Mariet

Vandag het U haar geroep

Baie sag maar met U gesag.

Vir jare was sy vasgebind

Met siekte kettings wat haar vermink.

Baie mense het vir jare gebid

Baie woord is vir haar aangebied

Vir jare lank het sy vertrou

Want haar hoop was op U gebou.

Vandag,op die vierde dag van die eerste maand in n nuwe dekade

Het U haar verlos van pyn en swaar

Dis U genade.

Jy loop nou self. Jou hare is weer lank en blink. Jou lyf het in sentimeters gekrimp. Geen plooi. Geen pyntrek. Geen seer.

Ek weet jy is in vrede. Jou gees is welkom geheet deur die engele. HY het jou arm deur syne gehaak en vandag het jy weer vir Dezzie en Jean gesien.Hans is ook daar. So ook Pieter. En jou pa!

Jou man en kinders gaan swaar kry. Jy was die rots. Die Bostik gom wat alles bymekaar gehou het. Jy was my mentor, my vriendin. Jy het my so goed geken. Vir jare na 2007 het ek my voorgeneem om weer by jou Earl Grey tee te gaan drink. Om te kyk of ons bande kon oor vasmaak. Nou is dit te laat. Daar waar jy nou is dink jy nie eers aan tee nie. Ek gaan nou n koppie tee maak en dink aan al ons tye saam. Hoe jy my gedra,vermaan en bemoedig het. Hoe ons saamgesweer het om daai flippin moerbeiboom by jou voordeur af te kap en weg te laat ry voordat jou man terug is van sy oorsese reis.

Hoe ons saam kos gemaak het vir Simmie se troue. Die verrassingsaand wat ek gereel het vir jou 50e verjaarsdag. Toe was jy nog gesond. Nou, 15 jaar later is jy weg.

Mag ons mekaar weer daar vind. Wanneer dit tyd is. Kyk maar uit vir my want ek kom aan….

12 comments

  1. Ria. Ek huil, maar my gees jubel. Jammer vir jou verlies, sy was jou groot vriendin. En in my hart is daar ook nou ń leemte. Maar kan jy dink hoe jubel die engele soos hulle haar nou verwelkom.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s