Die seer in hartseer Deel 2

Ja, ek het moet nog skryf. Nog seer uit my gestel kry. Alhoewel hierdie skrywe nie oor my persoonlik gaan nie. Ek vind dat skryf oor goed partykeer  onverwagte antwoorde bring. Nuwe aanduidings gee. Die Oom is weer vandag se onderwerp.

Hy was ses toe hy een middag van die skool afkom. Ma weg, saam met sus en boeta wat jonger as hy was. Weggeloop saam met Pa se boetie. Hy is kwaad, seergemaak want hoekom het sy hom nie saamgevat nie. Toe ek hom ontmoet vertel hy my sy pa was hierdie wonderlike man. Nietemin, hy bly alleen agter saam met drie ouer sussies. Heeltemal ongebalanseerde verhouding. Sy pa maak hom groot maar is hierdie outoritêre persoon wat niemand se teëstand duld nie – dis dalk hoekom ma weg is?? Die invloed wat ‘n  ma op haar seun se lewe het, is weg. Op hoërskool ontmoet hy ‘n meisie en hulle trou. Drie kinders word gebore. Agtien jaar later skei sy hom omdat hy ‘n Ponzi skema begin het en die geld alles gaan uitdobbel het. Ek hoor haar kant van die mislukte huwelik eers November . Ek hoor van al die seer wat die kinders opgedoen het, van wraak oproepe, aanvalle op vroulief en die kinders. Die hele prentjie verander.

Verlede Vrydagaand sit ek alleen in die studeerkamer en luister musiek terwyl ek my toonnaels groen verf. So jade kleur. Hy kom sit by my. En begin praat. Vertel my van die oggend se mannegroep se sprekers. Mans van sy ouderdom wat ander mans help om die trauma van die bos oorlog uit hulle sisteme te kry. Ek vra hom hoekom hy nie ook met een van hulle gaan praat nie want ek het al uit vorige gepsrekke agtergekom dat hy daardie tyd ook baie trauma beleef het.

Die woorde begin uitrol. Hy vertel my van sy weermag dae. Hoekom hy nooit met enige iemand daaroor kan praat nie. Hy was deel van ‘n groep  hoogs gespesialiseerde persone wat  hulle weermag dae met jeans, tekkies en lang hare deurgewerk het. Hy vertel my dinge wat ek nie mag oor vertel nie. Al is ons al 25 jaar in die “nuwe Suid Afrika” kan sy werk wat hy gedoen het in daardie vreeslike tyd, hom en sy hele familie in groot moeilikheid laat beland. Soos in geheimsinnige afsterwes, ongelukke ensovoorts. Hy vertel van sy opleiding. Van sy werk. Vir my voel dit asof ek na n storie luister. Onthou julle die “Vierde kabinet” Insidente wat dit eintlik na ‘n James Bond fliek laat klink. Straatname wat nou onlangs verander is, kry lewe…hy vertel die stories.

Lank nadat hy gaan slaap het, werk my kop oortyd. En die ongelooflikste hartseer kom oor my. Almal, insluitend sy kinders….veral sy kinders, dink aan hom as hierdie plofkoppie wat krities is, mense nie na aan hom toe laat nie. Min mense hou van hom. Sy kinders verdra hom net. Maar ek wonder of hulle anders oor hom sal dink as hulle weet dat hy eintlik ‘n baie fyn opgeleide mensekenner is. Israeli en Duits opgelei. Hulle sal nooit trots op hom wees dat hy baie aanvalle op die publiek in daardie jare, gekeer het nie. Omdat hy op die brose ouderdom van 20 ‘n rewolusie moes keer. Omdat hy mense wat bose planne soortgelyk aan die Kerk straat bom kon uitvang voor die terreur plaasgevind het nie.

Hy lyk al hoe meer vir my soos die sesjarige seuntjie wat op die stoeptrappie sit en huil omdat sy ma en jonger sibbe weg is, en sy  hom gelos het.

En eers as hy die dag in die aarde insak, sal ek sy kinders kan vertel dat hy eintlik ‘n held was. Maar ek dink nie hulle sal dit kan waardeer of verstaan nie, want die lewe was soveel anders toe hulle grootgeword het. In hulle oë.

Dis te sê as hy voor my gaan….anders gaan sy storie onvertel bly…en gaan sy kleinkinders met die grootword met wat hulle nou van hulle oupa sien……iemand wat maar net is, wat nooit eintlik iets bereik het nie. Wat hulle ouers seergemaak het, verneder het.

Hoe freakin hartseer is dit nie…..dis die seer in hartseer.

 

 

18 comments

  1. Ai Woordjies, hoeveel sulke manne loop rond. Hoeveel volwassenes is eintlik klein seer kindertjies vasgevang in ‘n grootmens lyf. Mag jou Meester se liefde in en deur jou na hom uitreik en genesing bring sodat sy me se hom kan liefhê voor dit te laat is en baie spyt oor hul voete lê

    Like

    • Ai Bondels…ek stoei met daai ene….die kinders is so verbitterd….agteraf spot hulle met hom….en eintlik weet hy als. Ons het biki gepraat en ek was geskok om te hoor wat hy van elkeen van sy kinders weet deur net te kyk na hulle optredes tussen vriende en familie

      Like

  2. Dis tragies, hierdie storie en hierdie tonele wat homself in so baie huise herhaal het oor die laaste dekades. Dis die ding waaroor ek die meeste treur in my eie lewe – nie die lewe wat skeefgeloop het nie, maar die wonderlike lewe wat kon gewees het as …

    Like

  3. ‘n Bose kringloop van seerkry kinders wat as grootmense hulle kinders seermaak…. Ek kry daardie seuntjie so jammer. Hoe anders kon sy lewe nie verloop het nie.

    Like

Laat 'n boodskap na HesterLeyNel Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s