Rebusfontein se invallende Kersvader

Hierdie hoofstuk vorm deel van die GoueVroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. 

Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/1109950914194acc97921a784266b3ec

Una het n deeglike lysie gemaak van pligte vir almal sodat Kersfees op Rebusfontein bietjie meer stigtelik sal wees as wat my regte Kersfees sal wees. (Ek weet nou nog nie waar en hoe ons Kersdag gaan verloop nie.) In plaas daarvan dat ek n werkie kry, kry ek die opdrag om saam met haar te loop.

Una is n sterk vrou. Sy laat haar nie sommer onderkry nie. En sy is omring deur sterk vrouens. So stap ek en sy weg van die ander Goue vroue wat dadelik wegspring met Una se to-do-lysies.

“Wat gaan aan?” Sy antwoord my nie dadelik nie. Dit lyk of sy eers haar gedagtes soos eendjies in n ry wil sit.

“Dis hierdie Kerfie. My sesde sintuig sê vir my dat sy hele invallery hier so beplan is. Iets is nie lekker nie. Ons twee gaan nou in daai slee rondkrap. Ek dink hy is n vervalste Kerfie”

Ek is stom. Hoe weet sy dit? Danie en Francis het mos een nag diep gesprekke gevoer. Danie vertel so terloops vir Una dat hy toe nou weer gisteraand vir Francis gaan soek het vir n chat. Dit was donker en hy het sy swart jamies aangehad. Toe hy om die slee wat nog onderstebo lê stap, sien hy iets raak. In plaas daarvan om vorentoe te stap het hy so sag moontlik geretireer terug in die donkerte in. En waargeneem.

Kerfie het eers sy lang rooi hoed stadig van sy kop afgehaal. Maar daarmee saam het die lang spierwit hare ook afgekom. Danie het eers gedink dat daai stukkie Tipsytert wat hy skelm opgelek het nou veroorsaak het dat hy skimme sien. Kerfie het sy baard afgehaal. Toe snak Danie so hard na sy asem maar gelukkig het Kerfie niks gehoor. Voor Danie se twee oge verander Kerfie. Hy is glad nie oud nie. So omtrent 40 plus. Die swart hare aan die regterkant is mooi boys cut geknip maar aan die linkerkant hang die kuif en hare lieflik lank. Kerfie het ysblou oë. Te danke aan kontaklense is sy oë bruin maar Danie sien daai twee blou oë kyk regdeur jou. Maar toe Kerfie die kussing uithaal wat veronderstel is om sy dik pens te wees en die rooi pak uittrek, het Danie omgevlieg en terug na Una toe gehardloop.

“So Woordnoot..ek en jy gaan uitvind wie en wat hier die Kerfie is. Danie sê hy dra silwer ringe en kettings en hy het baie tattoos. Wat as die kinders hom sien?”

Nou ja Goue vroue…as Una oo n mission is dan mission ons almal saam. Wie weet wat gaan ons hoor? Want onthou…ons judge nie hier nie. Nee…ons Goue vroue sal altyd eerder help voor ons net wegstap.

Ons is nou by die slee. Die ding staan nou weer reg en die geskenke is weer netjies gepak. Die rendiere vreet nog lekker aan die soet grassies. Maar waar is Kerfie????

11 comments

      • Ek sit lekker en giggel, WoordNoot. Hierdie undercover kerfie klink alteveel na ń oulike mannetjie wat jy net gister oor gepraat het! Ek wonder nou, dalk het ons weer ń verlore siel wat net bietjie tlc nodig het? Dit is mos darem kersfees, en ons goue vroue ken van gasvryheid.

        Liked by 1 person

      • Danie vergewe en vergeet gelukkig binne sekondes. Hy het moeilikheid genoeg om net sy eie logge lyf rond te karwei, so enige ekstra bagasie bly agter.

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s