Salticrax

Nou waarom sal n ouer vrou 10h00 in die aand Salticrax eet met peanutbotter en stroop? Nee….nie kaas en kaviaar nie (verdomp…dit sou nou heerlik gewees het met n glas droë Pongraz)

Woordnoot!!! Ek kan al sommer al die kommentare hierop hoor. Dit gaan klaar groot pret wees en ek het dit nodig. Ek het nodig om julle gevatte, lukrake, insiggewende kommentare te hoor op hierdie eetplan.

Want sien, ons kom vanoggend by ons mediese sentrum aan. Ek sien dat daar vrek baie mense by Ampath staan. Bietjie later vertel die skoonmaker vir die fisioterapeut dat daar by ons toiletdeur, n Covid toetssentrum oopgemaak het.

Wel, ek het al vertel hoe die pasiënte op die banke sit as ek soggens daar in kom, maar almal is nie siek nie. Sommiges moet dokter sien net om hulle herhalings voorskrifte te kry. Ongeag dat Covid die allesoorheersende siekte is, is daar mense wat daar sit en wag vir die dokter want iets in hul liggame is nie reg nie. Kanker, diabetes of hartkwale. Maar Covid oorheers normaler siektes

Die massas mense wat by die hospitale in ons omgewing daagliks wag om getoets te word in erge warm toestande maak dat mense soos hoenders omval. Die uiteinde is dat sekere klinieke hulle eie toetsstasie kry. Hulle mag net die dokters in die gebou se pasiënte toets.

Eers was ek omgekrap want ons blootstelling het skielik met 50 persent toegeneem. Die bestuur het saterdag die hele gebou “gefog”. Skynbaar hou daardie fog 30 dae. Onder druk sal hulle dalk nou elke 30 dae moet spuit.

Maar nou sit ek en wonder.Ek is gefrustreerd met hierdie ding wat als wat my normaal is, nou flippin abnormaal maak. Wat is daar wat ek nog altyd wou beproef….en dit tref my! Salticrax met iets soets op. Siende dat ek niks meer koop in die lyn van sjokolade of enige ander lekkerny nie, klink dit heel goed.

En glo my vry…ek eet SES! Salticrax en peanutbotter en heuning…..en ek voel hoe elkeen afsink na n deel van my lyf en net daar begin rys.

En dit net omdat die Covid toetse nou in ons voordeur gedoen word.

Jare gelede toe ons nog klein en onskuldig was en nie eers geweet het dat daar n lelike “f” woord was nie, het my pa saam met n buitelander gewerk. Ek kan nie meer sy herkoms onthou nie maar ek onthou sy van. Vöckenvincken. En hy het min Afrikaans gepraat. Maar hy het een gesegde gehad wat die Afrikaners wat saam met hom gewerk het gewoonlik uitgebuit het sodat hulle hulself kan doodlag. Hulle sou hom n poets bak en dan sou hy op die skuldige afstorm en skree: “Ben jy befok?”. Dit was al afrikaans wat hy geken het en niemand het hom reggehelp nie.

So toe ek nou vanaand met daai 6 Salticrax sit met heuning en katbotter omdat hier nie eers n marshmallow is nie (ek moet biki maerder word..dis die rede vir tekort aan soet) het oom V se woorde onwillekeurig by my opgekom.

En met die hapslag van die laaste soutkoekie met sy soet op, kon ek net my kop knik en sê. Ja…ek is. Skuinsbef….maar moreaand sal ek kaas op eet. Dan sal ek weer normaal voel.

Vanaand is ek mevrou Vöckenvincken.

.

13 comments

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s