Vanuit die venster

Premium Photo | Woman looking through window, toned image, vintage style.  turin cityscape, torino, italy

Die praktyk het mos nou ‘n venster. Julle verstaan nie hoe lekker dit is om soggens as ek hier kom, die gordyne oop te trek en met my koppie koffie net daar te staan en om alles in te neem nie. Oorkant ons is ‘n sentrum wat in U vorm gebou is. Daar is heelwat besighede daar, asook die dagkliniek. Die straat is besig. Op die hoek skuins oorkant ons, is die winkelsentrum wat gebou is op die grond waar die NG kerk gestaan het. Die pragtige ou kerk is gesloop om plek te maak vir vooruitgang. Tydens die bouery, het ‘n deel van die fondasie ingegee en is daar mense dood. Die ouer swart garde in die omgewing voel die gebou is vervloek omdat ‘n kerk heilig was en moes pad maak vir geld. Baie van hulle gaan nooit eers daar in nie.

Daar was baie winkels,flieks en restourante. Stadig maar seker het alles toegemaak. Daar is ‘n paar winkels wat klou vir hulle lewe en dan het die banke ook daar ingetrek. Verder is dit ‘n spook sentrum. En nou het ontwikkelaar nog twee verdiepings gaan opbou en dit alles in wooneenhede omskep. “LUXURY APARTMENTS! Soms kyk ek deur die venster na die monsteragtige gebou met sy baie dooie swart oë, want die bouery het ook nou net tot op ‘n punt gekom. Nou staan alles weer.

Die eens goedversorgde Noord is besig om soos ‘n ou vrou te verouder. Die plek raak al hoe meer verwaarloos. Elke dag bars van die ou waterpype iewers in ‘n straat. Die hoofstraat se slaggate word meer en dieper. Die strate is vuil. En ek verlang terug na die aande toe ons na ete in Gerrit Maritz straat afgeloop het en “window-shopping” gedoen het. Skoon en veilig.

Maar terug na die venster. Ek sien gister hoe ‘n dwlemhandelaar openlik oorkant die straat sy dwelms aan ‘n ander een gee. Hier is ‘n haarsalon, nogal met ‘n heilige naam, wat nooit kliënte het nie, maar die deure bly oop. Buite die deur staan twee stoele. Ek hoor die plek is die plek waar jy al jou dwelms kan kry. En ek staan vandag met my koffie en kyk uit, en sowaar, hulle sit ewe rustig op die stoele, staan dan op en loop n draai. Nie lank daarna kom iemand aangehobbel. Skynbaar onskuldig begin hul gesels. Ek sien hoe die papiertjie vinnig van hande verwissel.

Die ergste van alles is dat die polisie hier van alles weet, maar gister het ek met my eie oë gesien hoe dit werk. Hier was ‘n groot drama by die onderste praktyk en die polisie is gebel. Ek staan by die venster en sien die twee handelaars. Een wit, een swart. Die volgende oomblik hoor mens net sirenes. Verdagte gedagte…..sirenes? Dis nie asof dit ‘n ongeluk was nie…die Nigeriër het hom net wangedra. Oombliklik is albei handelaars op hulle selfone. Die polisie voertuig jaag verby die sentrum? Huh??? Hoe weet julle nie waar die sentrum is nie? Ons is ‘n paar blokke weg van die polisie stasie af?. Verdagte gedagte nommer twee. Polisie wa kom na so paar minute terug gery, sonder enige lawaai. Mmmm…waar is die sirenes nou? O ja! Julle het die handelaars gewaarsku julle is in hulle omgewing! Terwyl hulle inry, sien ek die wit karretjie stilhou en albei handelaars klim vinnig in, sit ‘n paar minute en klim uit. Gou ontslae geraak van evidence. Hulle gaan sit op die stoele en hou die sentrum dop. Geen teken van angstigheid nie. Hardloop nie weg nie. Sit en kyk.

Nodeloos om te sê, niks het gebeur nie. Vanoggend staan ek weer by die venster. Dreadlocks in sy silwer BMW in spierwit ontwerpersklere sit op die stoel. Die ander twee deel ‘n stoel. ‘n Vrou wil daar ingaan, maar Dreadlocks praat met haar en sy stap weg. Nie te lank daarna nie, kom daar ‘n persoon aan, gaan sit op die blombedding naby Dreadlocks, en praat op sy selfoon. Na ‘n rukkie staan hy op en tel iets op waar Dreadlocks gesit het. Dwelmhandel voor my oë.

Ek wil huil. Ek word kwaad. Ek wil iets doen. Ek wil Dreadlocks aan sy lokke deur die modder sleep (dit het nou hoeka heerlik gereën en hier is baie modder) om sy wit designer klere te vernietig. Ek wil sy kar met ‘n skerp mes bykom. Maar hier sit ek nou voor die venster en raak ontslae van magtelose woede op die enigste manier wat ek ken.

Is die pen werkliker magtiger as die swaard?

17 comments

  1. WoordNoot, jy het ń behoorlike uitsig op die lewe in die stad. Ek sou graag langs jou voor jou venster wou staan, graag saam met jou praat en spekuleer oor die gebeure wat voor jou oë afspeel.

    Liked by 1 person

    • Positief…ek het vandag nog inligting rondom die situasie gekry wat my nog meer uitfreak oor dit….ek kan net sê dis n hopelose situasie…daai ding van elkeen het n prys 😫

      Liked by 1 person

  2. ek weet van ‘n dorp waar almal weet van die polisielede wat kop in een mus is met die onheilighede. Toe hoor ek ‘n kennis van een van die lede sê, die gangsters het vir hom gesê ons weet waar woon jou ma en jou vrou en jou kinders. Nou wie gaan in daai omstandighede nie ‘n blinde oog draai nie?

    Like

    • Toe daag die polisie op by die praktyk om te sien waar kyk ons deur die venster….seimste een wat niks gedoen het nie. Groot meneer van hoe hulle vanaf ons venster n kamera gaan opstel…bla bla bla….

      Like

  3. Dink nou aan die skade as die regering dit wettig maak… Kartel is in sy agterent in, enigste ding is nou moet hulle aan kwaliteit dink, pryse gevestig en daar is geweld en bedrog in sy wat ookal in. Mense sal gebruik wettig of onwettig, dalk minder gemors goed inkry oor geld maak…

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s