Die diefstal

Sonder dat ons dit enigsens vermoed het, het die dief oor die muur geklim en in daai sak wat hy so vasklou, was die grootste nagmerrie wat die wêreld in ‘n baie lang tyd getref het. Die Corona/Covid/virus….noem dit wat jy wil.

Elke liewe inwoner op Moeder Aarde het deurgeloop. Ek dink net nie ons besef wat is van ons gesteel nie. Ons vryheid..ja. Baie beslis. Ons normaal..definitief. Daarmee saam sommige lewens. Absoluut.

Maar gister tref dit my toe ek in ‘n voorafbespreekte Kersdiens sit. Die jong man wat die boodskap bring, sy vrou en hulle tweeling kleuters is so pas gesond verklaar nadat hulle almal siek geword het. Net nadat hy dit sê, sien mens hoe die ander so ongesiens moontlik hulle maskers laat terugglip oor hulle neuse.

Ek weet dadelik wat het die dief eintlik kom steel. Planne. Aan die einde van 2019 het baie mense gaan sit en beplanning gedoen vir 2020. Party het al klaar hul Kersvakansie bespreek by hulle vakansie plek waarheen hul elke jaar gaan. Sommiges het hulle besigheidsplanne vir hul nuwe besighede gefinaliseer. Daar was van ons wat planne gemaak het om daardie lang verwagte oorsese kuier/vakansie later in 2020 te gaan doen.

Party het uitgesien na hul laaste laerskooljaar waar hulle hul hoofseun of dogter pligte getrou sou nakom. Ander het pas matriek geskryf en planne gemaak vir hulle studies of gap jaar of werk. Party se planne was klaar in plek om te verhuis na ander lande. Ander was besig met planne om hul droomhuis te bou.

Dan was daar die wat beplan het om in 2020 n einde te maak aan n liefdelose huwelik waar die ouers bymekaar bly ter wille van….Sommiges moes beplan vir n reeks behandelings om te keer dat hulle doodgaan. Kinders moes beplanning doen om hulle verswakte Demensia lyende ouer in n tehuis te plaas. Daar was baie mense wat fyn moes beplan om hierdie nuwe jaar in te gaan met geen of n baie klein inkomste. Van die mense het snags in depressie gelê en beplan hoe hulle n einde aan hulle hel kon maak.

Feit is…almal het op een of ander stadium planne gemaak. En dis wat die dief kom steel het. Ons vermoë om te beplan. Kom ons wees eerlik. Daar is twee groepe mense. Die een groep is daardie wat hulle planne so tot perfeksie uitgewerk het dat daar geen tyd of plek is vir n fout nie. ‘n Fout of misbeplan kan geld kos. Dan is daar ek. Ek wat nie lysies van planne het nie. Wat beplan soos die tyd aanstap. Op die ingewing van die oomblik.

Skielik kan niemand meer vooruit beplan nie. Net sodra jy dink jy kan asemhaal en jou beplanner nadertrek, is daar n nuwe struikelblok. Of die res van die wêreld is weer toegesluit of ons pop sommer skielik ons eie “strain” van die virus uit wat maak dat ander lande nie eers met n latex handskoen en ‘n masker, aan SA vat nie.

Sonder beplanning kom onsekerheid. En almal smag na die dag as ons net weer normaal kan leef. Heel waarskynlik kan ons weer normaal word. Maar wat as die plannedief n ander truuk gooi?

Ons word gedwing om planne saam met die badwater by die drein af te laat loop. Ons leer vinnig dat ons op ons voete moet dink. Dat ons op die meeste net vir vandag kan beplan. Dit maak ons onseker, benoud en bang.

“Many plans are in a man’s mind but it is the Lord’s purpose for him that will stand”

Planne beraam vir 2021 gaan dalk net jou tyd mors. Want ek dink dat ons nie vinnig terug gaan keer na die lewe soos ons gewoond is nie. Maar iets wat beslis nie jou tyd sal mors nie en wat jou gemakliker deur n onbekende jaar gaan vat, is Onvoorwaardelike vertroue. Vertroue dat ten spyte van protokolle, wette en regulasies wat vinniger verander word as wat n wind deur bome waai, jy nog steeds jou doel sal bereik waarvoor jy op Moeder Aarde geplaas is.

Dat jy nog steefs elke dag sal leef. Ten volle leef. Daardie dinge doen wat jy nou al hoe lank uitstel. Want jy kan net vandag doen wat jy toegelaat word.

Al het die dief ons vermoë om planne te maak en deur te voer kom steel, het ons die gerustelling dat ons n baie goeie en beter sekuriteit stelsel het….die geloof wat ‘n vaste vertroue skep. Ek het nie altyd daai een mooi begryp nie. Tot nou. Totdat ek besef dit gaan geloof vat dat als wel gaan uitwerk. Wat gaan maak dat ek vertrou dat dit wel gaan uitwerk.

Dat ek later net sal weet dat als nog steeds in Sy ewige plan is…die enigste plan wat niemand kan steel nie. En dis Sy plan vir my.

Glo en vertrou.

11 comments

  1. Woordnoot, ek stem so saam. Ek is n plannemaker. Die een met die dagboek en lysies. Nou is my dagboek nog nie eens geprint nie (ek maak my eie) en ek weet net ons gaan huis koop, ons gaan trou (die wat en hoeveel en wanneer moet nog kom) en ek gaan skoolgee (die sillabus moet nog kom). Geloof is my rotssteen.

    Liked by 1 person

  2. Woordnoot, ek wil so baie sê hieroor, daar is soveel dinge en ek is so moeg baklei oor die dief. Ek weet net wat my op het is die vrees wat die dief saai. Wat die dief my meer en meer leer is dat jy regtig net nou het, dat dit dalk is wat ons vergeet het. The power of now van Eckhart Tole is dalk tog baie waar. Dankie vir die mooi skrywe hiervan,🌻🌻

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s