Skotland

Nou ja..hier is ek in die land waar alles groen is…lieflike groen.

Ons is Vrydagaand eers 22h30 van ORTambo af. Die wag daar was nogal deurmekaar want ons is rondgestuur van sitplek na sitplek wat later gemaak het dat ons op ons alies in die gang gaan sit het. Die vlug Dubai toe was vir my vinnig verby. Die oorklim by Dubai na Edenburgh was effe stresvol want ons het min tyd gehad. Gelukkig was die vliegtuig leeg en het ons elkeen twee sitplekke gehad. Ons kon verlore slaap inhaal.

Ons land in Edinburgh en by die doeane kry ek deja vu. Dit voel of ek in SA is. Net 4 beamptes op diens. Voor my is n groep van 50 chinese wat kom toer. Sussie is vinnig deur want sy kom deur met haar Italiaanse paspoort. Net toe dit my beurt is stoot die beamptes 9 mense in rolstoele voor my in. Wat my summier laat besluit dat met die teruggaan gaan ek een of ander skeet ontwikkel sodat ek met ‘n rolstoel die wereld vol gestoot kan word!(Haha!) Dis my beurt en daar sê die beampte vir my ek moet gaan sit want hy moet eers in die back office gaan verifieer! Ek piepie myself amper nat!. Dis toe my linker voorvinger se afdruk wat nie duidelik ooreenstem met my afdrukke op my visa nie!

Heelwat later is ons deur. My sus se kinders is daar en ons klim op die bus met 4 tasse en n magdom handbagasie, onder andere 4 bottels wyn wat ons spesiaal vir hulle op ORTambo gekoop het. Die publieke vervoer is ongelooflik. Hulle woon nou al so lank hier en maak net gebruik van busse en die trem.

Ons gaan eet by n bistro. Andre onthou dat my aptekersman so lief vir die Franse kookkuns was. Daarom reel hulle die ete. Die ete was so lekker…ek bestel mossels…hier is wat ek gekry het (ja,ja…ek weet dit lyk bietjie vraatsig!)

Vanoggend is ons in stad toe. Dit het laasnag begin reën en dit reën nog steeds sag. Ons gaan koop buskaartjie om vir twee weke die plek vol te rits want dis goedkoper. Vandaar stap ons in die lieflike reen. Ons eerste pitstop is by Dirty Dicks. Hier drink ek bier,nogal ‘n halfpint!

Ons eintlike missie is die Royal National Portrait Museum. Maar ons stop vir middag ete by n deli waar ons Golden beetroot sop eet. Dit was loshande die heerlikste sop! So in lyn met die koue reën!

Ons stap. Ek weet nie wanneer laas ek so baie geloop het nie. Nog steeds oppad na die museum. Ons loer gou by die Dome restourant in. Vyfster plek. Andre besluit ons moet daar iets drink….vir die fun daarvan. Dit was eintlik nie eers so duur nie. Maar o my aarde…dis die ongelooflikste plek!

Uiteindelik is ons by die museum. Dit is ‘n blog op sy eie! Maar ek moet julle wat deelneem aan die biblioteek storie een ding sê…..ek dink dat as ons klaar is met Rebusfontein se restourasie sal dit so lyk!

Moenie dink dit was die einde nie! Ons is die keer na n meer “classy”pub toe. Maar nou was dit tyd vir lekker koffie! Koffie in n pub??? Jip.

Ons stap deur die Princess Gardens bushalte toe. Ons gaan terug soontoe want daar is nog baie meer om te sien.

Ons is vodde. Maar my boksie vir die dag is vol. Ons ry weg uit die middestad…met die kasteel wat my nooi om te kom kyk hoe hy werklik lyk!

Nou is dit tyd om te gaan slaap want more begin die paar burokratiese prosesses waardeur my sus moet gaan om hier te kom bly.

Skotse groete!

25 comments

  1. O wonderlik om daar rond te loop! ‘n besoek aan die Edenburg castle is interessant as jy wil sien hoe hoog die Skotte ons boeregeneraals uit d Angli Boereoorlog ag. En dan is daar Greyfriars Bobby se standbeeld as jy lief is vir diere. O ja en sybokhaarkomberse…en whisky en shortbread!

    Like

    • Ooooo geniet Skotland. Ek het nie bedoel jy moet jou vakansie opoffer vir ons misterie nie. Ek sug net van verlange na so ‘n biblioteek!!! Ek het in die Dome restaurant gaan rondloop… oh my word dis deftig!!! Ek toer lekker saam met jou en my dogter wat nou in Engeland rondloop. 😊

      Like

      • Aaaawwww!!! Dan weet jy hoe mooi dit is! Maar ons het vandag weer so pret gehad en ek is alweer pitte.. en die storie moet donderdag aangaan!!

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s