Oeps!!!

Toe ek vir Pieter in 1989 ontmoet is ek die wyndrinker. Hy begin stadig maar seker die Late Harvest proe. Ons gaan Kaap toe vir n week en proe en koop net soet wyne. Soos die jare aanstap verander ons smaak en raak die palette gewoond aan droog. Hoe droër hoe lekkerder.

So gaan tyd verby en ontmoet ek die Oom. Hy is na jare se harde drink nou n geheel onthouer. Bummer!!! Daar moes ek al rooi liggies gesien het. Ek hou van wyn. Vrekkit. Dis soos ander mense van brood of tjoklits hou. Ek sit my voet neer. Ek drink wyn op geleenthede, al staan sy kieste 12 bar gepomp.

Maar hy bring saam met sy lessenaar n hele versameling wyn. Wyn van belang. Versamelaars items. Getekende bottels deur rugbyspelers. Bottels wat n paar rand werd is.

Sy pride en joy alhoewel hy glad niks meer drink nie. Nie eers n beer shandy nie. Ek daarenteen drink maar nog steeds wyn op geleenthede. Sus nooi ons gereeld vir kuiers want sy en Manilief het aangegaan proe. Pieter het hulle mooi geleer.

Een aand,redelik onlangs, is ek SO lus vir wyn maar die winkels is al toe. Ek was op n stadium n groot rooiwyn drinker maar n situasie het my effe genees daarvan. Hierdie betrokke aand besluit ek basta. Ek begin in die kas krap waar die collecters staan. Ek vat die eerste bottel en maak dit oop. Sonder om te dink. (Jissie…ek klink soos n alkoholis!!)

Dis regtig die lekkerste rooie wat ek in n lang tyd gedrink het. Ek drink saans terwyl ek kosmaak net n proeglasie wyn. Wow!! Absoluut manjiefiek.

Die volgende aand gooi ek weer my glasie in. Die Oom staan langs my. Die volgende oomblik trek hy los en praat tale wat hy jare laas gepraat het. Hy is rooi in sy gesig en sukkel om die woorde uit te kry. Al wat ek kan uitmaak is….”weet jy wat het jy gedoen?)

Umm……nee ek weet nie maar ek is seker ek gaan binnekort uitvind. Wel, die kruks van die saak is toe die volgende:

Het julle mooi gekyk? Na die datum en aan wie hierdie ou wyntjie opgedra is? Agterna kon ek darem vir hom sê ter versagting dat dit regtig die heerlikste rooiwyn was wat ek nog gedrink het.

Toe pak ek vandag nog n kas reg. Kom op n bottel Wolftrap af wat swaer Manilief hier gelos het. En eenkant, tussen al die wit wyne wat nou al asyn is staan die:

Ek het nou gedink…..ek gaan Wolfie drink maar nie die bottel weggooi nie. Dan gaan ek vir Dougie oorgooi in Wolfie se bottel.

Ek meen….ek moet tog net seker maak dat ALLE rooiwyne so goed verouder???!!!