie saam met haar te doen. Ek luister so na haar. Dan vra ek verskoning en loop terug na my huisie toe. Daar wag baie reëlings. Ek is toe die res van die dag besig en so teen vieruur stuur ek gou vir Liefkat na haar toe met ‘n boodskap want ek is self te besig om te pak. Liefkat hol hier uit (sy dink mos sy is n hond) met die briefie in haar bek.

“Pak ‘n oornagtassie, maak seker daar is warm goed in en ook n mooi rok en onthou jou paspoort. Ek kry jou oor ‘n halfuur”

Kyk, een ding weet ek. Christa en paspoorte is op hierdie stadium baie sku vir mekaar. Maar ons werk mos nou van Rebusfontein af. Hier is die wêreld ten minste normaal. Ek pak vinnig in en gryp my rugsak. Travel light. Ek hoop sy ook. Maar eers moet ek julle voorstel aan die Goue Vroue se nuwe vervoermiddel. Het nog nie n naam vir hom nie. Maar ek weet een van julle gaan met ‘n briljante naam te voorskyn kom. Die roepwoord sodat hy moet kom is Golden Girls ( hy verstaan ongelukkig nog nie Afrikaans nie) Ek het skaars die woorde geroep toe swiep hy met een moewiese egalige swiep tot voor ons. Ons klim in. Posh, hoor! Ek programmeer die bestemming, gaan sit en gordel vas. Totale tydsduur van ons vlug is 25 minute. Ons gooi elkeen ietsie in om te drink en gesels sommer so oor al die goed wat in die regtige wêreld aangaan. Maar ek moet sê sy het elke vyf minute gevra waarheen ons gaan. Ons reis so vinnig dat jy net die aarde verby sien flits.

Goue vrou se nuwe wipwa. Hy soek n naam!

SWIESJJJ!! Die wa land en ons klim uit. Ons staan verstom en kyk na waar hierdie wa ons heen gebring het.

Ons is by die Elita Caves Hotel in Cappadocia in Turkye. Die vertrekke is almal in grotte. Christa is grootoog, want dit was nie op haar wenslysie nie. Ons kry ons kamers en gaan sit op die balkon en staar na die ander grotte rondom ons. Dis ‘n besige dorpie.

Die girl het ons foto gephotobomb!!!
Koffietyd!

Ons sit lank daar buite en gaan eet later tipiese Turkse kos in die grot eetkamer. Al het ons duisende kilometers in n halfuur afgelê, is ons moeg. Ek sê vir Christa dat sy more oggend 5h00 in die hotel se voorportaal moet wees en sy moet maar ‘n warm ding saam vat. Ek sê niks dat my bene eintlik nou al klaar lam is nie.

Die volgende oggend kry ons mekaar en die vuurwa wag ons in om ons na ons finale bestemming te vat. Oral is voertuie wat oppad is in dieselfde rigting as ons.

This image has an empty alt attribute; its file name is 183426697.jpg

Hy laai ons af en ek hou Christa se gesig dop toe ons die toneel voor ons sien.

Dis die jaarlikse warmlug ballon fees wat vandag plaasvind. Daar is meer as honderd ballonne in die lug. Ek en Christa is in die geel een heel links op die foto. Dis vrek koud daarbo.Ek moet keer dat my valstande nie klap nie. Maar dis asemrowend mooi. En stil. Ek het verwag dat daar grootbekke tussen in sal wees. Mens hoor hier en daar ‘n gil, maar oor die algemeen is dit stil. Net ‘n sagte suising en ‘n groot bewus wording van die krag van stilte. Ons voel albei wat die woord welgeluksalig beteken. Vrede maal tien.

Na ons terug is by die hotel eet ons ‘n tradisionele Turkse ontbyt. Bo op die stoep. En ek neem ‘n paar fotos sodat ons kan gaan wys in Rebus fontein.

Ontbyt
Christa in haar mooi rok…
Totsiens tyd.

Die wa wag. Ons klim in en sit rustig terug.

“Christa, weet jy wat? Ek het erge hoogtevrees maar dit was ook een to-do ding op my emmerlysie.Nou het ek sommer my vrees aangevat en dit nogal geniet ook.”

Nou ja. Wat is my emmerwenslysie? En wie gaan my help om een van dit te doen?

  1. Ek sal nog graag die wynlande en klein dorpies in Frankryk wil betoer
  2. Ek sal graag vir n maand in n klein B&B by die see van Galilea wil bly
  3. Op n hotelboot langs die Ryn rivier af vaar.
  4. Om die Oranjeriver te gaan roei.
  5. Om al my hartsmense bymekaar te kry en ‘n week lange vakansie te gaan hou op ‘n eiland. (Dit sal ‘n baie groot eiland moet wees.
  6. Om vir baie lank by my sus te gaan kuier in Skotland.

Appeltjie….hierdie turksvy beland in jou skoot. Sal jy my kan help?

33 comments

  1. Woordnoot, dit was uitstekend. Ek het dit so geniet, die rit in die pragvervoermiddel, die pragtige hotelkamer in die grotte, self die foto wat gephotobomb was, kon iets bederf nie. Tussen my en jou, ek was maar dankbaar dat jy saam met my was, ek sou dit nie alleen doen nie. Het ‘n vreeslike fliek gesien waarin die lugballon in slegte weer al opper en opper gegaan het. En nou het ek veilig geland. Jy stel die standaard baie hoog!

    Like

  2. Turkye. Eendag is eendag dan gaan jy my diè land help verken, WoordNoot. Ek is bietjie vesigtig om alleen te gaan. Wat ń heerlike ondervinding het jy en Christa nie gehad nie!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s