Kerfie in disguise…

Die Goue vroue slaan vinnig toe. Hul het al geleer dat jy slaan n yster as hy warm is…(is daar ooit so idioom🤔)

Die arme man sit plat op sy alie tussen ons vroue. Moet sê….hy is nogal sag op die oog maar hy is hopeloos te jonk om n kersvader te wees. As ek skat…so begin 40. Onse diplomatiese Frannie tree vorentoe en ons almal tree saam.

“Jong man, ” vra sy in daardie sagte gesaghebbende stemtoon. “Wie is jy? Ons hier is vredeliewend en behulpsaam. Daarop kan jy reken as jy hulp nodig het. Maar ek moet jou ook waarsku dat ons groepie al n hele paar situasies deur is. Ons kàn onsself verdedig.”

Hy kyk ons almal so deur. Dit voel of sy oë langer na my kyk. Ysbloue oë. Maar nie kwaad of koud. Baie seer.

“Wil tannies nie asseblief sit nie dan vertel ek julle”

Kyk, as dit nie vir sy sagte melodieuse stem was nie het al die “tannies” hom bygedam. TANNIES!!! Maar iets in sy stem laat ons almal daar langs hom op die gras neersak.

“My bedoeling was nie om julle te bedrieg nie. Ek het regtig per ongeluk tussen julle beland. Ek kan sien dat hierdie n spesiale plek is. Selfs met die kersete fiasko kon ek agterkom dis anders want niemand was kwaad daaroor nie. Inteendeel..julle gegiggel oor als het my vir die eerste keer in jare spontaan laat lag. Toe het ek besef hierdie is n plek waar mens jouself kan wees. Daarom het ek die vermomming afgehaal. Ek sou julle vanaand als kom vertel het maar julle het my gebeat.”

Daar is n stilte oor Rebus soos wat daar lanklaas was. Selfs die diere maak nie boe of ba nie. Hy vat n stokkie en begin in die grond krap.

“Ek het nooit ingepas nie. Dit het altyd gevoel of ek ouer moes wees.”

“Mmm…” antwoord Toortsie. “An old soul”

“Dis net so Tan….umm Toortsie. Ek het gaan werk na skool en in daardie tyd my liefde ontdek. Sy was alles vir my. Ons was so gelukkig saam. En een dag het sy net nie opgedaag vir ons afspraak nie. Ek het haar net nooit weer gesien nie. Ek het vir die tyd daarna myself in my werk ingedwing. Die corporate ladder geklim. Drie keer afbetaal en elke keer weer net aangestel. Het nie n kind of kraai nie. En het vergeet wie ek is. Toe kry ek n brief van haar af…..sy lewe nog. Maar ek moet haar kry voor die 31e. Anders is sy verlore vir my vir altyd. Die vinnigste manier was om kersvader se slee te leen. Die gout het hom so plat hy was maar te bly dat ek in sy plek wou timetravel en die hele land wou sien. En toe val ek hier in en nou is als n gemors want ek weet nie of ek genoeg tyd gaan hê om haar te kry nie.”

Die Goue vroue is tjoepstil. Verstaan ons almal nie maar daardie soeke na iets of iemand nie?

Positief praat eerste. “Weet jy waar sy bly.?” Nou reën die vrae op hom neer. Hoe lyk sy. Hoe oud is sy. Waar was jul toe sy weggeraak het.

“Jong man…ons sal jou help. Daar is min tyd. Jy sal ons al die inligting moet gee. Gaan sit en skryf alles neer wat jy van haar weet. Ons gaan gou indaba hou met n tipsytertjie en dan kry ons jou oor n uur weer hier.”

Die ysbloue oë het nou n ander skynsel. …hoop.

En ek weet…hier kom n love story soos nog nooit..n regte egte krismis love story.

10 comments

  1. O goeiste WoordNoot, hier raak jy nou net so romanties soos onse Kameel was!!!!! Mensdom, dis baie opwindend om ń goue vroulike towerin te wees, en ons is beslis op ons beste as ons iets of iemand moet red of help soek!! Well done!

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s