Lê jou eier – verbloem jou haarkleur

le-jou-eier1-e1512926357627

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/e3dfca20e90c4ae09d7312695a15b7f3

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Nou ja toe, daar het my groot mond my nou weer in ‘n ding.

Ekke is gebore met ‘n dik bos swart hare. Drie wekies oud, en sowaar haarkapper toe omdat ek my lang hare in my vuisies beetgekry het en getrek het. Die gevolg was dus ‘n aanhoudende gehuil.

Lang swart hare gehad op skool. Gevleg tydens hoërskooljare want dit was die meisieskool se reëls. Toe ek begin werk, en ek kap dit kort af. Dit was net makliker. Dit het amper so iets gelyk.

WhatsApp Image 2020-03-25 at 09.05.28 (1)

En so in die 80’s, daag die home perms op. So kom dit dan dat ek en skoonsus en skoonma een Saterdagoggend  elke ses weke saam trek. Dan begin die permery in volle swang. Een gee rollertjies aan terwyl die ander een sit en die derde een indraai. Dan kom die lotion en die kappie. Terwyl daai een wag, is dit nommer twee se beurt, Dan moet ons ons nommer een weer afspoel. En so gaan dit die hele tyd aan. Die manne vlug en ons het die dag vir onssself. En ons stink!

Op 30 jarige ouderdom slaan die Oosthuizen se gryshare ooreflikheid uit en ek moet nou perm en kleur en sny en blowave. Nou is dit salon stories want dis nou ‘n hele proses, Tussen deur is dit olie en protein treatments. Gelukkig kon ek daardie jare dit bekostig. Op ‘n dag sê my haarkapster. Slegte nuus! Ons sal of moet ophou perm of kleur. Jou hare kan nie meer altwee doen nie. Geen oomblik gaan ek dertig plus wees en grys nie! So die haarkleur wen. Eers Auburn. Toe Burgundy. Later kom daar ‘n ander skakering in. Nog steeds salonkleure. Prim en proper. Geen waagstukke nie.

Toe raak die finansies van so aard dat ek boksies moet koop. En toe begin ek eksperimenteer. Net na my aptekersman se afsterwe nooi sy skoonsus my saam Bangkok toe. Ek kleur my hare die aand voor ons vlieg. Die uitslag? Helder oranje. Soos ek vir Toorts gesê het, die kinders het gedink ek is ‘n pop, veral as ek so doodstil gestaan het.

Toe ek vyftig word, besluit ek tot hier toe en nie verder nie. Die boksies het al net so duur begin raak  en ek moes al om die 17e dag kleur. Met behulp van ‘n baie goeie haarkapper is die grys binne twee maande uitgegroei. En om toe die verveeldheid met my hare te vervang, begin ek met style. Met Oudste seun se troue was my hare letterlik 4 cm lank. Op ‘n stadium het dit amper weer op my skouers gehang. En dit was die mooiste witsilwer! Toe kom die pienk strikkie siekte en loop en vir amper 7 maande haarloos net met my kaalkop en groot ore!

My hare het weer uitgegroei maar baie dunner. En vaalgrys. Geniune grys. Eintlik lelik grys. Dis nog steeds kort, maar toe laai ek ‘n toep af waarmee jy jou gesig kan verander, inkleur, hare oor kies en ek besluit. My volgende stap is blond en lank. Hoe ek dit gaan regkry weet ek nie. Die groei sal nie die probleem wees nie. Die haarkapper het n maand gelede my hare so versnipper ek het geen keuse as om dit te laat groei nie. Maar die blond? Hoe gaan ek daai een doen? Want onthou, dit sal weer boksies moet  wees! Ek dog toe ek sal maar vir julle die toep se voorstelling wys…..dalk verlig dit iemand se gemoedstoestand!

WhatsApp Image 2020-03-25 at 11.18.43

Want saam met die blond, moet die facelift kom, die permanent make up, eyelashes, en botox, peeling en als wat jy kan dink om te doen.

Bottom line of the story…ek sal maar nie my haarkleur probeer verbloem nie. Grys is gryser en nog grysste!

En dis ekke daai! Ou Valie…..

5 comments

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s