Kluisenaar 4

Dis tyd vir rus op Rebusfontein. Al die Towerinne is hier. ‘n Paar het saam met Una en haar bussie gekom en ander, soos Bondels het ingevlieg (met haar besem!). Ons huisies se vensters staan wyd oop en die Rebus Vierpote hol op en af in die straatjie, te bly ons is weer almal daar. Lorenzo het iewers ‘n konka in die hande gekry en dit verander in ‘n regte outydse braai. Hy is nie bietjie trots op homself nie. Hy het glo op Google en Youtube gaan leer “how to braai the Souf Efrikein way”.  Perdebtyjie staan nader met die kamera want hier mag ‘n shot of twee uitkom wat haar dalk n prys kan laat wen! Ek meen, kaal bolyf en jeans voor ‘n konka vuur?!

Die res van die Towerinne sit  op die gras voor Una se huisie. Positief en Kameel hang in die hangmatte.

hammocks

Die geselskap gaan oor die geheimsinnige kluisenaar. Met die stap Una en Bondels deur die hekkie, gevolg deur ‘n redelike aantreklike man. “Dis die kluisenaar”, fluister Vliegie. “Sjuut, netnou hoor hy jou,” maak Toortsie haar stil. Almal staar. Trommeltjies het hom beskryf en die Towerinne het ‘n goeie prentjie gehad van hoe hy lyk. Maar hoe sê ek altyd? Beauty lies in the eye of the beholder. Ek loer so vinnig na my mede Towerinne se gesigte en elke gesig vertel ‘n ander storie. Bondels en Una begin gelyk vertel van die slang episode. Positief kan nie anders nie. Sy kyk Bondels aan met ‘n stout glinster in haar oë.

“Jinne Bondels! Jy laat ook nie op jou wag nie!” Almal bars uit van die lag as Bondels erg bloos.

“Toemaar Maatjie, Hulle terg net. Ek moes ook al so deurloop oor Silwer” Tannie Frannie het baie empatie met Bondels.

Kluisenaar en Lorenzo groet mekaar op die tipiese Afrika manier. Daai een waar jy sowat ses bewegings met jou hande uitvoer en waarvan ek nooit kan onthou wanneer doen jy wat nie. Mmm….ek is seker Kluisenaar het Lorenzo geleer braai. Twee sulke mooi manne om ‘n vuur???? Eish……

Kluisenaar is vriendelik. Hy kry dit reg om elkeen van die Towerinne se hand te skud en vir daai paar sekondes voel dit asof hy deur jou siel met ‘n langs lens na jou hart kyk om te sien wat weerspieël in jou oë. Half ongemaklik, maar tog ook vertroostend. Met sy bariton stem praat hy met elkeen  Towerin asof sy die enigste een  op die planeet is.

Die atmosfeer verander. Dis asof nie een van die Towerinne sy storie wil hoor nie. Asof dit nie belangrik is om te weet waar hy vandaan kom, wie hy is en waarheen hy oppad is nie. Dit voel amper asof hy elkeen van ons se storie waardeur ons tans gaan, persoonlik ken. Maar die rustigheid wat ons nou ervaar laat ons voel dat na hierdie tyd op Rebus gaan ons elkeen weer kans sien om ons eie bul by die horings te pak!

Terwyl ons so in ‘n euforie is, kom daar skielik ‘n tornado vanuit die lug reg op ons af. Niks waai weg nie. Maar hy kom land netjies in die middel van ons groep.En begin weer opwaai. Voor ons staan ‘n gedaante in ‘n spierwit pelsjas getooiWhatsApp Image 2020-01-17 at 20.54.46

“Christa!” roep ons verbaas uit

Terwyl sy die dik jas afruk en op ‘n stoel neergooi, kyk sy na die kluisenaar. ” Julle kan wraggies nie alleen al die sports hê nie. Moet liewer nie vrae vra oor die tornado nie. Julle sal my in elk geval nie glo nie!”

“Ons is net bly jy is hier!” Hester vryf so oor die wit pels. Christa gooi dadelik vir haar tee in en bekyk die kluisenaar deeglik.

“Hy lyk baie bekend. Julle sê hy speel viool? ” Maar voor sy verder kan praat is hy voor haar en groet haar net so vriendelik. Dit lyk dadelik of alle vrae uit haar kop waai.

Die man het ‘n magiese uitwerking op elkeen van ons. Die aand gaan rustig verby en almal prys Lorenzo oor die heerlike braaivleis. Ons begin moeg word en begin aanstaltes maak om te gaan slaap. Dis mos een van die redes waarom ons hier is. Kluisenaar groet ook en stap terug na sy huis. Vreemd genoeg wil niemand babbel nie.

Ek kan net nie slaap nie. Baie laat besluit ek om te gaan stap. Ek loop ‘n entjie en skrik my koud toe iemand agter my praat.

“Kan jy ook nie slaap nie, Woordnoot? vra Kameel. ”

“Nee jong, lyk my die slaap skakelaar in my kop het getrip. Ek is niks vaak nie. Kom loop saam met my.”

Ons stap in stilte verder. Kameel het nie chit-chat om haar nodig nie. Toe ons by die laaste boom kom, die een net voor Kluisenaar se huis, steek ons verbaas in ons spore vas. Voor die huis hang die ding:

WhatsApp Image 2020-01-17 at 21.15.36

Kluisenaar kom uitgestap en gaan staan in die ligkring. Poef! Weg is hy en weg is die DING.

“Kameeltjie, het jy dit ook gesien, want ek sweer ek het net twee G&T’s gehad.”

Kameel is wasbleek. Sy praat nie. Ek vat haar hand en ons loop so vinnig moontlik terug huis toe. Die ander huise is doodstil. Sal ons almal nou wakker maak of sal ons wag tot more?

Een ding is verseker.

Rebusfontein gaan weer een of ander avontuur beleef……

.

 

 

 

29 comments

  1. Wat de … Woordnoot, briljant!!! Jy het ons die beste aand ooit laat beleef! Joegaai, ń vliënde piering!!! Dis net Rebus wat my ń tinteling laat kry as daar so iets opduik, of afduik!. Ag, nou kan ek heerlik aan die slaap raak en droom van wêrelde in die hemelruim…

    Like

  2. En sowaar kom Christa toe ook aangewarrel, wonderlik. Maar wat het sy gesê, WoordNoot, dat hy bekend lyk? Daardie mooi mannetjie oor wie party van ons so swymel, die een wat ons kort-kort op facebook aanstuur, hy speel mos viool? En hy is super bekend? Kan dit wees…???🙉

    Like

  3. Ek het gedink die kluisenaar klink en voel al te anderwêrelds. Ek het sy rustigheid in my lewe nodig…. dis nou as hy jou nie onderstebo duik as jy ‘n slang wil vermorsel nie. Welgedaan Woordnoot!!!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s