As ‘n lamppaal skree

Therefore whatever you have spoken in the dark will be heard in the light, and what you have spoken in the ear in inner rooms will be proclaimed on the housetops.

Lamppale vertel daaglikse vir ons stories. Ry maar in enige dorp of stad, en dan lees jy vinnig al die hoofnuus en skandes in ‘n japtrap. Hier in Pretoria is ‘n Engelse koerant wat vir die groot deel van die bevolking nuus skryf, en hulle lamppaal produksies laat my soms skree van die lag want hulle draai nie doekies om nie.

So vertel die volgende fotos vir my stories. Met die eerste foto is dit duidelik dat daar altyd meer as en persoon nodig is om plakkate op lamppale te kry. Dis nou daardie spesiale aankondigings, nie die daaglikse koerante se plakkate nie. Dit bring nogal Lukas 12v3 in perspektief….

images (2)

Dan kry jy die daaglikse plakkate wat jou soms doodbekommerd of rooiwarm woedend maak, of dalk nie eers aan jou gedagtes raak nie.

7169bc87ab5247d390ac1f01715963ba.png

So nou en dan sien jy iewers een raak wat die lekker goevoel warmte om jou hart laaat opstyg. En jou al glimlaggende laat wegstap. Dankie tog vir humor!

4ffd7e0923e8e

O wee! Soms is daar ‘n plakkaat op wat jou laat wonder wat het presies hier gebeur? Is dit dalk net uit weerwraak? Is hierdie ou werklik so sleg? Jy stap partykeer weg met baie vrae.

images

En dan kry jy daardie ene wat jy eintlik net sal raaskien as jy stap. Maar soms het mense net so iets nodig om hulle deur hulle dag te kry.

images (1)

Maar wat het dit nou eintlik met jou inleiding te doen, Woordnoot?

So 7 jaar gelede moet ek op ‘n vrouekamp gaan. Nommer een word ek summier uit die groep geskuif waarby ek ingedeel is omdat die groepleier my nie kan verdra nie. Ek wil eintlik nie daar wees nie en dit pla my nie dat ek saam met ‘n hele klomp totale vreemdelinge in ‘n kamer ingedeel word nie. Ek is op daardie stadium ook nie my ou gesels-en-maak-vriende-met-nuwe-mense-nie. Bly maar op my eie, doen mee aan al die aktiwiteite. Die kamp is nie soos kampe wat ek al die jare bygewoon het nie. Ons het ‘n gasspreekster vir die hele naweek. Tydens my “ou” kampe het ons eie mense self alles gedoen.

Sy is ‘n dinamiese spreker. Nederig. Verkondig trots dat sy haarself as Jesus se bruid sien. Sy sal nie trou nie want haar verbond met God is baie belangriker as ‘n man. Dis haar siening. Dis hoe sy dit wil leef. Dis wat sy voel reg is. Sy is ‘n mooi vrou. Praat sag, maar met gesag. En wat ek kan aflei is dat sy redelik vermoënd moet wees, want haar motor is nie goedkoop nie. Haar klere is beslis duurder as my Ackermans of Edgars toppies. Sy kry dit reg om hier en daar goed in my hart aan te spreek, maar vir die meeste van die tyd kan ek nie regtig gel met haar nie. Maar onthou, ek wil eintlik nie daar wees nie. Ek wil eintlik nie deel wees nie. Dis dan ook my rede dat ek nooit weer aan haar dink of kan onthou wat sy gesê het nie.

Baaskind bring gister die Huisdemoon hier aan. Sy koop dit net as daar artikels in is van die “Royals”. Sy love die Royals. Ek sien op die voorblad ‘n foto van ‘n pragtige vrou met die opskrif “Gavin Watson se “cherrie” kap ook terug.” Ek kan nie my oë glo nie. Die artikel meld dat hierdie vrou en die omstrede man al van 1996 saam werk. Toe ek daardie naweek by die kamp was, het hulle al tien jaar saamgewerk. As alles wat in daardie artikel geskryf is, waar is, het ek na die beste “christian con artist” geluister.

Volgens haar is daar ‘n ander kant van die storie, en ek glo met my hele hart aan daardie stelling. Daar is net nooit een skuldige party nie. Eintlik glo ek elke storie is soos n piramide. Jou kant, die ander een se kant en die Waarheid. En ter wille van so baie vrouens wat ooit na haar geluister het, haar bediening aangehang het en elke woord wat sy verkondig het, geglo en hulle eie gemaak het, bid ek diep binne in my eie hart wat soms so verraderlik kan wees, dat haar kant die binnelyn na die Waarheid sal intrek.

Want hierdie lamppaal se plakkaat kan mense seer maak, ontnugterd laat, versaak laat voel of sommer net maak dat hulle ophou glo. En veroorsaak dat niemand meer na ander sal luister nie. Wat ‘n hartseer dag sal dit nie wees nie.

13 comments

  1. Ek het daardie duif al gesien, hoor, wie moet ek kontak?☺☺ Eina pyn, WoordNoot, maar soos ons persoonlik weet, nè, ons mensdom het voete van klei. Net jammer soveel ander word ge-affekteer.

    Like

  2. Ja-nee kyk, dit is ook my bekommernis dat mense na my sal kyk en besluit om nie ‘n Christen te wees as een soos ek is nie. Ek is jammer dat jy daardeur moes gaan, maar dankbaar dat jy toe nie baie geluister het nie. Sjoe, wat ‘n klein plek leef ons in!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s