Kwarantyn op Rebusfontein (A la Positief)

Kyk, ek raak nie sommer paniekerig nie. Ek is ook nie sommer bang nie. Ek glo nogal dat wat ou Job gesê het lewensbelangrik is. Die arme man wat swaarkry soos kinderkransdans laat lyk het mos gesê: Dit wat jy vrees, sal oor jou kom. Nie dat ek onverskillig is nie. O nee….maar ek probeer maar net om nie toe te gee aan paniek nie, veral nie as die histeriese deel vandie samelewing, die media, die laaste sê het nie. Maar so gaan ek gou vanoggend hier na onder toe om te hoor wanneer kan ek my weeklikse fix kom kry…..en hier sit mense met maskers op. Net daar besluit ek om Positief se titel en voorstel te skaai.

Ek kaap die groot voertuig van Early Bird Shuttle diens, pak my tas en laat waai. So met die ry saam lees ek my whatsapps (Ja, Bondels, ek weet….!) Kameel staan al reg. Die ander moet nog laat weet. Ons vertrek na die enigste plek waar ons veilig is. Selfopgelegde kwarantyn op Rebusfontein!

Toe ons daar inry, reën dit. Maar dis nie reën soos ons dit ken nie. Dis sulke fyn silwer diamantdruppeltjies. En waar dit val is die blaar of boom of wat ookal, glinsterskoon. Ons ry in die straatjie af en sien dat al ons huisies blink van skoonwees. Ek ek Kameel kyk vir mekaar. IEMAND het klaar seker gemaak dat hier nie ‘n virus van ‘n uur oud op hierdie veilige plekkie is nie.

Ek laai Kameel by haar huisie af. Sy gaan lank en lekker rus, as ek so na die pakkasie kyk. Maar my bagasie staan nie ver terug nie. Liefkat kom aangeslenter. Tot sy lyk of sy deur ‘n katsalon is. Pure blinkskoon!

Ek laai af. Eerstens al my boeke. Ek is hier vir lank want niemand weet hoe lank alles wat daar buite gebeur gaan aanhou nie. Ek praat nou van al die goete wat ons Towerinne moeg maak, nie van ‘n virus nie. Jo Nesbo, Tess Gerrtisen, David Baldacchi, Patricia Cornwell..noem dit en dis daar. Dan my krat met al my kerse en badskuime en olies en rome en dik handdoeke. Die dose met die drinkgoedjies los ek eers daar. Miskiensal Lorenzo my kom help.. ek hoor hy dra ook ‘n masker. Ek is seker dis nie een van daai wat soos n dun sanitêre doekie lyk nie. Altans, ek hoop nie so nie Dit sal die prentjie totaal opfrommel!

Dan die eetgoed. Ek het sulke Gourmet fudge gekoop. Strawberries & cream. Rum & raisin. Lemon Meringue. Chocolate. 5 pakkies vir R125. Dis baie geld vir min lekkerte. Daai gaan ek dalk nie so mildelik uitdeel nie. Kaas. Bloues en geuriges en romeriges. Beskuitjies. Kaviaar en roomkaas. (Droe sjampanje vir die ene!) Lasagne. Groentesop. Skaaptjoppies al die pad van Heilbron af. Doritos sweet chilli chips. En vir die dae wat ek voel dis te ongesond,’n doysn eiers, tamties en blaarslaai. Met balsamic asyn en olyfolie met growwe sout en peper en suurdeegbrood.

My musiek is mos op my foon. Ek sit net die ou losstaande speakertjie aan en die eerste liedjies waar ek luister teen onmeetbare desibels is Helmut Lotiti se Classics Daardie musiek vat my na ‘n baie happy plek toe!  Ek gryp Liefkat en wals met haar deur my huisie. Hier is geen nare verrassings, geen finanisele dramas. Geen kinders met hulle eie hel nie. Ek is vir  ‘n slag onder kwarantyn.

Maar ek sien die meeste Towerinne is opppad….sommiges met handewas goete en ander sonder dit. Weereens gaan die Towerinne ‘n fees hê.

Kwarantyn op Rebusfontein met baie wyn en sonder pyn!FB_IMG_1573808835450

47 comments

  1. Dit klink na VET pret. Dalk moet jy ook buite in die straat onder die diamantreën gaan staan – nie omdat ek dink jy dra virusse rond nie, maar net omdat dit lekker is. In die woestyn waar ek grootgeword het, het ons altyd buite rondgedans wanneer dit gereën het.

    Like

  2. O lekker! Kaalvoet in die reën…as ons klasr gedans het, dit ons voor die kaggel en ek bedien vir ons skaapboud met braaiaartappels en groente, en natuurlik Kaapse rooiwyn. Bring net asb jou musiek saam. Waar is darie man met die viool nouweer? OF…kan Lorenzo nie dalk vir ons n paar Italiaanse minneliedjies sing nie?

    Like

  3. Agteros kom ook in die kraal, ek het met ń bakkie gekom met allerlei heerlike goeters vanaf die Kaap. Gelukkig het ek my eie kaas, want ek sien nie kans vir die bloukaas nie😱, ek is in vir die vonkelwyn. Ek het heerlike aarbeie en room. Ek het die wyn onthou Una.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s