Skotland Twee

Nou ja….hier gebeur so baie goed dat ek nie meer regtig tred hou nie. My hele tydmetabolisme is uit want ek haal my selfoon net uit om fotos te neem. As ek sien is dit al twaalfuur en dan gaan slaap ek eers.

Maar dis als deel van die pret. Vandag was een van daai dae wat ons min gedoen het maar die meeste gelag het.

Sus moes vanoggend by die NHI gaan registreer. Dis die mediese proses om geregistreer te word vir die mediese versorging in die toekoms. Ek slaap nog toe sy uit is. Sy is vinniger terug as wat ons gedink het. Ons twee besluit om bietjie inkopies te gaan doen. My witwyn voorraad is laag en ons altwee vrek van lus vir brood. Haar seun sukkel mos geweldig met Chrons en daarom is hier nie brood in die huis nie. Ons stap Lidl toe. Dis maar soos ons PicknPay. Dis n hele paar blokke en sy besluit om haar rekenaar se rugsak wat wiele het te vat dan hoef ons nie die goed te dra nie. Natuurlik loop ons heelpad soos bakvissies en giggel oor al die snaakse goed wat ons sien. Toe ons tuis kom vreet ons behoorlik die stonebaked paninis met kaas en lekker koffie.

Maar ons moet stad toe om n pakkie wat afgelewer is by skoondogter se vorige werk te gaan haal. In die bus voel ek skielik n bult agter in die waai van my been. Ek besef dadelik wat het gebeur. Ek was gisteraand so moeg dat ek my jean en lang kouse sommer net afgestroop het. En dit vanoggend weer net aangetrek het. Vanoggend het ek eerlik waar nie onthou dat ek gisteraand als so uitgetrek het nie. Die jean is mos reg vir nog n dag se dra. En in die bus besef ek dat dit die fippin kouse nog in die jean vassit. En ons gaan baie loop en daai flippin kouse mag die pyp afgly en wat dan??? Ek en sus is histeries. Ons lag die heelpad oppad stad toe. Op n bankie in die hoofstraat sit ek terwyl Sus die pakkie gaan haal. En ek begin die kouse uit ryg. As iemand nader stap maak ek net of ek my been vryf. O my word… die volgende oomblik sien ek die pienk panty kom ook te voorskyn!. Teen hierdie tyd gil ek van die lag terwyl ek stoksiel alleen op n bankie in die hoofstraat sit. En die flippin kous kom nie net uit. Hy haak vas in die ander been! Na n gestoei het ek die gewraakte ekstra paar kouse uit!…Sus kom aangestap en lag so dat ons vir n paar minute hopeloos op die bankie sit. Ons het darem die St Marys katedraal deurgeloop maar ek moet nog daai fotos aflaai.

Ons kry n bus en ry n ent tot by n charity shop wat deur die Heart Foundation bestuur word. Sus lui die busklokkie te laat en moet bleddie ver loop om daar te kom. Dis ongelooflik om te sien watse meubels mens daar kan koop vir spotgoedkoop.

Ek het gisteraand melktert gebak wat die kinders vanaand na hulle skotse selgroep toe geneem het. Die kommentaar van die groep was so kosbaar.

More sal ons weer die strate en besienswaardighede aandurf. Vanaand het ons regte Suid Afrikaanse bobotie geeet en ek en Sus het in ons leisure broeke en tekkies na n keffie toe geloop om melk en wyn te koop. Met die terugkomslag het die oop vensters my getref. Maar dis n blog op sy eie.

Goeie nag Towerinne! Hierdie girl is dood moeg!!

13 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s