Skool nagmerrie

Ek het nooit gevoel om enige iets oor die Covid te skryf nie. Ek verstaan alles rondom dit, ek weet hoe siek mense word, dat mense doodgaan en dat daar baie paniek is. Dit sien ek daagliks in die gang hier buite my praktyk. Ek hoor dit aan die stemme, sien dit aan die lyftaal. Ek sien hoe die twee dokters heen en weer tussen hulle gesonde pasiënte en “waarskynlike “Covid gevalle deur draf. Ek sien die ‘wat as….’

Dis hoekom ek nie nog daaroor wil skryf nie,  Dis te “in my gesig” Ek wil nie hoor hoeveel mense nou al in Gauteng besmet is nie. Ek weet dis baie en ek weet dit gaan nog meer word. Ek wil nie hoor van wette wat ons die Staatskoerant gepubliseer word oor drie mense in een graf nie. Dalk is ek naief. Ek weet net dat Covid nie my dag en denke oorheers nie. Ek weet wel dat dit ‘n realiteit is en baie erg. My sus se seun het dit in die begin van die epidemie gehad en hy was baie, baie siek.

Ek het twee dogters wat onderwysers is. Die een is soggens al sesuur by die skool om die kinders wat so vroeg afgelaai word, se koors te meet en seker te maak hulle is oukei. Dis winter daarbuite en ‘n rugbyveld is nie die beste plek om vir een en n halfuur te staan nie. Maar sy doen dit. Dis haar werk. Haar roeping, haar passie. Die ander laai sesuur in die oggend al haar eenjarige seuntjie by Ouma af wat na hom kyk terwyl Sussa by die kleuterskool afgelaai word. Tussen ander maatjies, wat nie verstaan van ‘n afstand wat gehou moet word nie. Ook toegewyd, passievol.

Ouers het die keuse om kinders skool toe te stuur. En almal verstaan die moeilike situasie waarin ouers is as hulle albei nog werk het en niemand het om die kinders te kyk nie. Dis logies dat die skool dan die beste uitweg is. Maar dit lyk vir my sommige mense dink die skoolhoof besluit oor alles wat in die skool gebeur. Hulle verstaan nie dat skoolhoofde nie die baas is nie, maar slegs net klaas.

Ek weet hoe hard my een kind gewerk het om seker te maak dat hulle skool ‘n plek van veiligheid is. Ek weet hoe moeilik dit vir  onnies is om heeldag tussen klasse rond te stap met skootrekenaars, boeke en handsakke want hulle ruil mos nou klas. Die kinders sit elke dag op dieselfde plek wat vanmiddag as almal weg is, weer gesanitiseer word, reg vir die volgende dag.

Ek was uitasem geskok toe ek hoor van die epos wat ‘n anonieme persoon vir ‘n skoolhoof stuur.

Ek hoop n onderwyser en ‘n kind gaan dood, dan sal jy sien hoe stupid dit is om die skool oop te hou, jou …….

Wow! Tien uit tien vir jou! Dankie dat jy bydrae tot die moraal van onderwysers wat kort kort in die grond in wil daal, want hulle is ook vatbaar vir die siekte. Hulle kan dit dalk by jou kind kry wat dit op sy/haar beurt weer by jou gekry het omdat jy tussen mense werk wat die weer by iemand anders aangesteek het. Hulle noem dit die sirkelgang van die lewe.

Covid is so gevaarlik, meneer of mevrou. Mag jy nooit daai woorde sluk nie. Mag jy en jou familie dit gespaar word. Jy verdien nie eintlik om dit vry te spring nie, maar mag daar genade vir jou wees sodat jy nie ook’n statisitek word nie.

Ek haal my hoed af vir die skoolhoof. Alhoewel dit haar vreeslik seergemaak het en die personeel moes sukkel om hulle moraal hoog te hou, het sy hierdie anonieme skrywer geantwoord. Soos iemand wat al genade geproe en gesmaak het, ander sal antwoord.

Met “dignity”.

 

22 comments

    • My dogter en skoonseun en kleinbaba moes gister gaan toets nadat n vrou by my dogter se werk positief is. Skoonseun het sy lewe lank nog probleme met sy longe, so ek is woedend as mense sulke goed uitspreek.

      Liked by 1 person

      • Hier by ons het ‘n paar skole toegemaak. Die virus het nou goed posgevat in KZN en ek sien die regering meen dat die syfers hier by al die ander provinsies gaan verbyskiet. By ons shopping mall maak die groot winkels toe vir ‘n dag wanneer daar ‘n positiewe geval is, saniteer die perseel en maak na ‘n dag weer oop. Almal het al beurte gehad – vandag het Game toegemaak. Die arme personeel.

        Like

      • Ja ons apteek was ook vir 2 dae toe. Nogal die apteker wat positief is. Vandag het daar by my deur n tienermeisie gesit en huil van seer. En toe word sy naar voor my deur….mens sien hoe die virus onder deur die deur trek. Ek het so onopsigtelik as wat ek kon gespuit en gesanitize maar dit bly in jou agterkop….

        Liked by 1 person

  1. Ek s teleurgesteld dat ons vanaand moes hoor skole sluit weer. By my kind se skool het hulle baie maatreels in plek en daar was nog nie ‘n covid geval nie. My skoolkind skoolgaan net eenvoudig beter as huisgaan

    Like

    • Ag Abrie…ons kan kopstukke hieroor praat. Die las op die onnies word net meer. En die kinders kry swaar, want hulle isolasie is sleg vir hulle emoisonele groei.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s