As jy beTOWER word…

701 Best Beautiful Fairy Art images | Fairy art, Beautiful fairies ...

My Towerin verhaal begin met ‘n hengse draai. Ek het aan Vuisboek groepe behoort wat gefokus het op digters en skrywers. Maar die enigste rede dat ek so besig met hulle geraak het, is omdat ek ‘n internet radio prgoram weekliks uitgesaai het waar ek gedigte en kortverhale voorgelees het. Ek het gesien daar is weekliks uitdagings om kortverhale te skryf. Ek is nie ‘n skrywer nie maar daar het die gier my beetgepak om deel te neem. En dan, gewoonlik so ‘n paar uur voor afsny datum, skryf ek ook n uitdaging storie en plak dit. So het dit dan gebeur dat ek ‘n prys gewen het en ‘n kortverhaalbundel kon saamstel met my “stories” in. Maar as daar nie ‘n uitdaging is nie, is ek lui. En natuurlik is die Vuisboekk lede nie almal baie nice met mekaar ne. Dis verstommend om te sien en te beleef hoe lelik daardie mense met mekaar is. Nou nie almal nie, maar joe! Die son sukkel maar om op almal te skyn in daardie wêreld.

So lees ek Una se blog op Facebook wat sy geskryf het oor ‘n gesamentlike vriendin. https://travel4601.wordpress.com/2017/10/20/weke-gelede-al-het-ek-jou-remove-jy-volg-my-blog-nie-meer-nie/

Ek antwoord haar daarop, en tot vandag kan ek nie onthou hoe dit gebeur het nie, maar toe ek my kon kry het ek op WordPress gaan registreer. Op daardie stadium was my program se naam “Met woord en noot” en toe kort ek dit sommer af na Woordnoot toe. My eerste blog was in my eie oë ‘n reuse flop en ek het maar gesit en wag vir die Facebook tipe kommentare. Op 15 Februarie 2018 skryf ek “SO..” En daar ontmoet ek vir Perdeby, Kameel, HesterLeyNel, Toortsie, Trommeltjies en Rondomtaliedraai en nog ‘n hele paar. Natuurlik danksy Una wat die cheerleader was. En as ek so terug rol en sien waaroor en wat ek al geskryf het, is dit soms moeilik om te glo dis my eie werk.

Towerin uitdaging

Soos ek genoem het, het uitdagings die manier om my woorde los te skommel waar hulle in boksies lê en stof opgaar. Ek het natuurlik die Toweropstal gaan lees, soos ‘n vervolgverhaal en kan dit aanbeveel vir enige iemand wat blou of af voel. Dis die beste medisyne ooit. Toe die lys uit kom waarop ons moet aandui of ons gaan deelneem was ek eers huiwerig. Ek skryf saam met groot skrywers hier. Nie dieselfde kategorie as Facebook skrywer nie. Regte egte skrywers. Maar die opwinding om deel te wees van die giggelgroen bus was net te veel en ek het boots and all ingeklim en so my titel as Towerin Woordnoot ontvang.

Hoekom betower dit ons so?

Vir mense wat mekaar maar glad nie ken nie is dit ‘n wonderlike cirriculim-vitae ) wee…ek weet nou skielik nie van die spelling nie!). Dis omdat daar in die tye wat ons vandag in leef, nog net soveel omgee is tussen ‘n klein groepie mense. Ek het nog nooit een woord van afjak, kritiek, baklei of enige lelikheid ervaar nie. As iemand nie saam stem oor ‘n skrywe nie, bly hulle eenvoudig net stil en volgende keer lewer hulle weer kommentaar. Nie een van die Towerinne is daar op uit om mee te ding met ‘n ander en neeerhalend te wees nie. Ons lees en kyk dit mis wat wat ons nie aanstaan nie of waarmee ons nie noodwendig saam stem nie. Maar ons laat die son skyn, in sy volle warm geel glorie oor elke ander mede towerin. En ek kan nie wag vir die dag as ons mekaar uiteindelik kan ontmoet nie. Wie weet, dalk moet ons sommer Zoom sessie reël. Maar dalkies vat dit net die betowering heeltemal weg. Want ek dink dis ook hoekom dit so sukses is. Ons weet net genoeg van mekaar. Genoeg om genade en wysheid uit te deel.

En ons dra mekaar. Almal van ons het al die afgelope tyd deur dik en dun gegaan, deur plig of plesier. Ons ry saam die lewe se wipplank. Vandag blink, more stink. Die week kreef en sjampanje, volgende week toast en jam. Vandag verloor ons iets, more vind ons n skat.

Aan elkeen wat die Towerinne van Rebusfontein aan die gang hou en soms hard uit die kokon van lekker self jammerkry skop en ons verplig om deel te neem, julle is super heroes. Julle weet net wanneer en hoe en ek is ongelooflik dankbaar dat ek deel kan wees van dit. DIe egtheid van hierdie groep het my laat onttrek van Vuisboek se kunsmatigheid. Want hier is ek veilig. Ek kan Martie Martelgat wees of Sannie Sonskyn.

Lank lewe die Towerinne!

Nog Towerin pret is by die onderstaande skakel te lees:

https://fresh.inlinkz.com/p/a0c98db4df894be6921458c62165d987

20 comments

  1. Jy weet jy is vir ons kosbaar, WoordNoot. Jy is heel dikwels ook die een wat ons in voeling hou met ander se seer, ons daarop bedag maak dat daar ouens daarbuite is vir wie ons deur ons woorde iets kan beteken.🌹🌹🌹

    Liked by 1 person

  2. Ek stem saam, Woordnoot, jy is baie spesiaal. Ek het so gevoel toe ek die eerste keer gevra is of ek saam wil skryf. Genugt8g, my bene het nog nooit in my leee so gebewe nie, maar ek moes dit doen. Onder luide toejuiging. En ja, ek weet wanneer ek die pad byster geraak het, dan is die kommentaar min. Maar lelik is die toewerinne nooit nie. En daarom voel ek so veilig onder ons groepie vrouens.

    Like

  3. Ek onthou jy het saamgery op die giggelgroenbus en ons sommer by ‘n nudistekamp laat stop. 😂😂😂 Arme Lorenzo het hom so geskaam oor daardie twee omies. Jy het my al lekker laat lag Woordnoot en ek is bly jy het op die bus geklim.

    Liked by 1 person

    • Dankie Frannie, soms grens my insig aan waansin….soos in hierdie geval. Waar sit jy met skoene en sjokolade koek op n bed met ingevoerde dekens van iewers ver af? Gelukkig kon die droogskoonmaker dit mooi kry….ek het die rekening betaal

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s