Regtig?

Na aanleiding van my blog oor nuwejaarsvoornemens, stuur ‘n vriendin vir my die. Ek het die lysie mooi bestudeer en besluit om my gevoelens hieroor neer te pen. Dalk sus dit my gewete, dat spoor dit my aan of dalk ignoreer ek dit sommer net.

Get fit and healthy and lose weight and drink water– werk hard aan die want ek besef dat as jy jou gesondehid verloor, het jy basies jou lewe verloor. So ek het al verlede jaar ernstig begin stap, elke 2e aand so 4 kilometer en die ander aande “Standing Pilates for older women” Ek is dol oor die Pilates want as ek sien hoe sterker my knieë word en hoe makliker ek uit die stoel opstaan weet ek dit werk. Kyk sommer gou op Youtube die video en doen 30 minute maklike oefeninge. Voel reeds sterker en ja, is besig om sentimeters af te skud. Verder het ek suiker uitgesny. Ek sukkel nog om die glasie witwyn saans te los, maar met die beperkings gaan dit dalk gouer gebeur. Wyn kan ook net so lank hou. Ek drink darem baie meer water as voorheen. Ek hoop al die koppies koffie se water tel ook!! So dis NIE n nuwejaar voorneme nie.

Quit smoking – Het nog nooit gerook nie en is ook nie van plan om nou te begin nie. So dis NIE n nuwejaar voorneme nie.

Spend less money en Pay off debts– iemand in my skoene het nie geld om te spandeer nie. Jy kan jou salaris ook net rek tot waar dit kom. So dis NIE n nuwejaar voorneme nie.

Be more positive -Dis nogal ‘n taai ene die. In ons huidige situasie is positief maar moeilik. Ek dink selfs die sterkes onder ons sukkel om altyd positief te bly. Maar mens kan. Ek kry ook my tye wat angstigheid my oorval. Wat ek hulpeloos voel. Wat ek wens daar kan asseblief net ‘n einde kom, want ek het nie meer krag nie. Maar ek dwing myself om weer my stiltetyd ‘n tyd te maak van herlaai. Speel baie musiek wat my oplig. Probeer om nie al die negatiewe berigte te lees nie. So hierdie een tel beslis as ‘n nuwejaar voorneme.

Get organized -ons groen persoonlikhede is meer geneig om nie te veel te organiseer nie. Maar ek het iewers in 2018 ‘n nuwe blaadjie omgeslaan. My kaste lyk beter. Ek het oral bokse, kratte en houers waarin alles gebêre word. So dis NIE n nuwejaar voorneme nie

Have more patience – weereens die groen geaardheid. Ek het geduld. Partykeer frustreer ek die bloues en rooies in my kring vreeslik omdat ek so geduldig is. Ek het geduld met mense wat ander lankal uit hulle lewens sou verban het want ek bly glo hulle kan verander. Ek het geduld met my kleinkinders. As ek die dag ongeduldig is, is ek siek. Ek kan ongeduldig raak. Glo my vry. Maar ek dink ek het meer as die toegelate kwota geduld gekry toe dit uitgedeel is. So dis NIE n nuwejaar voorneme nie.

Go on a vaction – Sug…met Covid? Dink nie so nie, al sal ek hoe graag weer net bietjie by die see wil uitkom. Beslis as ‘n nuwejaar voorneme.

Spend less time on the phone – nie van toepassing. Ek kry die minimum whatsapps of oproepe, so ek is onskuldig hier. So dis NIE n nuwejaar voorneme nie.

Drink less soda and eat less fast foods – Tel een glasie droë witwyn as “soda? As dit ja is……mmmmm, sorry. Die nie onderhandelbaar nie. Ons eet op payday fast foods. Dis al. So dis NIE n nuwejaar voorneme nie.

Get more sleep – ek slaap al reeds sewe ure per nag….hoeveel moet mens dan nou nog slaap. O ja, en dan slaap ek naweke elke middag ook bietjie. Done! So dis NIE n nuwejaar voorneme nie.

Volunteer more???- Tel kleinkinders oppas as volunteer? Ek dink so. Dan doen ek my deel. So dis NIE n nuwejaar voorneme nie..

Get a hobby – Het besluit om te leer kitaar speel. My dogter het nogal vir my hare gegee. So ‘n mooi swarte. En hy hang teen die muur waar sy hom opgehang het middel Desember. En hy hang nog steeds….Beslis as ‘n nuwejaar voorneme.

Advance career – daarvoor sal ek my Baaskind moet fire. En ek is nie ‘n oudioloog nie. So dis NIE n nuwejaar voorneme nie.

Quit procastinating – Hoeveel keer kan ek die blaam op my groen persoonlikheid plaas…want dis wat groenes doen. En ja, ek weet, ek weet, ek weet….van uitstel kom afstel. Daai belangrike praatsessie moet gebeur voor die skool begin. Is baie beslis ‘n ‘n nuwejaar besluit wat ek net moet doen.

Watch less TV – het al vyf jaar gelede daarmee opgehou. Ek glo nie binge kyk so eenkeer is ses maande tel nie. So dis NIE n nuwejaar voorneme nie.

Keep new years resolution – Hahahaha…….

Die doel van hierdie skrywe…..daar is vier dinge op die lange lys wat ek kan besin oor. Ek sal maar aan die einde van 2021 sien of ek daai vier goed kon doen. Tot dan….hierdie lysie is beslis nie myne nie!

14 comments

  1. Ek het nou lekker gelees: ek is ‘n ‘lysmaker’, maar gaan hulle hierdie jaar net vir leiding gebruik en nie as ‘n stok nie. Ek hoop vir gesondheid, stilte and vir meer geleenthede om te kan lag 🙂

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s