Woordsnoer -Brandwag

Dis ‘n lomerige middag. Bo op die klip fossiele sit ou Adoons ewseso gemaklik. Om die brandwag van die trop te wees, is glad nie sonder sorge nie. Maar daar is geen ander bobbejaan mannetjie wat so goed is soos hy nie. Die son is warm. Die veld is stil. Hy voorsien nie dat daar enige predatore is wat nou op hulle sal toeslaan nie. Sy kop knik effe, maar dan ruk hy weer regop en kyk rond of iemand dit gesien het. Dis die maroelas se skuld dat hy so moeg is. Daai goed is mos doepa vir enige dier. Laat almal baie snaaks optree. Veral die oilfante.

Hy hou die jongetjies so met een oog dop wat links van hom in die Kanniedood baljaar. Die boom gee mos ‘n aromatiese essens af. Hy kyk hoe hulle   die bas  in klein repies van die boom afstroop.  Die tieners onder die klomp se groeipyne laat hom maak hom klaar. Hy wens hulle is nou al groot, want hulle is onmoontlik saam.

Op een van die takke sit ‘n paar stoute bobbejaantjies vir Adoons en dophou. Hulle is lus vir die maroelas maar Adoons weet hy moet die klomp wegja van die maroelaboom af. Anders is daar weer groot moles vanaand as die son sak.

“Ons moet Adoons wegkry,” sê Bobjan. “Hy gaan ons nie naby daai maroelaboom toe laat nie. Hy lyk maar vir my baie moeg. Dalk val hy vanself om.”

“Watwou! Daai ekkerige ou bobbejaan met sy skerp gesig soos ‘n’ resies snoek! . As hier nou ‘n luiperd op ons afsluip sal jy net blertse sien!” Bobhans is effens bitsig want Adoons het hom gister lelik afgeransel en hy is nog ‘n tiksetljie kwaad daaroor. Want dit was Bobpiet wat drooggemaak het, toe kry hy die oorveeg.

Bobjan kry so ‘n stoute glinster in sy oog. “Bobhans, waai daai tak wat so voor Adoons hang, met egalige bewegings heen en weer. Moenie ophou nie” En daarmee klouter hy uit die boom uit en sluip met ‘n ompad tot agter Adoons se rug. Adoons se stert hang so teen die klip fossiele af.

Adoons staar na die tak wat so stadig heen en weer waai. Sy oë word al hoe swaarder hoe langer hy vir die tak kyk. Die volgende oomblik val sy kop met ‘n ruk tot op sy bors. Bobjan, wat hom nog die heeltyd dophou, pluk skielik hard aan Adoons se stert. Adoons skrik met ‘n luide boggom wakker. Al die mammas maak net kinders bymekaar en begin hardloop vir skuiling want daai skreeu sê daar is ‘n groot kat in aantog. Adoons besef sy flater en druk sy voorpoot voor sy bek om enige verdere skreeue te smoor.

Geen bobbejaan roer nie. Almal wag vir die roofdier wat op hulle jag kom maak. Adoons voel of die aarde hom kan insluk. Maar hy moet met die storie volhou, en vertel met bravade dat die leeu op hulle afgesluip het maar dat sy wakker oog hom betyds gesien het en die leeu het van skrik skoon hasepad gevat toe hy so waarskuwende skreeu gegee het.

Dis eers toe Bobjan, Bobpiet en Bobhans laat daai aand vreeslik verspot optree en neerval as hulle reguit probeer loop dat Adoons besef wat gebeur het. Die swerkatertjies was verantwoordelik vir die amok, en die ersgte van alles was, hulle het die sleutel tot die middag se klug, stewig in hulle klein voorpootjies gehou. Hulle kan maklik die hele petalje  uitblaker. Hoe hy hesit en slaap het toe hy eintlik op sy hoede moes wees! Gelukkig vir hom het die drietjies se pa’s hulle vaderlike pligte nagekom.

Dis nie net hulle koppe wat pyn van die babelaas nie, hulle sit al drie vandag maar effe op een boud!

En dit was Vuurvliegie se opdrag dat hierdie Woorsnoer bloguitdaging op humoristiese wyse aangepak moet word. Om die ander bloggers se bydraes te lees, besoek hierdie skakel: https://fresh.inlinkz.com/p/b4994a70bde246a8aca2b9b45ddb2193

 

 

11 comments

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s