Breek kas

‘n Eenvoudige opmerking op n whatsapp bring skielik die herinneringe mee van ‘n breekkas. Ek kon nooit in konflik situasies my sê sê nie en toe leer ek dat om iets te breek en daarna die stukke op te tel, vir my terapeuties is. So deel ek die raad uit aan almal wat voel soos ek.

Ek ontmoet ‘n pragtige paartjie. Sy is blond met die mooiste vel. Ver geleer in haar beroepsrigting. Hy is n wonderlike man. Ongelooflik fyn ingestel op al haar behoeftes. Die perfekte paartjie. Ons ‘bond’ en raak baie geheg aan mekaar. Hulle is so 10 jaar jonger as ons maar ek en Pieter love hulle. Hulle is al 5 jaar getroud maar daar is nog geen kiddies nie.

Een oggend bel hy. Sal ek asseblief n draai by haar kan maak deur die loop van die dag. Sy voel nie lekker en het een van haar migraines wat haar heeltemal onkapabel maak. Ek belowe ek sal en ry later na haar toe. Ons was al n paar kere in hulle huis. Ek moet sê dat die binneversiering en hulle twee se persoonlikhede gebots het. Ek love antieke meubels maar die hele huis het geskree ten hemele…”dis nie wie ons is nie. Sy is in die spaarkamer wat lyk soos iets uit n Franse herehuis. “Hoekom is jy nie in jou bed nie?” Ek is verwonderd.

“My skoonma sal n hartaanval kry. Volgens haar slaap mens net saans saam met jou man in jou bed.” Ek kan ‘n bitch wees en kommandeer haar dadelik op na haar kamer toe. Ek trek die duur deken af en glimlag toe ek die bont kombers sien. Wraggies!!! Hier weggesteek onder duur ingevoerde dekens is iets prettigs wat die twee se werklike persoonlikhede wys. Ek laat haar inklim, gaan maak tee en vat sommer die kristal houer met die beskuit saam kamer toe. Klim pens en pootjies op die bed. Mense, dis asof vrees haar toesak.

‘n Baie lang storie baie kort. Skoonma. Sy het haar enigste seun baie in voeling groot gemaak met die vroulike emosies. Hy verstaan haar emosies ten volle. Daarom dat hy soos Adam is.(Die proto tipe…die res is mos massaproduksie daarom is daar so baie flaws). Hulle was albei maagde met hulle troue. Toe hulle in die hotel is en mekaar moet ontdek, vat hy sy baadjie en loop. Sy slaap op die bank, totaal verward. Met rukke en stote kom die storie uit. Sodra intimiteit ter sprake kom, is hy in absentia. Sy soek die fout by haar. Lê nagte en wroeg of hy gay is. En die huis wat hul trougeskenk was van skoonma ( gemeubileerd soos wat sy daarvan hou) dra by tot totale ongelukkigheid.

Ons begin weekliks praat. Ek gaan na haar toe en dan gaan sit ons soos 2 stout kinders op die heilige bed en vreet als wat sy het op daai wit deken (wat vrek mooi was). Eendag noem sy so terloops dat sy ma vir hom van baie jongs af gewaarsku het. Meer as een keer per week. “E…, hou jou ding uit gate uit dan bly jou gat uit dinge uit” . ‘n Onskuldige waarskuwing wat hy van 6 jaar af gereeld gehoor het was die rede dat hierdie oulike man nie normaal kon optree nie. Toe ek die dag vir haar sê dat ek oortuig is dat dit is waar sy kop ‘n skewe prentjie gekry het was sy kwaad. Toe stel ek voor ons gaan soek iets wat sy kan breek. Sy moes van daai opgeboude woede ontslae raak. Sy storm eetkamer toe, ruk die kas se deure oop en vat die borde van sy ouma se eetstel. Toe moet ek keer!!! Nie omdat ek wou hê sy moet kalmeer nie maar ek kon sien dat hierdie antieke stel baie geld werd is en omdat ek van oudhede hou, wou my hart breek.

Ons is toe kombuis toe. Daar het ek haar gelos. Ek het tee gemaak en gekyk hoe sy goed breek. Want sy moes die woede uitkry. Toe die brekery verby is het ek vir haar die besem en skopgrafie gaan haal. Die wal het gebreek en sy het haar seer uitgehuil tussen die glasskerwe en bloed deur.

Hulle het ‘ n jaar later New Zealand toe getrek. Hy het berading gekry. Hulle huisie daar was een malse bont moderne huis. Twee pragtige kinders. Blonde seun soos mamma, donkerkop skoonheid soos Pappa.

Dit klink simpel, maar dalk moet meer van ons soos Vuurvliegie se ma, ‘n rakkie hê met gechipte koppies of borde in. Dalk sal ons dalk huwelike red, verhoudings herstel en vrede kry.

15 comments

  1. Ai Woordnoot, dit is ‘n spesiale storie die. Ek ian myself nie sover kry om goed te breek nie. Ek dink ek het een keer probeer, maar toe ek die kinders se gesigte sien, het ek geweet dat ek ‘n baie, baie onverstandige ding gaan doen. Want hulle boudjies sou brand as hulle my voorbeeld volg. Ek het een aand so jaar of tien ter8g by ‘n Griekse restaurant saamgedans en ‘n bord gebreek. Dit het baie, baie verkeerd gevoel. Ek kon net een van die borde breek, al het hulle nog aangegee.

    Like

  2. Ek is mal oor hierdie storie. Ek onthou hoe ek glase gebreek het, baie jare gelede. Elke glas wat ooit alkohol bevat het in my huis het in die tuinpaadjie by die voordeur aan skerwe gespat. Alkohol is tot vandag toe verbode in my huis en ek besit nie glas-glase nie – jy moet koeldrank of water drink uit stainless steel of plastiekglase 🤣🤣 Ek ly aan drankverwante PTSD (is daar soiets?). Ek het deesdae niks teen drank nie, solank dit net nie in my huis instap of in my gesig asemhaal nie. Dis die glase wat my humeur trigger. Ons drink wel af en toe bier by die strandrestaurant uit hulle glase wat van glas gemaak is.

    Like

    • En dit nogal so kommin sê ding, iets wat ek nooit sou kon dink dat dit uit haar mond sou kom , jy weet. Mevrou dokter….. sy was goed oppad. Maar my kommin sense het ingeskop. En die beste van als was dat sy n hengse klompie geld gekry het vir die eetstel toe sy begin verkoop vir die trek….

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s