Geleende spreuke op Rebusfontein

WhatsApp Image 2020-01-06 at 19.51.03

‘n Baie vrolike en vreugdevolle groet hier van Rebusfontein! Soos julle weet, het ek bietjie met Scrapy se Vuurpyl na Rebusfontein toe uitgewyk. Ek is afgesny van die sosiale wêreld daarbuite. Vir ‘n wyle, altans. En watter beter plek as om hier in ons eie Towerdorp te kom uitspan. Lorenzo hou alles nog mooi in stand. Una, jy moet dalk net vir Lorenzo sê dat Danie bietjie minder moet eet. Lyk my hy is Lorenzo se favorite want hulle albei is maar bietjie ronder om die middel! Ja! Lorenzo het ook ‘n effense rolletjie. Ek dink dis omdat ons so min hierna toe kom dat hy nie meer veel bekommer oor sy voorkoms nie! Maar al ons vierpotige vriende hier is blinkvet en supergesond. Terloops, dis Liefkat wat geskinder het oor Danie en Lorenzo, maar ek het haar die kop gewas hoor! Jy praat nie agteraf nie!

Toe ek hier aanland, het ek gedog Bondels was ook hier want soos sy die veld beskryf het met al die veldblomme en groen gras daar by haar huisie in Rerige Land, is presies soos dit hier lyk. Selfs waar die sirkus uitgebrand het, is die gras weer lieflik groen. En daai amfiteater smag na musiek.

Ek gaan so effe traag wees met blog vir ‘n wyle, maar ek het op iemand se spreuke afgekom wat nogal soveel waarheid inhou. Toe besluit ek dat terwyl ek nou hier is en bietjie tyd het, gaan ek ‘n groot kennisgewingbord maak. Amper soos die een:

WhatsApp Image 2020-01-06 at 19.50.41

Ek gaan die uitdaging aan myself stel om ten minste elke dag een van tannie Regina Brett van somewhere in USA, se lewenswoorde hier te skryf. Daar is net 27. Sommige van julle ken dit al uit julle koppe uit. Die lekkerte gaan wees om te sien hoe dit ons lewens elke dag raak. En ek hoop julle sal skryf daaroor.

Onthou ek is ver en ek stuur al my pos met  Possie Posduif.

dove

Vandag se geleende spreuk is:

Life isn’t fair, but it’s still good.

Groete uit ‘n lieflike koel Rebusfontein!

 

14 comments

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s