Memories in n boek

Sussa se weggaan kom nou vinnig nader. More middag die tyd is die afskeidsparty in volle swang. Sy dra kort kort iets aan wat ek moet vat. So gee sy vir my n klomp boeke. Ek kyk deur dit en besluit watter gaan in my oorvol boekrak bly. Ek blaai deur n boek en ‘n opgevoude tydskrif artikel is daarin. Dit moet al lank daar wees want die papier is gelerig. Dis ‘n storie of ‘n brief wat deur Anoniem geskryf is. Geen naam, geen datum.

Ek lees deur dit en wonder oor die feit dat ek nou, van alle tye, hierdie moes raaklees. Noudat ek op ‘n plek is waar ek geen antwoorde het nie en ek moet raad gee, n skouer aanbied. ToeVALlig. Met permisssie, Vuurvliegie? Ek lees en die koue rilllings rol teen my rug af. Ek verkort baie.

” Die dag toe ek my matrieksertifikaat gaan haal loop ek weg. Durban toe. My sakgeld wat ek gespaar het het my n rukkie gehou en ek was gelukkig om in n redelike goeie kroeg werk te kry. My ouboet trou drie weke na my wegloop. Ek sou strooimeisie wees. Wat laat die middelste dogter van die stasiebevelvoerder van die polisie, die hoofouderling en voorsitter van talle verenigings wegloop? My pa en my ma. Pa het ons nooit pak gegee nie maar sy tong was skerper en het harder geslaan as wat n plak ooit kon. Ons moes presteer en alles doen soos hy dit wou hè.Hy sou saans ons almal by die eetkamertafel laat sit om godsdiens te hou om minute daar na ons brose kinder breine tot pampoenmoes te verpulp. Ons het geen fisiese letsels gehad nie. Maar my broer het verval in ‘petty crime’ totdat iemand eendag op hom geskiet het en hy in ‘n rolstoel beland het.

My jongste sus het gaan studeer. En in die dwelmwereld beland. Ek weet nie eers waar sy is nie, of sy nog lewe nie. Sy was beeldskoon.

Ek het weggeloop en in Durban verkeerde vriende gemaak. Ek het nooit dwelms gebruik nie maar ek het gedrink. Baie. Ek het twee kinders laat aanneem. Gelukkig het ek n man ontmoet wat my gehelp het om die drank te los. Ons het twee seuntjies en die beste ding wat met my kon gebeur het was die dag toe ek my lewe aan Jesus toegewy het. Met berading kon ek my demone veg. My pa se vernietigende tong en verdraaide idees was nie die ergste nie. My ma se stilswye al die jare was die finale doodslag. Glo my, hy het haar siel vernietig. Tog het sy altyd net stilgebly. Ek kon later jare agterkom dat sy haarself afgesny het as hy begin het. Sy was n goeie ma. Het alles van ons bygewoon en ondersteun. Sy kon net nie doen wat ons almal nodig gehad het nie. Die wereld daarbuite het gedink ons is die volmaakte familie. Die dorpsmense het ongelowig hulle koppe geskud oor die drie kinders van meneer Volmaak wat AL drie die pad byster geraak het. My broer haat my ma. Ek kon haar vergewe maar ons lewe werelde uitmekaar. Nugter weet waar Kleinsus is.

As my ma maar net vir ons kon wys dat sy nie saamstem met my pa se siek idees nie. As sy maar net haar man wou staan. Dan sou sy vandag trots gewees het oor dit wat haar kleinkinders bereik. Instede is sy nie deel van ons nie. Ek haat haar nie meer nie. My pa het aan tongkanker gesterf….daai selfde tong wat ons so gegesel het.

Ek is daar vir my kinders. Dis per slot van sake al wat ek regtig myne kan noem. Een van my seuns wat ek laat aanneem het het my ontmoet en is deel van ons familie. My dogter het saam net haar “ouers” Australie toe getrek. Ek het al gaan kuier. Ek is die stem wat ek moet wees vir my kinders. En dis my doel op aarde”

Ek lees die en die trane stroom soos die Vic valle. Iemand moet dit lees of sien. Met hierdie blog is ek net n boodskapper. Ek hoop dit word afgelewer in tyd.

Ek het nie nodig om vir Sus te vra om haar te vra hoekom sy gebere het nie…sy was daar. Ĺank, lank gelede

De

17 comments

  1. Dis so tragies dat soveel mense in hierdie disfunksionele gesinne voortbestaan van dag tot dag en niemand weet daarvan nie. Jy is te skaam om te erken wat agter toe deure aangaan en dus is daar geen hulp van buite nie. Dit kos moed om weg te stap van so ‘n situasie en van voor af ‘n lewe te bou.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s