Vat jou goed en trek….

Vanoggend stuur een van ons Towerinne, Sonell, vir ons haar boodskap. Die ambassade maak oop en hulle planne wat lankal reeds aan die gang gesit is om ‘n nuwe lewe in Amerika te begin, kan nou voortgaan. So ‘n trekkery waar jy als moet verkoop, sit nie in enige ou se broek nie.

My sus hulle het op 9 Maart in Edinburgh aangekom. Hulle bly by hulle kinders want Swaer moet nog deur die prosesse gaan wat nodig is om te kan werk. Maar dis nie net vir instap en doen nie. Daar maak jy afsprake en wag tot hulle jou kan sien. So gaan die dae verby en voor hulle nog alles in plek het, vind die wêreldwye grendeltyd plaas.  Sus se bokse met haar klere en goed, staan nou nog op ORTambo en wag om oor te vlieg, want die manier wat sy die goedkoopste gevind het is om jou aardse besittings so te laat vlieg. Ongelukkig met ‘n passasiersvliegtuig wat letterlik maande laas gevlieg het en dalk ook nie gou nie!

Soos dit maar gaan in enige huishouding waar die kinders van die huis af werk, sy en manlief net mag uitgaan om kos te koop en haar seun wat sy behandeling moet kry wat hom baie siek maak vir ‘n paar dae, kook die gevoelens een Sondagaand oor en wham bam!  Sy gaan sit voor haar rekenaar en vra op Vuisboek of enige iemand weet van ‘n plek wat sy dadelik kan huur. ‘n Jong man antwoord dadelik en sê hy het plekke. Hy verhuur 19 eenhede uit en sal haar kan help. Hulle begin gesels en sy vra hom uit na sy besigheid. Omdat sy vir jare in die “hospitality” industrie gewerk het, vra hy haar om haar CV vir hom te stuur want hy is een van daardie entepreneurs wat sy hande in baie sakke het maar die pap val op die grond met sekere tye.

Lang storie kort….in hierdie tyd waar daar baie mense afgelê word, begin ‘n Suid Afrikaanse vrou (58jr) verlede Maandag vir ‘n 23jarige jong man werk. Met haar ondervinding en werksetiek begin sy stelsels implimenteer omdat meeste van die eenhede buitelandse beleggers  (onder andere Suid Afrikaners ook) se eenhede is wat uitverhuur, skoongemaak en onderhou moet word. Die lekkerste deel van haar werk is om die eenhede te besoek en elkeen se inventaris op te stel. So leer sy plekke ken en sien wat sy nooit sou gesien het nie. Sy stuur vir my die fotos van toe sy haar eerste paar eenhede gaan besoek het. IMG-20200515-WA0027

Die Edinburgh kasteel. Normaalweg kan mens nie daar loop nie so vol is dit, veral in die week met toergroepe.

IMG-20200515-WA0026

Die Royal Mile van Edinburgh kasteel af na die Hollyrood kasteel. Gewoonlik gepak met allerhande straatkunstenaars en toeriste.

IMG-20200515-WA0035

Dis nou lente. Die groen boom se nuwe blare het my so rustig laat voel toe ek besef hulle gaan oukei wees. Swaer het nou al by Amazon aansoek gedoen en vandag het hy nog n onderhoud gehad. Die ‘minimum wage’ van 9 pond per uur is ‘n goeie klompie geld, daai wat jy nodig het vir kos en petrol.

So liewe Sonell, net so glo ek dat julle nuwe lewe julle ook gaan verras. Meer as wat julle ooit besef. En vir ons wat agterbly…..ons bly maar hier.

 

6 comments

  1. Ek is dankbaar saam met julle vir jou sis hulle. Woordjies, moenie moed opgee nie. Vader nog in beheer. Tel jou kop op, en kyk uit vir hoop terwyl jy wag. Daar is nog baie om oor dankbaar te wees mater💐

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s