‘n Flake in die Sandpit

Ek het nooit ‘n regtige, egtige sandpit gehad soos ons kleinkinders vandag het nie. Ons sandpit was maar die tweespoorpaadjie wat van die hek tot onder die bloekombome op plot 116, Bredell geloop het. Daar het ons met ons handjies paadjies geskraap en met stukkies glas of leë vuurhoutjie boksies “karretjies” gery, As die nefies kom kuier het, was dit groter pret, want hulle het almal altyd dinky toys gehad.

Later jare het ons twee dogtertjies maar oral buite gespeel. Nie een van ons ouers was sterk op tuinmaak nie, so daar was altyd groot kolle met oop grond waar ons kon modderkoekies bak. Ek het die see die eerste keer gesien toe ek elf jaar oud was. Maar dit was by Knysna en dit was nie regte see speelsand nie. ‘n Kort tydjie daarna was ons saam met Pa se familie in Uilkraalmond en daar het ek regtig die eerste keer te doen gekry met genuine sandkastele.

Verlede week nooi my maatjie my uit om saam met haar en nog ander maatjies in ‘n sandput te kom speel. Daai maatjie belowe ons gaan dit baie geniet en ek stem in. Ek gaan sit met groot afwagting ook platboud in die sand. Sy haal ‘n sjoklit uit. ‘n FLAKE!!! My heel-grootste-enigste-lekkerste-ooit sjoklit. Sy lyk soos daai engeltjies waarmee ons almal ons huise versier het in die 90’s. Kompleet met krulhare en dimpels. Sy maak daai sjoklit stadig oop want sy weet van Flakes. As jy hard met hulle werk, krummel hulle in duisende sjoklit flentertjies. Maar sy deel elke dag met ons haar Flake. Ons kry elkeen net ‘n happie, en ons proe-eet stadig daaraan sodat die lekkerte langer hou. As sy klaar uitgedeel het, mag ons met ons sandvingers van die flentertjies optel en aflek. Dis die lekkerste lekker.

Van die ander maatjies gesels land en sand saam met haar. Hulle is net sulke oulike maatjies. Ek ken nie almal nie maar die een maatjie dra elke dag ‘n t-hemp met ‘n prentjie van ‘n vuurvliegie. Ons lag baie saam en ons geniet  ons happies Flake.

Ek praat nie baie saam nie. Want hoe het die Engelmaatjie geweet dat die Flake my favorite is? En hoe weet sy dat elke dag se proeseltjie my soms so verstom sal laat met die inligting? Soms praat ek saam, maar ek sit eerder en kyk hoe sy dit deel. Die empatie en insig en wysheid waarmee sy elke dag daai sjoklit deel uitgee. Ek maak baie notas. Sy praat en vertel dinge wat ek eintlik weet, maar wat ek maar net so bolangs gelees het. Elke dag se stukkie Flake word net lekkerder en lekkerder. En ek begin al hoe meer besef hoe wonderlik one elkeen as mens is.

More……more gaan sy die belangrikste deel van daardie sjoklit met ons deel. Die deel wat sê:  Your eyes saw my substance being yet unformed, and in our book they were all written, the days fashioned for me. When as yet there were none of them. Ps 139v16

Ek verstaan nou mu gunsteling psalm beter, en ek besin elke dag meer en meer oor hoe spesiaal elkeen van ons gemaak is. En hene, is ek dankbaar ons is almal verskillend gemaak! Want dit maak menswees, vriendekringe, familiegroepe so uniek.

En bowenal….hoe sou ek geweet het dat Flake die lekkerste is as daar net Flakes was?

13 comments

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s