Staptog tydens loadshedding

Ja….dis half nege en ons sit van 19h00 in die donker. Dalk moet ons weer kaarte en bordspeletjies koop vir as ons krag op so simpel tyd afgaan. Geen mens gaan slaap tog al sewe uur nie! Ek stel voor ons gaan stap. Die reaksie was wat ek verwag het.

“Dis te donker en te gevaarlik!”

Dadelik herinner die Sagte Stem my aan ‘n donker aand, baie jare gelede. Toe ‘n kragonderbreking die Beeld se voorblad gehaal het omdat dit iets was wat nooit gebeur het nie.

Ek en Pieter het in die donker gaan stap. Hand aan hand. Ons het die pad baie goed geken. Ons was nie bang nie. Ons het toe naby ‘n begraafplaas gewoon wat dit een van die veiligste woonbuurte gemaak het. Deel van ons pad was dus ook verby die begraafplaas. Dit was nagdonker. Ons het letterlik voetjie vir voetjie gestap want jy kon niks voor jou sien nie. En omdat dit so naby die berg was,was jy ook nie seker of jy dalk op ‘n slang kon trap wat ook aan die stap was nie. Op een stadium het ek omgekyk en was verbaas toe ek besef dat al is dit om ons donker,kon ek die deel van die pad wat ons al gestap het, duidelik sien.

Toe praat SagteStem:

Net so moet julle geloofspad wees. Julle weet nie hoe lyk die volgende tree terwyl jul voortbeur nie. Tree vir tree is julle oppad terug na julle huis toe. In vertroue want julle is op die teerpad wat na julle huis toe gaan. ‘n Pad wat vir ander vreemd is wat nie in die area woon nie. Maar julle weet wie dit gebou het en dat julle veilig sal wees. En as julle terugkyk sal julle sien hoe ver Ek julle al veilig laat stap het”

Ek trek my loopskoene aan. Die lewe se loopskoene. Ek sien nie wat voorlê nie. Dis duister. Maar ek kan terugkyk en sien waar ek vandaan kom.

Stap saam met my in 2020. Koop nuwe skoene. Solank ons hande vashou sal ons veilig wees.

14 comments

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s