Christina

Vanoggend luister ek na ‘n jong vrou. Sy staan hier voor my en die trane loop oor haar wange.

“Ek is so moeg, sê sy. Die naweek was ‘n riller. Ek moes van ses to ses werk omdat die een meisie siek is en niemand kon vir haar instaan nie. Ek het my man gebel, hom verduidelik wat die situasie is. Dat ek nie anders kan nie. Werk is so skaars, as ek nee sou sê, kon my eie werk in gedrang kom. Hy het dit so aanvaar, maar toe ek Saterdag tuis kom, sien ek hy het die atjar wat ek gemaak wat ek vir ekstra geld verkoop, in die asblik gegooi. Ek moes die hele naweek hoor dat ek nie werk nie, maar rondloop. Hy vertrou my nie. Hy glo ek het ‘n affair. En dit terwyl ek elke oggend seweuur begin werk en eers vieruur klaar maak. Toe ek moeg was om myself te probeer verontskuldig, begin hy huil en sê ek moet hom asseblief vergewe. Die hele nag deur het hy my kort kort wakker gemaak om my vergiffenis te vra. Ek is doodmoeg, wat gaan aan met hom? Hy beskuldig my elke tweede dag en baklei met my en dan huil hy. Ek weet nie meer watter kant toe nie.”

Ek kan sien sy is lewensmoeg. Sy groet my nie meer op haar chirpy manier nie. Sy tel die amper leë asblik op asof daar tien ton lood in is. As sy mop, is dit met sulke lang, swaar vee hale.

En ek besef…eintlik met ‘n skok, dat huweliksprobleme en kinderprobleme en finanisële probleme nie kleurgebonde is nie. In watter droom wêreld leef ek dat ek nie kan sien dat die vrou wat my praktyk elke dag skoonmaak, so ontsettend gebuk gaan onder die las van ‘n onsekere huwelik nie? Want sy is getroud volgens die Westerse reël. En sy glo nie aan egskeiding nie.

Ek het nie ‘n antwoord vir haar nie. Net soos ek nie ‘n antwoord het vir my blog maatjie wat deur ‘n moeilike tyd in haar huwelik gaan nie. Net soos ek nie vir my Baaskind ‘n antwoord het wat deur soortgelyke moeilikhed gaan nie. Net soos ek nie vir my Glimlagkind nie kan sê wat sy moet doen nie.

My gebedslysie vir ongelukkige huwelike het pas nog ‘n naam bygekry: Christina. Christina Molefe.

11 comments

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s