Eina demmit!

EIntlik moet ek vandag nie baie sê nie. ‘n Stil bek is mos ‘n heel bek. Of soos Langehoven gesê het: hou jou bek dan bly jou flenters heel.

Maar aan die anderkant moet ek daaroor praat. Dit uit my sisteem kry. Vergewe en aanbeweeg. Dis mos nie nuut vir my nie. Ek was mos al immers in ‘n hele paar van hierdie situasies vasgevang omdat ek gullible is. Ek glo mos dat almal goed in hulle het. Ek sukkel om dadelik die verkeerd/kwaad/sleg in ‘n peroon raak te sien. Of sommer net hulle manipulasie trieks. En dan is ek elke keer so kwaaad vir myself as ek seerkry. Ek kan baie gou agterkom as my sintuie my waarsku, maar tog draai ek maar graag die ander wang. Elkeen kan mos darem nog ‘n kans kry?

Ek het ‘n paar vriendinne met wie ek praat as dit regtig moeilik gaan. Almal kosbare mense.  Soms weet ek wat die antwoorde op my wroeginge is. Ek dink darem ek kom al ‘n lang genoeg pad om te weet as daar ‘n rooi liggie flikker. Maar soms is dit net te veel en dan sal ek hierdie support groep vra om saam met my te bid of net daar te wees vir my. Die afgelope twee jaar was baie moeilik.

Ek begin agterkom dat die een ondersteuner snaakse reaksies sal hê as ek met haar oor iets praat. En sy is op iemand vir wie ek baie lief is, se case. Aanmekaar. Ek moet heeldag hoor dat sy sien al die negatiewe goed wat met my Liefmens gaan gebeur. Hoeveel terkortkominge my Liefmens het. En hoe sy wens Liefmens wil net by haar gaan sit en vrede kry. Ek ken toevallig Liefmens se daaglikse verloop en ja, sy kan partykeer nogal bitsig raak, maar dis maar gewoonlik as dit oor haar kinders gaan.

Die ding wat my gisteraand so geruk het was die feit dat hierdie einste ondersteuner vir my Liefmens boodskappe stuur waarin sy openlik aantygings maak dat ek nie te vertrou is nie. Dat ek ‘n verskuilde agenda het. Dat Liefmens moet oppas vir my. Gelukkig het Liefmens nou al ‘n paar stelle afgetrap en vat sy dadelik die hele ding mooi vas.

Ek is groen…ek leef en laat leef, maar as jy my moermeter in die rooi druk,  en jou stories begin met …Ek voel die Here sê…….Haai, raai? Toevallig ken Hom ook en toevallig het ek ‘n verhouding met Hom, al is dit soms soos die rebelse tiener met haar Pa. Dan moet jy weet dat ons tweetjies se paadjies vinniger skei as wat ‘n eiergeel en ‘n eierwit sal kan skei.

Veral as die Liefmens in jou lewe jou enigtse eie bloedsus is.

Eina demmit!

14 comments

  1. “Dan moet jy weet dat ons tweetjies se paadjies vinniger skei as wat ‘n eiergeel en ‘n eierwit sal kan skei.” Die kom in my raakgeskryf”-onthouboek.

    Kry die mens uit jou gestel en omtes. Wees ook jammer, smaak my sy het nog nie haar ego afgelê nie. Ek hoop jy voel die drukkie wat ek aanstuur.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s