Rebusfontein Biblioteek

img-20191009-wa0005-1099491775.jpg

Na vele oorweging het ek besluit om my eie diagram saam te stel van hierdie familie. So Kameel, ek weet nie of ek dit reg het nie maar hier gaan ek!

Ons almal sit in die biblioteek waar ons hard probeer om orde  te skep. Ons het mos nou almal gesien hoe ons eindproduk moet lyk met die biblioteek in die Scottish National Portrait Gallery. Maar dis nie so maklik nie. Ons almal is maar besig om boeke af te stof, te probeer orden en agter mekaar te kry. Vanoggend is die Towerinne so bietjie stil. Hierdie storie van Klara het almal aan die wonder. Ons het Lorenzo se croissants en koffie so geniet maar dis asof ons net moet weet wat gaan hier aan. Tannie Frannie sit met ‘n lysie van al die herstelwerk wat gedoen moet word. Broodina het mos ‘n plank stukkend getrap en die boekrakke het omgeval. Sy moet kyk of daar genoeg brood is om sekere te maak alles kan reggemaak word.

Toortsie neem die rak aan die linkerkant. Daar is heelwat resepteboeke in die rak gepak. Indian Curries. French Cuisine. Writehouse Cook Book. The Fannie  Farmer recipe book. A Friend in the kitchen. Sy blaai die boeke so vinnig deur.

“Julle moet net sien watse bestanddele is daai tyd gebruik. Hierdie een resep se sous bevat ‘ one cup of butter and one cup of cream.’ Kan julle dink dat ons so geëeet het? Dis snaaks dat daar nie meer mense dood is aan hartaanvalle nie!”

Bondels lag net as sy die klomp boeke afstof en probeer terugpak maar Positief is vandag ondeund en sy krap als deurmekaar. Elkeen is maar besig met ‘n hopie.

“Scrapy….bring bietjie daai spieël hier! Daai een waar ons die mense in kon sien.” Toortsie is skielik baie opgewonde en Hester en Vliegie storm dadelik nader. Hulle ken Toortsie al goed en weet as sy  iets beet het. Sy sit met ‘n ou handgeskryfde resepteboek voor haar en blaai dit stadig deur.

1570641296483734625790-1436147217.jpg

Dit lyk net soos ‘n ordinêre resepte boek van baie lank gelede. Toortsie swaai die spieël stadig oor die bladsy. Daar staan dit in Mrs Marks se eie handskrif.

Hierdie gereëlde huwelik tussen Josef en Sophia is ‘n onding. Sophia en Leonard is nou al vir jare verlief op mekaar. Maar Josef Senior is vasbeslote dat Josef met Sophia moet trou want haar bruidskat gaan Eden red. Josef is nie lief vir haar nie. Die hele huwelik gaan ‘n ramp wees. Ek sien swarigheid. Eden mag gered wees, maar hier gaan baie trane vloei.

“Julle ouens, Mrs Marks het ‘n joernaal gehou tussen die resepte! Hoe briljant!” Christa is skoon uitasem!

Kameel vat die boek en blaai verder deur daardeur. Mens kan sien waar daar aan die einde van die resep ‘n oop kol is. Sy swaai weer die spiëel oor die kol.

Vandat Charlotte hier aangekom het, is Josef in ‘n ander bui. Hy is vriendelik en hoflik. Sy houding is selfs teenoor Sophia anders. Maar ek weet dat hulle nooit sal kinders hê nie want hulle huwelik is net bolangs. Daar is geen sprake van intimiteit nie. Maar Charlotte laat Josef totaal anders optree. Hier kom ‘n ding

“O my vy,” sê Perdebytjjie. “Blaai nog, Toorts! Hier is nog leidrade tussen die resepte!”

Toorts blaai en Seegogga en Trommeltjies skree so gelyk! “Hier is nog ‘n inskrywing!”

Gisteraand het die drie kinders saam vergadering gehou. Hulle het gedink ek het net die laataand whiskey ingevat maar ek het by die deur gestaan en afluister. Isabella is vasberade dat die familie bymekaar bly. Leonard is ongelukkig maar Josef is tog te bly dat Isabella die baba vir hom wil gee. Leonard voel die baba moet aangeneem word want dit sal dalk ‘n klad op die familie se naam wees. Maar die baba is tog een van hulle? Ek weet Charlotte verwag. Wie is die pa? Leonard het tog net oë vir Sophia?

Toorstie gee vir VirgoC die boek. Sy blaai en dan vat sy die spieel.

“Gisteraand het ek die gesprek gehoor. Leonard en Josef het lelik baklei. Daar was ‘n harde slag. Later het ek gesien toe Mnr Hardy en sy seun Karel in die studeerkamer in is. Hulle het iets uitgedra. Ek is seker dis iemand. Maar ek weet nie wie nie, want vanoggend toe die son opkom is beide Joseph en Leonard weg.

Wel, ons weet nog nie wat het gebeur nie. Wie was in die nag weggedra? Wat het van Charlotte se baba geword? Una wil weet. Sy stel intens belang dat hierdie saak uitgeklaar moet word. Wie se geraamte het Broodina in die kelder gekry? Wel, Una sal maar verder moet vertel. Die situasie word net al hoe meer ingewikkeld. Gaan ons ooit die waarheid weet?

Hierdie is ‘n suiwer denkbeeldige blog en as jy wil weet wat Klara se geskiedenis is en hoe dit gaan eindig, skakel in op:

https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313

 

 

 

 

 

 

 

40 comments

  1. Ek het die heeltyd geweet mev Marks weet iets! Julle sal nie glo nie, maar my ouma het haar geken. Sy was nie regtig Engels nie, maar ‘n boeredogter uit Middelburg se wêreld wat met ‘n Engelsman getroud is en toe by hierdie mense beland het as huishoudster. Ouma het altyd van tannie Kokkie gepraat. Sy sê tannie Kokkie het die vreemdste stories gepraat.

    Like

  2. Gedoriewaar daar kry ons toe dagboek inskrywings tussen die resepte. Sjoe dit raak al spannender en spannender. Gn wonder Josef en Sophia het nie kinders gehad nie. Hul was dan tussen tafel en bed geskei, ha ha maar steeds in dieselfde huis. Sophie het beslis n klap van die windmeul weg!

    Like

  3. O genade hierdie is vir jou ñ komplot van perposionele probleme. Mrs Marks weet meer ss wat ons dink, sy is mos ń baie goeie luistervink. Skielik voel ek half jammer vir Sophia, om in so ñ liefdelose huwelik te wees moet aan haar menswees vreet.

    Like

Lewer kommentaar op HesterLeyNel Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s