Goue ore. Nuwe wêreld. Rasende Hase. Malkop koningin. Sjoe! Dit klink soos die kinder verhaal. Die Alice in Wonderland, behalwe dat hierdie nou Goue vroue is. En hierdie goue ore is vrek mooi, maar ai, die brein is al so bietjie stadiger. Maar ek hoor dat Haasjas regtig bang is. En ek hoor dat die Baas van hierdie wonderwêreld eintlik net baie eina het.
Lank terug het ek ‘n vrou, Lee Ezell hoor praat. Al wat ek van dit onthou was die woorde: Some women eat their pain. Some women shop their pain. En van toe af het ek dit raakgesien. Some women drink their pain. So duidelik is hierdie vrou ook n pyn. Sou dit wees omdat sy dalk ook soos Positief deur die tonnel geval het en gesien het sy kan hier baas wees? Maar hierdie wonder wêreld het nie so iemand nodig nie. Niemand van ons het nodig dat iemand ons probeer beheer nie.
Ek begin die vroue so een vir een deurkyk. Toortsie het die goue hande. Sy kan enige blaar in ‘n banting gereg omskep, vinniger as wat jy kan sê- Joseph Rogers (wat mos die naam van die beste mes ooit is…sê die manne) Sy kan dalk hierdie vrou se hart sag maak met ‘n lekker banting poeding. Dalk is dit die vrou se probleem. Sy het haar pyn geëet en is dalk te rond. Seegogga se vingers is baie meer goud as haar hande want sy kan binne kort tydjies ‘n hele muur met krismisrose beskilder. Dalk is dit die Kap-haar-kop-af-vrou se ding….haar pyn het gemaak day sy nie meer die mooi kan waardeer nie.
“Haasjas!! Waar de vet is jy?” Die geskree klink soos ‘n mishoring. Hy los ons net daar en begin hardloop. “Moenie beweeg nie! Julle word dopgehou” Hy skree dit so oor sy skouer as hy weghol. Ek kry my woorde op my tong.
“Julle ouens, ons is in ‘n wonderwêreld met ‘n baie siek vrou aan beheer. Ons moet haar help. Ek het dit gehoor terwyl ek en Positief saam met Haasjas geloop het. Maar hierdie gaan ‘n spanpoging wees. Ons almal is al deur die meule van die lewe en ons almal se harte is vol goud. Ons sal moet stem. Een van ons gaan die koningin moet sien. Haar uitvra oor hoekom sy so ongewild is.Wat het dit veroorsaak.”
My oog val op Una se goue hangertjie om haar nek. Sy dra al haar geliefdes in haar hart. Goue vroue ingesluit.

Sy sien waarna ek kyk…..”Ag nee, demmit Woordnoot! Hoekom moet ek altyd die snot en trane ding doen!” Sjoe, ek besef ek is op dun ys, en flippit, netnou val ek deur daai ys en dan is ons almal in Ice Age. Ons wêreld kan skielik kraak as daai mal eekhoring sy neut deur die ys kap! En ons verkies op die stadium nie in ys rond te gly nie. Christa het ons genoeg van gly op ys vertel.
“Unatjie…” Dis asof ‘n koor haar naam sê. Sy Sug en stamp haar voet. Met die stamp gee die gras pad en ons alml tuimel in nog ‘n tonnel af…en af…en af….Ons beland so een een bo opmekaar. Toe ons tot verhaal kom sien ons ons is in ‘n troonkamer. En op die troon sit ‘n baie maer vrou. Lang hare wat tot op haar voete hang. Mooiste gesig wat natuurlik beeldskoon sal wees as sy bietjie vetter was. Haasjaas staan langs haar. Hy bewe. Ons staan op en gaan staan kiertsregop voor haar.
Ons is mos Goue vroue wat al baie storms oorleef het. Hierdie kreatuurtjie eet ons vir ontbyt.
As sy haar mond oopmaak, hoor ons die mishoring in ons ore. So erg dat almal hulle ore toe druk.
“WEL? WAT HET JULLE VIR JULSELF TE Sê? GEE MY EEN GOEIE REDE WAAROM EK NIE JULLE KOPPE MOET LAAT AFKAP NIE.”
Dis wraggies Una wat vorentoe tree. Sy sien dat hierdie ‘n lekker bekgeveg gaan raak. Ons ander raakstil.
Una sal nou vertel.
Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en onverklaarbaar.
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/18c42a9034594a66af50994043145ea6
Wow! Wat ‘n storie! Una, ons staan agter jou.
LikeLike
Go Una..go!!
LikeLiked by 1 person
Jy het uitstekend geskryf.
LikeLike
☺
LikeLike
Dankie Toorts..sommer so tussendeur die blou maandag werkery deur
LikeLiked by 1 person
WoordNoot, my oë is baie groot gerek. Baie. Iemand wat ons koppe wil afkap… Alweer… Maar wat sê ons mos as ons diep in die moeilikheid beland? One for all and all for one!
LikeLiked by 1 person
Ja maar ons weet mos nou al dis n hulpkreet en nie rerig nie. Dalk het Fate gesien ons het red nodig toe gooi hy daai in Positief se oor.
LikeLike
Ons sal hier uitkom. Ons sal. Ons sal. Of sal ons? Mmmmm?
LikeLike
😂😂 Kopaf dalk, maar ons sal.
LikeLike
Jy gaan haar mos oortuig!
LikeLike
Ja Unatjie…jy gaan mos jou jare se ondervinding gebruik
LikeLiked by 1 person
Nee..niks van daai nie
LikeLike
Absoflippenluut!!
LikeLiked by 2 people
Flookit! Die Goue Vroue is briljant. Ek kan nie wag om te sien wat volgende gebeur nie.
LikeLiked by 1 person
Una gaan weer kom met n twist in de teil!!
LikeLike
😀😀😀
LikeLike
Ek self is erg beïndruk. Ek kan nie wag vir die volgende hoofstuk nie. Fantasie op sy beste.
LikeLike
Net so!😁
LikeLiked by 1 person
Ria, jy het so goed geskryf. Nou moet Una net seker maak ons koppe bly op ons lywe. Soos daai treintjie, ek dink sy kan, ek dink sy kan, ek weet sy kan
LikeLike
O sy gaan beslis….die goue vrou wat ons al uit baie situasies gered het
LikeLiked by 1 person
Sy moet net nie dat daai vrou haar goue hart en jou goue ore sien nie. Sy mag dalk jaloers raak! Oeeee hier kom ‘n ding.
LikeLike
Onthou die goud reflekteer wat in ons harte aangaan. Sy is dalk teen die einde heeltemal gerehabiliteer en dan het ou Haasjas niks wat hom rondjaag nie
LikeLiked by 1 person
Ek hoop so. Niemand kan onaangeraak deur die Towerinne bly nie. 😊
LikeLiked by 1 person
[…] toe ons wil begin onspan en dink dat ons koppe darem seker nie gaan rol nie, kyk Woordnoot verskrik op. Hier is fout! Die deurknop begin skielik fluister: “Wees waaksaam, wees […]
LikeLike
[…] wees nie, maar hierdie kelners wat so kwaai en aanvallend lyk, maak my ongemaklik”, sê Woordnoot. “Ja”, sê Sonell, “Is julle seker ons is op die regte plek? Dis darem grillerig […]
LikeLike