Nabetragting en die werklikheid

Hallo al my liewe blogvriende. Ek is sowaar terug na twee weke se fantasie ontvlugting. Vir veertien dae het ek nie bekommer oor loadshedding, moord, betogings en al daai lekker Suid Afrikaanse goetertjies nie. Ek het nie Netnuus gekyk nie. Ek het net so nou en dan iets op Facebook geplak want die mense het gevra. Ek het nie aan ‘n rekenaar gevat nie. Alles maar op die selfoon gedoen. En dit was die hoogtepunt van my reis. Om weg te wees van al die veeleisendheid wat die sosiale media aan my stel. Natuurlik was dit ook ‘n geweldige skok vir my ligaam om vanuit heerlike koue 13 grade per dag hier te land waar die temperatuurmeter 19h00 nog 34 grade wys. Ek het sommer soos ‘n sak vrot aartappels inmekaar gesak en ek wil nog steeds net lê!

Ons laaste paar dae was heerlik. Al die formaliteite was afgehandel en ons kon elke dag net gaan rondloop. Ons gunsteling gesegde was dat ons nou ” 3 P’s” soek. In normale woorde beteken dit  “a pie, a pint and a pee”. Omdat jy met ‘n voorafbetaalde buskaartjie ry, kan mens die hele stad van hoek tot kant volry met die bus. Jy hop op en af  en as dit lyk of die pad wat jy wil stap te steil is, wag jy vir die bus en ry die steilte uit, net om bo af te klim. Een oggend wag ons vir die bus en daar sit ‘n ouerige dame in een van hierdie elektroniese rolstoele. Tipies Suid Afrikaners tree ons nader om haar stoel op te tel want sy gaan bus ry en sy moet daar binne kom!  Gelukkig het ons nog nie ons hande uitgesteek nie want toe die bus stil hou, laat sak die drywer die hele bus se as totdat dit gelyk is met die sypaadjie. Toe laat sak hy ‘n staalplaat en woerts! Sy ry op ‘n gelyke oppervlak in. Hy lig die plaat weer op en ons klim in. Teen die tyd wat ons gaan sit, het sy klaar op die aangewese parkeer area ingerol en daat gaan ons. ‘n Paar ure later kry ons haar en haar vriendinne in die park waar hulle heerlik om ‘n tafel sit en kuier! Net daar het ek besluit dat ek met my volgende trip ‘n rolstoel gaan kry. Mense in rolstoele word eerste op vliegtuie ingelaai, eerste afgelaai en hoef geen bagasie te sleep nie. My hare is grys genoeg…ek moet net ‘n moonboot leen!

Net nog ‘n paar fototjies. Daar is heeltemal te veel om van te kies. Ons klim by ons huis op die bus en ry regdeur die stad tot by Portabello. Dis so dertig minute se rit. Die skoonste strande. Hier eet ons by die oudtse pub Macaroni balls met sweet chilli sous! Ek gaan nog ‘n hele blog oor die kos skryf! Ek het nie geweet die see is so naby Edinburgh nie. As ek nou my sus is, sal ek hier kom bly. IMG-20191021-WA0039

Ek kon nie die versoeking weerstaan om hierdie boom af te neem nie. Dis regtige, egtige herfs daar. Nie soos hier waar ons nie meer herfs en lente het nie. Die park is vol van die mooiste kleure herfsbome, maar die ene het my oog gestreel. (en ek is nie mal oor rooi nie, onthou?)

IMG-20191021-WA0063

In die begin van 2019 is hierdie stanbeeld van ‘n baba olifantjie in die park geplaas. Dis ter ere van alle babatjies wat op een of ander manier gesterf het….

IMG-20191021-WA0066

Die park is baie gewild en hier was ‘n kleuterskool klassie op toer. Hierdie onnies is met al hierdie kindertjies in ‘n bus en oor drie besige kruisings tot by die parkie. Almal loop twee twee en hou handjies vas. Hulle mag nie hulle maatjie se hand los nie. Nie een loop los en huil of doen sy eie ding nie. Hulle doen net wat juffrou sê. Ek het laaaaaannnnnk laas sulke goeie gedrag gesien. En natuurlik die foto onwettig geneem.

IMG-20191021-WA0075

Die fontein in die park aan die voet van die berg warop die Edinburgh kasteel lê. Dis ‘n reusagtige kasteel en ek was nie daar in nie. My toegelate sakgeld kon nie dure toegangsgelde bekostig nie! Maar ek het hom van elke hoek af afgeneem!

IMG-20191021-WA0076

Op ons laaste dag was ons Deans Village toe. Dis een van die ouer dele van die stad. Die rivier loop hierdeur. Ons sien oral langs die pad sulke houtkaste met die woord SALT op. Eers later hoor ons dat die paadjies daar wat nog van ronde klipppe gebou is, so glad word as dit reen of sneeu, dat jy as motoris kort kort sout moet strooi op die pad sodat jy nie gly nie. Die onderste gebou is omskep in wooneenhede..

Van Portabello af is ons Leith toe waar Sus haar National Insurance nommer moes gaan kry. So tussen ons, hulle het klaar vir haar ‘n lys gegee van 8 plekke waar sy summier kan gaan aansoek doen vir werk as gevolg van haar “skills”, al is sy 58. Hier het ons na die Royal Britannia boot gaan kyk, maar ons het nie kans gesien im 25 pond te betaal om daar in te gaan nie. Ons wou eerder ons “Three P”s” gaan doen

IMG-20191021-WA0028

Vir my generasie is hierdie ‘n daaglikse herinnering van hoe ons lieflike land op’n stadium gelyk en gewerk het. Dis hoe ons opgegroei het. Ek kan goed verstaan dat Sus daarnatoe gaan. Maar ek was twee dae daar, toe ek die volle waarheid besef het van hoe noodsaaklik dit vir hulle is om te trek. Maar dis ‘n blog op sy eie. Een wat ek sal skryf as ek minder emosioneel is. Want op die stadium is my emosies rondom dit wat ek beleef het en wat met my gebeur het, nog baie rou. En dan natuurlik het die liefste Tuna, die kat wat saamgetrek het van SA af, my aangeneem vandat ek my voete daar ingesit het. Sy het to bo-op my geslaap. As ek stort, sit sy in die bad. Ek huil nog baie oor haar.

IMG-20191021-WA0080

Maar ek het besluit ek sal volgende keer my paspoort sommer al op die lughawe weggooi. Ek het ‘n toets gedoen en geslaag. Niemand sal my herken nie. Selfs my kinders het toe hulle die foto sien, nie geweet wie dit is nie. Hulle dog dis sommer ‘n random vrou. So, liewe vriende……without further ado…..let me introduce you to a homeless women (wat natuurlik familie daar het, maar dit weet die government nie!

IMG-20191021-WA0073

En net so terloop en tussen ons….vir elkeen wat deel gehad het hier aan (julle weet) baie dankie. Dis nog ‘n rede dat ek nog tjank as ek na al die fotos kyk.

 

20 comments

  1. Dis pragtige fotos. Ag, en ek sug sommer by die beskryfwing van die leefstyl daar – busse wat op hulle knieë staan om jou in te laai. Wel, nie heeltemal so erg nie, maat jy weet wat ek bedoel. Dis ‘n sexy homeless aunty daai.

    Like

    • Dankie hoor…..dit was nogal n uitdaging om met daai bonte outfit fie strate in te stap en by die glasdrom n paar leë wynbottels in te gooi!!😂😂

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s