Ek weet…

Ek weet ek moenie nou skryf nie. Maar ek moet. Ek moenie nou redeneer nie maar ek moet. Ek moet eintlik my blood en guts boek vat en lees tot my oë toeval en dan more weer van vooraf begin. Maar nes ‘n stout kind WIL ek nou praat. Dit gaan boggerôl help. Maar ek wil.

Hulle sê dat mens 90 persent van wat in die lewe gebeur kan vergelyk net dit wat in die natuur plaasvind. Kyk hoe cute is hierdie video

Dis hoe ek my lewe tot dusver ervaar het. Een groot struggle im tog net op te staan. Om net te wees. En voila! Eendag…dan staan jy. Of so dink mens. Kameelperde het lang bene. Ekke ook. Mense met lang bene of lywe val net harder as die kortes. Veral as n mat omder jou dun beentjies uitgeruk word. Soos nou.

Die Oom koop n voertuig toe hy met sy pendeldiens begin. Ek is van die 1e dag af nie gelukkig met die aankope nie want die enjin het al probleme gegee voor ons dit aangeskaf het. Maar wat wat n vrou van n kar? Sweet fanny boggerol. Hy het baie mense rondgery en die voertuig het baie gebreek. Wat verwag jy van n kar wat al oor die 300 000 kilos op sy klok het? Vir my was dit die spreekwoordelike swart gat. Net sodra ons nie kon bekostig het nie breek iets. Ek leen geld. Met die lockdown verloor hy sy werk want niemand vlieg nêrens heen nie.

Gelukkig hou lockdown nie vir altyd en begin hy na 10 maande weer saamryers kry. Op die dag wat hy besig is en vol geboek is breek die kar met passasiers in. R25000 om reg te maak.

Die kinders gryp in. Ons kan aanhou om die baie geld te gebruik om herstelwerk te doen want dis n bose kringloop. Op die ou einde is die besluit dat altwee ou voertuie…insluitend die Panda verkoop gaam word en dat een nuwer model aangeskaf sal word. Die kinders betaal en help….ons moet inval. Maar vir my is dit die regte besluit.

Maar tog lê ek nou plat op my gat in die gras. Ek is die een wat voldag werk en elke dag 13 kilometer werk toe moet ry en terug….ek is die een wat nou ander planne moet maak AS die Oom dalk op die tye wat ek huis toe of werk toe ry op die lughawe gaan sit.

Vanaand is ek die baba kameelperdjie…en my asem om op te staan raak al hoe minder. Inteendeel. Ek wil nie meer saam speel nie ,dis unfair.

More voel ek dalk soos die ma…maar vanaand battle ek om net op twee pote te staan…wat nog van vier.

More is gelukkig nog n dag. Nuwe dag met nuwe genade en uitkomste. Vanaand is my tantrum aand. Maar dis oukei. Dit sal ook verby gaan.

Till the storm passes over, till the thunder sounds no more.

13 comments

  1. Ai toggie ek weet nou nie hoe ek hieroor kan lag nie. As mens sukkel bereik jy ‘n versadigings punt en ek was al daar. Gelukkig weet jy waaraan jy kan vashou vir die opstaan. Ek stuur solank drukkies

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s