Volle sirkel

Ringe. Ek is nie baie gek oor nekjuwele nie, maar ‘n ring en ‘n mooi armband doen dit nogal vir my.

In die tagtigerjare was dit mos hoog mode om ‘n ring aan elke vinger te dra. Wie onthou nog die wishbone ring? Aan die wysvinger?

original_crown-ring-silver-gold

The act of giving a wishbone ring, was believe to bring two people closer together. Aside from love, a wishbone still represents luck for many. Giving someone jewellery that looks like an actual wishbone is common for birthdays, anniversaries and other special occasions.

Maar ons het ringe aan elke vinger gedra. Tot aan die duim! Was ons regtig so kommin? Maar dit was mode en ek wat hou van ringe het lustig aan daardie ene deelgeneem. Toe ek en my eksman kys, koop hy vir my ‘n ringetjie met ‘n saffier in. Ek dink ons het sommer deurgedruk met die ring as trouring op die einde ook, want ek nie eers onthou of ek ‘n ander ring gehad het nie.

Toe ek met Pieter getroud is het hy vir my die mooiste ringe gekoop. Met regte diamante en modern vir daardie tyd. Die ringe is so klassiek dat ek net die twee dra. Die absolute pragtige een wat amper soos die Wishbone lyk aan my regterhand en my trou en verloofring aan die linkerhand. Duur ringe, mooi ringe. My eerste eie regte egte verloof en trouring. Eendag besluit my huisbestuurder sy het geld nodig en dra sy my ringe saam met ‘n ander klompie kosbaarhede uit my huis weg. Daardie dag het ek vir die eerste keer gevoel hoekom mens net wil doodgaan.

Pieter is Maart oorlede en my beste vriendin vat my Kaap toe vir my verjaarsdag in Desember. Ek het net R200 by my. In Longmarketstreet , by ‘n antieke juwelierswinkel, koop ek vir my vir R200 ‘n witgoud ring. Die soort wat ons oumas gedra het. Die rosies was so uitgekerf daarop. Die ring is in ‘n pragtige kondisie. Pieter se trouring het bestaan uit twee bande. Ek split die bande en sit een aan elke kant van my ouma ring. ‘n Pragtige nuwe ring. Amper soortgelyk as die voorbeeld hieronder:

images (35)

Ek en die Oom trou, maar hy koop geen ring. Ek gebruik sommer maar my ouma ring as ‘n pand. Twee jaar gelede is ons finansies so beroerd, dat ek my ring moet verkoop. Daardie dag sterf ek weer ‘n keer.

Gister kom Sus hier aan. Sy is nou besig met ernstige skoonmaak. Sy dra ‘n sak goed hier aan wat sy graag vir my wil gee. In die sakkie is ‘n ringboksie. Ek maak dit oop.

img_20191031_110226986342269.jpg

Hierdie ring is gemaak op 10 Oktober 1987. Die dag met my egskeiding moes ek in ‘n parkade in Schoemanstraat parkeer. Ek het by die skeihof utgestap. Alleen. Oppad na die motor loop ek verby African Diamonds. Ek stap daar in en vra die vrou of sy iets met al hierdie baie ringe aan my vingers kan doen. Sy maak hierdie ring vir my. Toe ek later met Pieter trou en hy vir my nuwe ringe koop, het ek hierdie ringetjie vir Sus gegee wat sy vir baie lank gedra het. Ek het later opgemerk sy dra dit nie want haar man het vir haar ringe gekoop.

“Ek het gewonder of jy nie weer jou ring wil hê nie…..siende dat jy nou al vir twee jaar geen ring dra nie.”

‘n Ronde ring – volle sirkel

 

21 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s