Reën

 

86864289_1761221360681585_3685817685045673984_n

© Jörg Ha

Dit reën. Soos gewoonlik maak die donkerte en geraas van reën storms haar benoud. Sy is nie een vir grys en donker nie. Gee haar enige dag kleur! Spatsels van rooi, blou, groen en geel! Sy verstaan kleur.  Iemand wat hou van ander mense. Wat daarvan hou om die vrolikheid van die lewe uit te leef. Maar vir baie lank is haar hart net so grys en donker soos die weer.

Die druppels kom in vlae na haar toe. Sy staan onder die groot sambreel. Sy kan nie verder loop nie want die water stroom oor die pad.  Sy hou van die feit dat die sambreel se skaduwee haar gesig verberg. Niemand kan die leed wat uit haar oë  straal, raaksien nie. Haar gedagtes warrel deur haar kop. Nes sy dink sy het ‘n skuiwergat ontdek, voel sy dat haar idees absurd is. Die reën word erger. Sy staan doodstil in die ruimte tussen die geboue.  Sy is eintlik al sopnat, net haar hare is nog droog.

Sy het hierdie situasie nou al honderd maal in haar gedagtes deurgetrap maar die emosie bly brand. Die verlange na vrede en om ongebonde net te skep. Sy is ‘n kunstenaar en ‘n vrek goeie een daarby.  Maar Adam is die vlieg in die salf. Sy was so lief vir hom maar met die tyd voel dit asof die afstand tussen hulle al hoe groter word. Eers het sy haar nie daaraan gesteur nie. Later het sy aanmerkings ‘n snaar geroer wat haar seergemaak het.  Maar die afgelope tyd kan sy nie glo dat hy so klakkeloos goed kwyt raak nie. Asof sy nie bestaan, of dit kan hoor nie! Niks wat sy maak is goed nie. Niks wat sy sê is reg nie. Hy breek haar hart al vir die laaste twintig jaar.  Sy weet haar ster het nog nie verskiet nie. Al is sy aan die verkeerde kant van vyftig. Die enigste rede dat sy nog daar bly is omdat sy geen inkomste het nie. Sy staan nog steeds net doodstil op die plekkie en luister hoe die reëndruppels op die sambreel val.

Sy begin bid, n bedevaart, want sy het nie meer enige opsies oor nie. Die lewe is ondraaglik. “Here, bid sy woordeloos. Ek reik uit na U. Laat U geneeskrag my binneste oorspoel.” Net dit. Sy bly stil, skielik bewus dat Iemand naby haar is. Sy voel hoe die Teenwoordigheid haar koester. Om haar vorm die water poeletjies. Party poele water meng met olie wat op die pad lê. Die inspirasie tref haar dadelik toe sy na die reën druppels kyk wat in die waterpoele plons.

Nege maande later sit sy in haar piepklein sitkamertjie, die laaikas teen die muur. Geverf met ‘n nuwe tegniek wat die binneversierders vanoor die hele wêreld gaande het.  Sy het ‘n kans gevat, om uit te reik na haar wêreld van kleur!Sy rus haar kop teen die kopstuk van die stoel, die enigste meubelstuk wat sy na die egskeiding gevat het. Dit en die laaikas. Dit was die dag net nadat sy in die reën gestaan het. Verskuil onder die sambreel. Die reen het opgehou en die son het dadelik begin skyn.

‘n Reënboog het in ‘n jubelende helderkleur straal voor haar oopgevou. Haar nuwe dag het aangebreek.

Skryf gerus saam aan hierdie woordsnoer.

Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

17 comments

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s