Hier is die elfde hoofstuk van ‘n nuwe bloguitdaging : Die storie oor die Towerinne en Coronanmouna. Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm hier: https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9
Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te
NB!Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
Onthou ook die addisionele reëls vir vervolgverhale – (1) wag jou skryfbeurt af, (2) wanneer ‘n nuwe blog geplaas word en jy is volgende aan die beurt – gee net eers ‘n dag of wat kans sodat almal die blog kan lees en kommentaar lewer voordat jy jou bydrae plaas en (3) plaas jou bydrae binne die volgende drie tot vyf dae sodat ons nie die vloei van die verhaal belemmer nie.
Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is:
https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017

“Welgedaan Towerinne, Plan A is suksesvol afgehandel” Erna se blydskap oor die plan so goed gewerk het, werk aansteeklik in op ons waar almal met hulle eie susmiddeltjie sit. “Broodina is hier weg en nou dink almal ons Towerinne is net ‘n wanordelike klomp vrouens saam, maar NIEMAND MORS MET ‘n TOWERIN NIE! Broodina het hook, line en sinker geval. Hoe daai girl ‘n joernalis geword het, weet net Klem de Kaak. Met haar uit die prentjie kan ons nou fokus om Una te gaan bevry. Die plan om die twee ‘rogue’ spinnejakke Arach en Nida uit die pad te kry het, het dalk nie heeltemal uitgewerk nie, maar ten minste weet ons Arach is beslis dood. Arme Camilla is nog steeds, nes Toorts en Kameel, onder een of ander invloed van iets en in skok.”
Vir ‘n paar minute is daar ‘n doodse stilte. Almal beleef weer deel een van Plan A. Perdebytjie het voorgestel dat ons al die spinnekoppe vang en steriliseer. Die probleem is dat Arach en Nida so groot soos huise geword het. Coronamouna het gehoor van die Franjeliko en sy en Arach en Nida het dit gaan soek want hulle wou weet waaroor gaan die bohaai. En omdat dit soos engeltjie pipi proe het hulle elke keer terug gegaan om meer te proe. Coronamouna kon hulle nie meer beheer nie.
Positief besluit toe om op Kosie, die robot se rug te klim en dan met behulp van Scrapy se drone, na die twee belhamels te gaan soek. Sy het ‘n moewiese kênfroet bottel by haar gehad, vol SANITIZER! Frannie het saam op Kosie se rug gespring want sy is mos ‘n ou biker en iemand moes Positief vashou terwyl die aanslag vanuit die lug geloods word. Die groot ‘spinnekopjagter’ was toe al die tyd twee Towerinne. Christa het die robot en die drone met die kontroles, nes iemand wat gereeld op Xbox speletjies speel, reguit na Arach toe gestuur En dis al wat Broodina gesien het toe sy daar weggejaag het. As sy ‘n regtige, egtige joernalis was, sou sy nie so vinnig pad gevat het nie.
“Wat is Deel twee van Plan A?” Bondels is duidelik angstig om Una uit die spinnekoppe se kloue te kry. Die diere wat spioeneer kom vertel dat dit moeilik met Una begin gaan. Niemand antwoord haar nie. Almal dink kliphard aan ‘n plan. Una moet loskom, vannag nog!
“Watse natuurlike vyande het spinnekoppe?” Vuurvliegie praat eintlik met haarself terwyl sy in haar glas whiskey staar. “Akkedisse, verkleurmannetjies…” Perdebytjie wil nog verder praat toe gee Christa ‘n onaardse gil. Amper donner ons almal na benede want die nerfies is maar dun! “Verkleurmannetjies!!!… waar’s my foon! Chris Chameleon, julle ouens! As Chris ‘n paar honderd verkleurmannetjies bymekaar kan kry, vreet hulle hierdie spul lag lag op!” Sy bel sonder om eers te hoor wat ons dink en wonder bo wonder, antwoord Chris dadelik. Dis net hande soos Christa beduie en sy praat so vinnig dat ek heeltemal tred verloor maar aan die breë glimlag op haar gesig kan ek sien die nuus gaan goed wees.
“Scrapy, Chris vra dat ons dadelik die vuurpyl stuur. Hy kan binne een uur ‘n hele paar honderd chameleons bymekaar kry.” Christa se entoesiasme laat ons almal sommer dadelik naderskuif na die tafel. Nou gaan die beplanning in alle erns begin. Perdeby is ekstaties! “Wie gaan my help om sanitizer in klein balletjies te rol? Dan gee ons vir elke verkleurmannetjie een om op sy tong te sit. Sy tong skiet uit, gryp die spinnekop uit die lug uit en dwing hom om die sanitizer te eet. Sodoende steriliseer ons die hele boksemdaais!” Scrapy en Christa stem in en die drie is dadelik vort om te gaan bolle rol.Hulle doen dit somme so deur die navigasie van die vuurpyl deur.
Vuurvliegie moes groen grassies in haar whiskey gegooi het want mens kan sommer hoor hoe werk die ratte in haar brein. “Virgo, jy is in beheer van die hospitaal. Jy weet alles van social distansting, umm..distan, ag liewe hemel, ek kry nie die woord reg nie! Distansting, nee. Dis verkeerd. Distancing! Yes! En niemand kan jou leer van maskers en hazzmat suits nie. Jy sal asseblief ‘n natuurlike middel moet kry om ons drie slapende katjies weer wakker te kry. En dan, as ons Una inbring, moet jy reg staan. Jou Ouboet slaat jou plat as sy vrou iets oor kom.”
“Vuurvliegie, jy en Bondels en Seegogga sal Una moet gaan red.” Hester is baie bekommerd oor Una. “Bondels,jy gaan haar moed inpraat. Vliegie, jy gaan skyn soos nog nooit en Seegogga….jy gaan met jou knypers elke spinnedraad lossny.” Sy het nog nie eers klaar gepraat nie, toe trek hulle al hulle reddingsbaadjies aan en daar trek hulle!
Sonel trippel op en af. “Ek gaan solank die equipment regkry om hulle almal te skrop van enige spinnekopdrade of swart en taai gommerigheid. Ek het so lanklaas kans gehad om iemand mooi te maak, ek spring sommer deur die dak!” Sy sluk die glas wyn met een teug weg en maak dit ie glas gou weer vol.”‘n Mens beplan net beter as jy kalm is”, sê sy so ewe en woerts! Weg is sy. Mens hoor net goed rondskuif. Intussen slaap Toorts, Camilla en Kameel soos drie babakatjies. Inmekaar ingewurm. Hulle maak net soms sulke klein geluidjies. Ons weet dus hulle is nog met ons. Tannie Frannie sit by hulle en lees vir hulle uit haar boek uit. As sy ophou, raak veral Toorts, bietjie angstiger.Dis op hierdie oomblik die beste medisyne….slaap.
Ek, Positief en Hester het oorgebly. “Ons moet daai Nida gaan soek.” Positief is beslis reg om weer op Kosie te klim. ‘n Vrou wat met bokke boer, bang niks. “Wel,Christa en Scrapy is besig met die vuurpyl en Kosie, so kom ons drie vat die drone en dan gaan soek ons vir Nida. Ek dink in elk geval hy of sy is die lafhartige een van die twee. Ek meen, met so naam?” Ek klink baie dapper, maar my broek bewe maar bietjie. Onthou, die Doom het toe mos niks aan een van die spinnekoppe gedoen nie. En ek sit met kaste vol. Wonder of Takealot dit sal terugneem?
“Nou waarvoor wag ons?” Hester gryp haar reddingsbaadjie en die drone en en ek Positief is agterna.”Dit help nie ons red net vir Una maar die eintlike skuldiges loop rond nie.Vannag gaan alle orde op Rebusfontein herstel word. Dis ons veilige plek.” Hester voel duidelik nog nie baie lekkere na die geisoleerde sinus operasie nie.
Positief manoever daai drone soos ‘n wafferse pilot. “A, nes ek gedink het. Nida sit heerlik veilig saam met Coronamouna in die huis. Kyk net hier….hulle suip sowaar Frangeliko.Wie gee hulle die reg om die Towerinne se gunsteling drank te misbruik.???” Julle, dis asof ‘n heilige woede ons drie beetpak. Dis nou klaar! Coronamouna en haar spinnekoppe se plakkery hier op Rebusfontein het so pas tot ‘n einde gekom.
Hester swoesj met die spoed van ‘n wilde perd verby ons, reguit na die deur toe. Ek en Posief kyk na mekaar, maar die volgende oomblik hamer sy aan die deur. CORONAMOUNA!! MAAK OOP HIERDIE DEUR!
Hester gaan verder vertel wat toe gebeur het. Kon die ander Una bevry? Het sy daarin geslaag om Corornamouna te verjaag?
Joe! Ons hét darem uitstekende skrywers hier. Ek is skoon uitasem gelees. Welgedaan!
LikeLike
Ag dankie Toorts!
LikeLike
Sjoe, die avontuur raak al hoe meer ingewikkeld! Welgedaan Woordnoot!
LikeLike
Whoohoo, puik Ria. Die storie drafstap nou. Ek sal net iets aan my drink en rook gewoontes moet doen…🙊🙈🙉
LikeLiked by 2 people
Ag nee wat Erna…..dis mos net Vliegie wat so nu en dan uithaak!
LikeLike
‘n Toemond is ‘n heelmond sê “hulle.” Dis net dat daardie whiskybottel bietjie vinnig sak. 😇
LikeLike
Kameeltjie…wat op Rebus gebeur, bly op Rebus…hahaha!
LikeLiked by 1 person
Ek is bietjie bekommerd oor Vuurvliegie se lewer.
LikeLike
Ek dink darem sy is ok….die groen grassies werk mos vir enige skeet
LikeLiked by 1 person
Hou my dop dop?🤣🤣🥃
LikeLiked by 1 person
Nooit gesien nie….jy is mos ‘n verantwoordelike Vliegie
LikeLike
Hehe. Dankie Woordnoot, jy het my skryflus hier los gewikkel met jou puik hoofstuk. 🏆🎖📚✏
LikeLike
Weet jy, dis hoekom ek so van uitdagings hou. Ek sê net Vrydag vir iemand dis volgende my beurt en ek weet nie wat ek gaan sê nie want dit voel of hier n wattefabriek iin my kop oopgemaak het….maar toe ek begin vloei dit net so uit. Dis werklik wonderlike terapie
LikeLiked by 1 person
Spectacular!!!!! Man ek like, mag ek maar daai spinnekop karateskop tot in sy nageslag sodat ons net by Una kan uitkom asb!!!!! Baie goed Woordjies, baie goed… nog altyd gedroom om iemand te red🤪
LikeLiked by 1 person
Jy’s opppad Bondels…jy is oppad!
LikeLike
Welgedaan! Ek is terug by die heks se huis en nou moet ek boonop help om met haar af te reken ook nog. Dit kan net ‘n plesier wees. Of hoe? 🤔
LikeLiked by 1 person
Ag Hester in die bui waarin jy is gaan dit ‘n groot plesierige “werk” wees. Pasop vir nekomdraai… dis moord 😊
LikeLiked by 1 person
Ek is mos nie aggressief van nature nie 😏
LikeLiked by 2 people
Nee Hester…nie een aggresiewe haar op jou koppie nie
LikeLiked by 1 person
Dankie Woordnoot. Jy is ‘n lojale vriendin.
LikeLiked by 1 person
Wat van tog ń blikkie Doom gebruik? Dit het vir my gewerk… druk net die spinnekop se mond toe en spuit dit in sy neusgate in.
LikeLiked by 2 people
Mens kan sien jy het tussen hulle gebly…watwou ek aan een vat en sy neus toedruk????? O nee!
LikeLike
Umm – het spinnekoppe neuse??
LikeLike
Ek weet nie Frannie en ek gaan liewerste nie probeer uitvind nie😂
LikeLiked by 1 person
Aan die ander kant – Una praat van hulle neuse en as gevolg van haar riller-ervaring daar teen die grotwand is sy seker ons beste spinnekopkenner?
LikeLike
O ja…. absoluut. Sy het gedragspatrone en kenmerke gesien wat Richard Attenborough sal jaloers maak
LikeLiked by 1 person
Dis nie die spinnekop wat my pla nie – dis die blienkieng heks.
LikeLike
Daai is n tawwe ene….👀👀
LikeLiked by 1 person
Sê rl jou
LikeLike
Ja, ek vermy daai onderwerp.
LikeLiked by 1 person
Ons beter hoop Kameel kom eerste by. Sy en die heks was mos saam op skool…..dalk kan sy raad gee
LikeLike
Ek het nie ‘n keuse nie … dis my taak wat vir my uitgedeel is.
LikeLike
Wow! Nou het die geveg teen coronamona ea lekker lyf gekry. O jy is lekker skerp met jou woorde:( bolle rol, ea!). Ek hoop net ons slaag daarin om Una te red!
LikeLike
Daai driekies moet maar net haar red…sy mis te veel aksie so vasgespin teen die muur!
LikeLiked by 1 person
Ek lag en huil sommer deurmekaar. Uitstekend, WoordNoot, en dan onthou jy ook nog so goed wie en wat ons elkeen is! Jy het ons storie nou omtrent woema laat kry! En kyk, as Hester eers beheer oorneem, met Positief as ñ pilot, is my kop EN my lyf veilig.
LikeLike
Nee wat Unatjie..en Redding internsaionaal is pppad…jy moet nou net vasbyt. DIe einde is in sig.
LikeLike
Kyk ek is baie bly ek slaap deur hierdie fase 😂😂😂😃 Ek hoop ook Takelot sal die Doom terugvat… jy het my so lekker laat lag. Welgedaan Woordnoot!!! Una gaan so gesellig rond wees wanneer sy daar uitkom dat sy noual aan ‘n dieëtplan moet dink.
LikeLike
Maar jy kan nog wakker word voor die einde….Hester, Vliegie en Sonel moet nog skryf….
LikeLiked by 1 person
Ag Ria as dit lyk asof ek wil wakker word druk tog ‘n kussing net saggies oor my gesig. Nie te hard en te lank nie…. net so dat ek weer kan insluimer.
LikeLike
Ons kan bietjie van VLiegie se groen grassies in jou teesakkie gooi , dink net hoe lekker gaan so ‘n ou tee’tjie wees na daai lang slaap
LikeLiked by 1 person
Wanneer alles afgehandel is… en daar nie meer ‘n spinnekop op Rebus is nie kan jy my met ‘n teetjie wakkermaak. Deal!!!!
LikeLike
Teen daai tyd is die kêffies hopelik oop, dangaan soek ons maar ‘n tee’tjie
LikeLiked by 1 person
Ek hoor ń soldaatvlieg se larwes is deesdae diè ding om die duurste en lekkerste roomys van te maak. Regtig hoor, dit was op RSG. Klaarblyklik manipuleer jy die larwe om net goeie groente en vrugte te eet. So. Dalk moet ons kyk wat ons met spinnekop eiers kan doen. Of dalk moet ek net eers uitfigure of daar soldate onder spinnekoppe voorkom?
LikeLike
O wee….ee hemel, jy was te lank vasgebind. Jy het te veel snaakse goed gehoor….ek raak onrustig. Virgo sal baie goeie moetie vir jou moet kry!
LikeLike
WoordNoot, ek het baie tyd gehad om te dink hier in die kokon. Kan ek asseblief ń winkeltjie oopmaak?
LikeLike
Ja…..wat gaan ons smous!! Mooi goed?
LikeLike
Nee man, spinnekop sous. Tuisgemaak. Potent.
LikeLike
Oooooooo…..jaaaa? Ons gaan genoeg gesteriliseerde spinnejakke hê wat geen virus besmet is nie…
LikeLike
Daarsy, dan kan Toortsie sulke mooi kappies vir die botteltjies brei en ons noem ons spinnekop-gereg Corounamounsies, of so iets.
LikeLiked by 1 person
Una…ek begin al hoe meer jou plan like. Bytjie kan die fotos neem vir die botteltjies buite…Toortsie brei kêppies, en die res van ons kook stoompotte vol!
LikeLike
Wat ń vooruitsig! Dan kan ons jêmtertjies eet en witblits drink. En vir Lorenzo met die grassnyer dophou.
LikeLike
Aaaaa! Nou begin jy my taal praat. Iets soets op die tong, iets warm vir die keelen iets mooi vir die oog! Welgedaan
LikeLike
Herhinner my om nooit by jou sous of roomys te eet nie….
LikeLike
Ag nee Bondels….chicken jy nou uit op ons?
LikeLike
Ek is game vir baie goed maar goggas eet en drink is nie deel daarvan
LikeLike
😂😂😂tussen ons twee..ek ook nie maar ter wille van Una sal ek vasbyt en sluk!
LikeLike
Bondels, ons twee saam, ons drink in elk geval net ń rooiwyntjie of drie, g’n nikse ge-eetery nie.
LikeLiked by 1 person
Jaaaaaaa, sal wyntjie en vleisie saam met jou doen maar spinnekop deel, nooooo ways
LikeLiked by 1 person
📚✏👍💝
LikeLike
Ek het heerlik gelees, baie dankie. Ek lief dit.
LikeLike
Dankie dat jy sulke goeie kontakte het😂
LikeLiked by 1 person
Ek het nogal baie van sy musiek gehou.
LikeLiked by 2 people
Mensdom, dis nou puik Woordnoot. Ek het nou heerlik gesit en lees en opgewonde geraak oor al die aksie wat besig is om plaas te vind. Selfs die kommentaar is n hoofstuk op sy eie met Una se uitdinksels. Chris Cameleon is ook n vriend van my en het hom reeds opgepik met sommer hope verkleurmannetjies. Almal met waterende monde vir die fees wat op hul wag!
LikeLike
Ons sou niks kon doen as dit nie vir al jou hulpmiddels was nie!!!!
LikeLike
Dankie jong, so help ons mekaar. Ou Chris en sy verkleurmannetjies het ook aangeland.
LikeLike
Nou gaan die sports begin want ek weet nie of die verkleurmannetjies gaan val vir bolletjies op hulle tonge nie, en daardeur ‘n sappige sstukkie vleis mis nie…..
LikeLike
As hul net weet wat goed vir hulle is sal hul saamspeel. Chris moet maar sy beste lied sing om hul te kalmeer en te hipnotiseer sodat hul saamwerk.
LikeLike
Ja nee Scrapy en op die stadium kan hulle maar enige iets met daai spinnejakke aanvang…..solank Rebus net weer veilig is.
LikeLiked by 1 person
Ria jy is so skerp jong. Nou moet ons net Una se winkeltjie iets anders laat verkoop, dan is ons reg. Wat van tee’tjies met so bietjie groen grassies in, eerder as snaakse roomys en sous?
LikeLike
Ek stem vir daai tee…..beslis nie roomys nie
LikeLiked by 1 person