Die-vlieënde-virusvlugtende-towerintent-hoofstuk-9

wp-15934272266158790432450771997872

Hierdie is nog ‘n Lê-Jou-Eier bloguitdaging wat deel vorm van die Towerinne se avonture.

Skakel: https://fresh.inlinkz.com/p/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

WoordNoot, neem oor asseblief, en met die woorde flip Una die muntstuk in my rigting. So asof sy jammer is dat sy dit weg moet gee. Ek is doodseker dat as ons eendag klaar getoer het, sy daai Kwien se silwerstuk weg gaan laat raak, soos daai keer in die Sammy Marks huis. Maar ek neem haar nie kwalik nie want dis ons behoud….hierdie toer wat ‘n cocktail is van bemoediging, drome, fantasie en pret.

Nietemin, dis my beurt om oor die Kwien se plat neus te vryf. Ja, dis verseker nou al plat want die gevrywery word ernstig opgeneem. En dadelik weet ek dat ek binnekort die mees ongewildste Towerin gaan wees. Ek probeer anti kloksgewys vryf in die hoop dat daar iets anders sal uitpop, maar nee, die flippin Kwien drop my soos ‘n vrot vel. O hemeltjie….ek sal maar my bedankingsvorm teken en saam vat, want kwaai gaan een of twee of dalk die hele bondel vir my wees. Veral nou!! Ons is mos eintlik veronderstel om pret te he? Ek oorweeg om die muntstuk aan te paas vir Toortsie, maar nee. My beurt is my beurt!

Al die Towerinne sit gestewel en gespoor vir ons volgende toer. Om mee te begin, moet julle weet dat die vlugtende towertent se kontrole paneel soos die lyk. Daar is meer knoppies en liggies as jou kar en elkeen het ‘n spesiale funksie. Nou die derde een in die vierde ry het ‘n baie unieke funksie. Dis nou op die linkerkantste monitor wat net regs kan draai.

Airbus A380 Panel for FSX

Daardie knoppie maak dat die Tent oplig sonder dat enige een dit agterkom. Die glasies met die Frangelico rittel nie eers nie. Hulle is in elk geval nog so in vervoering oor die kimonos en klein voetjies. Ek sien Vuurvliegie kyk my so effe snaaks aan. Ek is so seker sy weet dat ek bitter onseker voel op daardie oomblik. Damn! Hier kom sy, en nou moet ek net braaf bly al bewe my broek (ja, ek het ‘n wol pentie aan) “Hoekom lyk jy so benoud,” vra sy, reguit op die man af. “Ek is seker hulle gaan my fire” Sy lag net en klap my op my skouer. “Ek dink nie jy hoef te worrie nie.” En woerts, daar gaan sit sy tussen die ander. Ek lees toe nou maar die kooridnate in, en wag. Die volgende oomblik gee die tent so effense skud en ek weet, ons het geland. Asseblief, bid ek woordeloos laat dit net nie Christa wees wat eerste uitloop nie!

Vliegie kom tot my redding! Ek moes geweet het sy sal iets uitdink. Sy rits die tent oop en loer uit. “Goeie hemel Woordnoot, nou sien ek hoekom jy so benoud is.” Sy tree uit en die ander volg. Doodse stilte. Die toneel wat ons inwag is beslis nie wat hulle verwag het nie.

“Dis nie Kazakstahn nie,” sê Christa dadelik. “Die sneeu lyk anders.”

“Nee, dis nie. Ons is nou in Lapland. Vader Kersfees se valley. En ek is so jammer dat ek julle nou in hierdie tyd bring, siende dat ons self so amper gedooi het van die koue by die huis.” Ek voel maar bedremmeld.

Kapow! Die sneeubal tref my teen die kop. Bondels duik al weer af om nog ‘n sneeu missiel te bou, maar ek laat waai dadelik met ‘n terugslaan. Kort voor lank vlieg die sneeuballe heen en weer en die Towerinne skree soos hulle lag. Onbewustelik vorm hulle twee spanne en toe is dit nag! Ek is so bly ek het daai maxi ding aan wat die Oom so verkeerd gekoop het want van die lag begin die lekkery.

Die gejil bedaar toe ons kloppity klop hoor. Ons vervoermiddel het opgedaag. Ek voel nou al bietjie beter. Positief is eerste by. Sy is mos nou die plaasmeisie onder ons, Maar wie kan daardie gevoelvolle bruin ogies weerstaan? Bondels begin sommer kliphard sing. “Rudolf, the red nose reindeer…tralalala… Daar staan die rendier slee en wag. Ons bondel almal in. Trek die dik pelse tot onder ons kenne!

“Joe,”se Una. Dit voel asof dit Krismis is! Die ritmiese skommel van die slee en die varsheid van die lug laat ‘n sagte stilte oor ons neerdaal.

“Die eintlike rede dat ons hier is, is om die Aurora Borealis te sien. Onthou, dis nou herfs hier en dis die beste tyd om die naglig te sien” Almal praat nou deurmekaar. DIe rendiere trek ons tot by ‘n restourant. Ons gaan nou eers Laplandse kos eet. Christa eet nie perdevleis nie, en ek kan nie onthou wat die ander se kosfiemie is nie, so ek hoop maar vir die beste. Ek stap so ewe braaf voourit en sê vir die bestuurder. “Table for fourteen, please.” Eers nadat ek dit gesê het, wonder ek of ek reg getel het. “Toorts, tel asb gou. Jy is mos goed daarmee.” Maar Toorts staan klaar met die spyskaart in haar hand. After all bant sy mos, wie weet wat is hier wat sy kan eet?

“Kyk wat het ek saamgebring! Positief is duidelik in haar skik met haarself. Sy maak haar groot lapsak wat sy nog in Bali gekoop het oop, en haal drie bottels Frangelico uit. “Ons moet onsself teen die koue beskerm, girls!” Sy giggel terwyl sy die glase volgooi. Una is nie links nie en gryp die ander bottel en begin van die anderkant af vol maak. “Ek hoop daar is nog, want ons gaan dit vannag nodig kry as ons wil gaan slaap!” Ek verkyk my aan hoe versigtig elke Towerin eet. Die groente en vrugte en selfs soetgoed gaan maklik af, maar die vleis word versigtig gedissekteer en geproe. Maar hoe warmer ons word van die engelkiepipi hoe meer waagmoed kry ons.

Die ete is verby en ons kan nou elkeen bietjie gaan doen wat ons dink lekker sal wees. Hester het klaar gesien waarmee sy haar middag gaan omkry. Sy gesels so onderlangs met die bestuurder wie se van nogal Krism is. “Sou dit ‘ afkorting wees van Krismis”, wonder Frannie so in ‘n geheimsinnige stem. Maar voor ons te veel kan wonder oor die snaakse van, waai Hester by ons verby. Laat my dink aan daai liedjie – stok en hoed, pas haar goed….Sy het so ewe ‘n metgesel saam met haar om aan haar die”boor in die ys” visvang truuk te wys.

Hester se visvang partner

Positief, Virgo en Frannie het ook klaar hulle besluit gemaak. Maar hulle kort een, en voor ek nog iets kan sê, staan Bondels ook daar. A nee a, sê Una, ek wil ook gaan. Maar dan kort ons weer iemand want daar is ses! Kameel laat waai tot sy tussen hulle staan. Die ses gaan nou groot pret beleef!

Towerinne se power sleighs

Toortsie en Seegogga bestudeer die bord waarop al die aktiwiteite aangebring is.” Ons moet ten minste iets try’ sê Seegogga. Ons sal nie gou weer hier uit kom nie. Wie gaan saam? Sy wys na die prentjie toe en ek wonder of sy ooit ‘n mede deelnemer gaan kry. “Jip, ek gaan!” Toortsie en Seegogga verdwyn in die kamer in waar hulle spesiale uitrustings aan trek. “Geen virus sal nou naby julle kom nie,’ spot Vuurvliegie. En daar gaan die twee. “Ek gaan saam stap en ‘n foto van die twee neem, en dan gaan ek bietjie mooi goed soek om af te neem.” Perdebytjie se kamera is mos altyd by haar. Minute later stuur sy vir my die foto van die twee. Waddehel, soos Hester sou sê.

Toorts en Seegogga doen die ys dryf ding

Net daarna stuur Perdeby die mooi fotos

Ek, Vuurvliegie, Christa en Aalsie durf die sauna aan. Hierdie keer het ek die Frangelico byderhand. Maggies…ons het baie moed nodig. Na die eerste glasie ‘dare’ ons mekaar om te kyk wie is eerste in. Aalsie besef sy moet nou oë toemaak en inspring, dis per slot van sake haar eerste toer. Sy word ontgroen. Bewend (want die koud!) klim sy eerste in. “Kom vinnig, dis fantasties!” Ons laat nie op ons wag nie en klim gou in die hout sauna.

Frangelico, sauna, sneeu en goeie geselskap.

Die klomp Towerinne het hulle almal gate uit geniet. Dis nog lank voor die naglig verskyn en ons gaan eet weer. Die keer is die restourant vol Laplanders en kort voor lank hou ons almal partytjie. “Is dit Una wat daar op die tafel dans”? Aalsie se oë is pieringoog. “Jip, dis sy. Maar sy gaan sowaar nie alleen daai ding doen nie. Ek wag nou al jare om dit ook te doen.” Ek sluk my pink gin weg en toe Una weer kyk dans ek saam met haar. Dis te gou verby en ons gids het sy hande vol om ons in die sleë te kry om na die beroemde naglig te gaan kyk. Maar toe ons dit sien is dit asof elkeen in haar eie stilte wegraak. Die so mooi. Mens wil net kyk en kyk en in daardie lug inklim.

Dis slaaptyd en ons beweeg na ons slaapplekke toe. Nog steeds in vervoering. Ons ry verby die regte sneeu igloos toe maar toe ons sien waar ons moet slaap, hou ons verby. Regtig, mens kan net soveel sneeu hanteer. Vra maar vir Christa.

Uiteindelik kan ons almal tot ruste kom. Dis n oe en aa, want sjoe! Dis uit n ander wêreld.

Niemand het geslaap nie. Almal het net deur die nag na die helder sterre gestaar. Verwonderd. Dis ‘n klompie betowerde Towerinne wat terug klim in die tent. Ek druk die groen knoppie aan die onderste meter se regterkant. Die tentvloer raak deurskynend. Hoe hoër ons oplig en hoe verder ons van die wit sprokie af weg vlieg, hoe gemakliker keer ons terug na die vrolike chitchat.

“Enige iemand vir Frangelico?” Seegogga is besig by die bottel.

“Ja, asseblief!” koor almal saam. ” Met eish, asseblief,” kom dit van Positief. Ek het nog steeds die muntstuk in my hand. Ek draai om en stamp per ongeluk vir Toortsie raak.

“Toortsie,die Kwien roep jou……”

59 comments

  1. So,so mooi en oulik geskrywe oor ‘n mooi wêreld en lekker pret. Oe daai sauna en heerlike kos en pelse en sleeritte en en die hemelse ligspel. Ek lees en kyk en kyk. NS.Ek hoop tog Vuurvliegie kom uit haar snaakse gedrag, sy sal jou skouer baie eerder ‘n drukkie gee as klap of klop, sy haat klap en klop met ‘n passie.😉 en hoe bly is ons oor die wolpênties nè🤗🤣

    Liked by 2 people

  2. Miskien wil Aalsie n bottelhuisie bou? Of pynappelbier maak en verkoop as swartmark Franjeliko? O Woordenoot, hierdie trippie was WONDERLIK en manjefiek beskryf! Heerlike sneeuspeel, pragtige Nothern lights, mooiste sterrehemel… en ‘n slee getrek deur egte takbokke…. Ek wil graag weer gaan .Ons moet vir Kersvader n botteltjie Franjeliko gaan gee.

    Like

  3. Ek het dit baie geniet, die sneeu is inderdaad pragtig. En raai wat? as dit so droog warm hier is dat my keel daarvan seer raak, dan sal ek maklik die koue bo die hitte verkies. Net nie weer so koud soos in Ust nie. Die geen slaap was lekker, sal my ure verkyk aan daardie ligte. Wou dit nog een maal gaan doen. In ‘n vorige lewe … nou het ek.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s