Ek het geweet….

Ek het geweet dat dit moeiliker sal wees as Sus ver oor die water bly. Maar tog sou dit oukei wees want ons lewens kom mos darem nie tot stilstand nie. Daar is videocall of sommer net whatsapps, skype en baie ander kommunikasie maniere.

Teen die tyd sou hulle al amper gevestig gewees het. Gewerk het. Hul het klaar n motor gekoop en was ernstig op soek na n huis. Toe gebeur Covid. En met seun wat Chrons immuun siekte het, moet hulle ekstra versigtig wees. Hulle is dus nou al van 9 Maart af in self isolasie en toe kondig die Britse regering lockdown aan. Nes hier. Hulle is immers veilig. Hulle lewe gaan ook dag vir dag aan.

Maar ons twee se lekker kommunikasie met mekaar het tot stilstand gekom. Beslis nie vrywillig nie. Hoe kan ons op n videocall waar daar heeltyd ander huisbewoners naby is, goeters deel wat mens eintlik net van jou hart af wil kry. Vir die eerste keer MIS ek daai whatsapp….bel my gou. Die lekker sussie skinder oor mans, kinders of familie.

Ek kan nie voor die Oom praat oor sy kinders en wat werklik in hulle lewens aangaan nie. Sy was my klankbord. Ek het alles met haar gedeel en nou kan ek nie want dis nooit privaat nie. Gisteraand was erg. Bel op videocall maar weer is erg en daarna is die internet so stadig die tuinslakke wen die resies. Ek gaan klim in die bed….seer hart want ek mis….

Mis jou chats, mis jou sommer net all over.

16 comments

  1. Ai, Woordnoot, ek verstaan daai gemis aan jou “person” tog maar te goed. Ek en my dogter het gister gepraat oor eensaamheid en alleenheid en hoe eensaam ‘n mens kan voel tussen ‘n skare mense wanneer daardie een spesiale persoon nie teenwoordig is nie.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s