Skotland drie

My kuier hier is soveel anders as wat dit sou wees as mens as n toeris sou kom.Ek het Skotland toe gekom saam my sus wat hierna toe trek. Ek leer ‘n hele nuwe kultuur. Die regte Skotse kultuur. Die heel eerste ding wat my opval is die vervoerstelsel. Ons land op die lughawe en die kinders is daar. Nie met n motor nie. Nee, ons ry met die bus tot by hulle huis. Die busse van en na die lughawe het rakke vir bagasie. Ek sien die stad deur die bus se vensters. So 30 minute later is ons tuis.

Hulle woon in een van die outydse Colony huise. Toe die stad gebou was jare gelede het die ambagsmanne hier gewoon. Van buite af lyk die huise soos die tipiese engelse huise wat ons op TV sien. Hulle huisie het 3 slaapkamers,sitkamer,’n groot eetkamer met kombuis en 1 badkamer. Volvloermatte. Moderne kombuis en badkamer. Hulle betaal eenduisend pond vir die huis per maamd. Hoe verder mens van die middestad woon,hoe goedkoper is die behuising. Teen 22 pond per week kan jy soveel bus of trem ry. Hulle stap ook baie. Jy hoef glad nie n motor te hê nie want wat jy nie huis toe kan vat nie word vir jou afgelaai.Hier is 9 afdelingswinkels soos Spar en PicknPay. Hulle verkoop nie alles dieselfde produkte nie. Ons ontdek n Bargain Foods waarvan skoondogter nie eers geweet het nie. Kos is spotgoedkoop. Ons ry bus met sakke vol kruideniersware. Jy koop by elke winkel ander soorte goed.Sus moet registreer vir die Nasionale medies. Dit vat haar 15 minute. Nou is sy geregtig op gratis mediese dienste. Die volgende stap is n bankrekening. By die Royal Bank of Scotland. Sy sit in die bank en doen telefonies aansoek. Binne n uur is haar rekening oopgemaak met n oortrokke fasiliteit van 250 pond. Sy het n rekening oopgemaak by Waitrose wat kruideniersware tuis aflaai. Al wat nou oorbly is haar NI nommer kry wat sy nodig het om hier te werk. Dit word volgende Dinsdag gedoen. Tussendeur loop ons rond in voorstede verder van Edinburgh waar hulle wil gaan bly.Meubels is nogal n ding. Die Heart foundation het n groot winkel waar jy tweedehandse meubels kan koop. Die kinders se huis is uitgemeubileer met meubels wat hulle daar gekoop het of wat op die FB blad adverteer word. Party mense gee meubels verniet weg. Die enigste probleem hier is dat daar nie “hulp” is soos ons ken nie. As jy nie vriende het nie sukkel jy maar self om daai bank met die 16 trappies tot bo te kry. Hier is ook bittermin 4×4 bakkies. Alle besighede gebruik paneelwaens. Pos word nog deur n werker daagliks by huise afgelewer.Huiswerk,wasgoed en tuinwerk word self gedoen. Dis totaal anders as wat ons ken.Maar die ding wat my die meeste tref is die veiligheids aspek. Ek het gisteraand na nege alleen kafee toe geloop. Glad nie bang nie. Net n Yale slot aan die voordeur.Ja, alles is nie heeltemal maanskyn en rose nie. Maar ek is so dankbaar dat ek die land op hierdie manier leer ken. Op die leef manier. Die alledaagse katastrofiese manier.Voeg daarby al die besienswaardighede en jy kry die prentjie.Ek beleef die land. En dit is ongelooflik. Ek is so geseënd.

7 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s