Ode vir Towerinne van Rebusfontein

images

 

ODE AAN VRIENDINNE

Rebusfontein is ‘n geheimsinnige plek.

Dit is waarheen ‘n groepie dames trek,

as dinge te veel raak vir die vriendinne,

met die ewe geheime naam – die Towerinne.

 

In Rebusfontein het elkeen ‘n huis.

Daardie droomplek, daar is hul tuis

Maar daar kan ook vreemde goed gebeur

Natuurlik met baie verbeelding ingekleur!

 

Una het al baie gereis, Christa woon tans in ys,

Perdebytjie se lens bring die natuur na ons huis.

Seegogga en Hester woon by die see

Positief speel ma vir ‘n bok of twee!

 

VirgoC bly in ‘n warm land met baie sand,

Vuurvliegie laat die woordsnoere vlam hoog brand!

Kameel is die een vir toneelspeel en pret,

Terwyl Toortsie kook, en niemand word vet!

 

Tannie Frannie kuier tans in Amerika

terwyl Bondelsgedagtes twee kroeks rondja.

Sonell se vakansie is verby en sy werk weer hard

Scrapydo, ons mis jou daar in die ander land!

 

En ek? Dis my ode

my eie gevleuelde woorde

Aan geliefde vriendinne,

Rebusfontein se Towerinne!

WOORDNOOT©

 

 

 

23 comments

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s